Blok, ek bly soos die kraai vlieg 6km van Nasionale Intelegensie se Hoofkantoor (Die Plaas) af! Jy moet nie spot nie maat, netnou kom sluit hulle my op! Die ding van die spuitverf, hy gan nie klou aan die plastiek van die skadunet nie, hy gaan verseker afskilfer...
Chris, ek gaan verseker die ding bietjie moet verrineweer om sy glans weg te kry. Ek glo so paar draaie op n grondpag met die net aan die haak gan die ding redelik doen. Die projek was meer uit verveeldgeid gedoen. Ek het die skadunet persent gekry toe dag ek ek try maar. Die hele kontrepsie kos my R25 se cable ties...
Die paar jakkalse wat ek in my kort loopbaantjie geroep het het ook nog nie werklik gehuiwer om in te kom nie en dit was sonder enige kamoeflering. Ek moet se die bakkie se kleur is dam ook so "half" reg. Bruin/goud. En ook, die roeper is by my op die bakkie (of fluitjie) en kon nie sien dat jak afgeskrik word nie.
Manne, moet net uitlig, ek praat met min ondervinding onder my belt. En die jakke wat ons hier by ons (Schewizer, Vryburg, Setlagole, Mafikeng) omdop is ook glad nie so uitgeslape soos by julle manne opi skaapplase en ini vlaktewereld nie. Gewoonlik as ons Jakkalse om dai laaste vaalbos kom het hy in elkgeval nie baie tyd vir bakkie beskou nie, sy doppie reeds geklink... Ek wil dit nou maar net reg beginne doen, net vir AS dai een ou skelm tefie een aand saam my opi Drifter wil ry...
Groetnis en baie dankie vir die raad...
Stef