Op FB gesien

Post Reply
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Op FB gesien

Post by NicoSmit »

Wat is julle mening oor die stelling


Naand manne en dames! Hier is vir my n opvallende probleem aan die kom. Ek weet hier is manne wat weer lelik gaan kla en dalk huil, maar dit pla my nie! Want as dit so gaan aanhou gaan die bedryf heel sy gat sien!

Ek jag al 12 jaar voltyds jakkalse en het maar my vaste kliente by wie ek jag. Maar.....die probleem is dat hier te veel nuwe"jakkals jagters" in die bedryf probeer inkom!

Nou vra julle seker wats die probleem?

Kom ek verduidelik julle gou mooi!

As jy nie vir 3 jaar tenminste VOLTYDS jakkalse gejag het nie en jy jou geld daaruit verdien het nie is jy nie n jakkals jagter nie. As jy nog nie swaar gekry het uit jakkals jag in die winter nie, is jy nie n jakkals jagter nie! As jou pa al jou jag goed, foxpro, geweer en bakkie vir jou gekoop het is jy nie n jakkals jagter nie! As jy een of twee kursusse bygewoon het is jy NIE N JAKKALS JAGTER NIE! Jy is dalk n jakkals skieter.....maar nie n Jakkals jagter nie!

As jy 5 jong jakkalsies by n gat doodskiet en nie hulle ouers ook eers doodskiet nie is jy nie jakkals jagter nie! N 12 jarige meisie kan dit ook doen sonder moeite!

So al wat ek vra is, hou op om julle self as jakkals jagters uit te gee en strooi aan te jaag! Gaan oefen eers jakkalse skiet waar daar geen skape of wild is nie, leer eers by mense wat waarlik kan jakkals jag!

En hou op julle donders slim hou!!
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: Op FB gesien

Post by Suikermuis »

Goeiedag

In my opinie het die skrywer GEDEELTELIK n punt beet.

Op n stadium n paar jaar gelede was jakkals skiet naas rugby die nasionale sport. Elke tweede knaap vars uit matriek uit het jakkalse geskiet, baie keer sommer met n CD of selfs tape wat hy gerip het by n pel en deur die bakkie se Blaupunkt speel. Verder vat die manne mos darem n ou ietsie saam want die nagte is mos darem koud. Jakkalse is mis geskiet en slim geleer. Ek sê nie almal het so opgetreë nie, maar daar het baie foute plaasgevind. Dit is om daardie rede dat ek vandag n professionele persoon kontak wat reeds oor die nodige toerusting beskik om by my te kom skiet. Ongelukkig het te veel mense aangejaag en mense skepties gelaat teenoor die skiet van jakkalse in die nag.

Dit egter gesê, iewers moet die nuwe generasie jakkalsjagters ook leer. Om nou te sê jys nie n jakkalsjagter as jou pa jou toerusting betaal het nie, is dalk n bietjie kras. Min mense het kort na skool die finansiële vermoë om alle toerusting self te koop, watwou nog n voertuig. Die bywoon van kursusse is n goeie plek vir die nuwe jagter om te begin. Dit toon ten minste die persoon se erns daarmee.

Dat die nuweling nie kan saampraat met die hardebaarde wat dit al jare lank doen nie, is voor die hand liggend. Deur die nuweling egter af te kraak gaan daar nie veel bereik word nie.

Tot n groot mate klink dit soos die redenasie rondom bakkie jag vs stap jag. As jy nie jou bok te voet gesoek het nie is jy net n skieter en nie n jagter nie. As jy nie jou toerusting self betaal het, al koud gekry het en jare ondervinding het nie, is jy net n jakkals skieter? Nou waar het die jakklas jagters se ervaring vandaan gekom?

Werklik?
Striker.
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Sun Oct 25, 2015 3:35 pm

Re: Op FB gesien

Post by Striker. »

Suikermuis jy het 'n baie geldige punt daar beet en is als waar wat jy se, maar party van daai "jakkels skieters" gee hulle self voor as "jakkels jagters" en maak of hulle als weet en als kan doen en dan jaag hulle baie keer nonsens aan en gee vir die jakkelse hulle papiere. Dit is maar soos met iemand wat uit Universiteit uit kom, almal soek iemand met 2 to 4 jaar ondervinding, maar niemand is bereid om iemand daai eerste ondervinding te bied nie. Ek sien dit baie dieselfde as die situasie. Die "jakkels skieter" probeer nou ondervinding opdoen en leer hoe werk die storie. Almal doen dit nie op die regte manier nie wel, om saam 'n "jakkels jagter" te gaan en hekke oop te maak en te observeer kan mens soms baie meer en vinniger leer as om self te skiet. Asook om kursusse by te woon. Daai "jakkels skieter" probeer sy ervaring op die regte manier te kry, sonder om vir te veel jakkelse hulle papiere te gee en slim te maak. Maar iemand wat hom as 'n "jakkels jagter" voorgee en maar net aanploeter, verstaan ek die ander manne se punte en hoekom hulle so voel.

My 2c

Groete
Striker.
30-06 Steyr Mannlicher SM12
6mm Creedmoor Ruger Precision Rifle
204 Ruger Howa
223 Ruger AR 15
12Ga Browning
9mm S&W M&P Shield
357 Mag Ruger Security Six
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Re: Op FB gesien

Post by Kubus »

Ek gaan beslis hierop reageer, en ek gaan my nie "donners" slim prober hou nie.
Ek is nie n jakkalsjagter of skieter nie, maar n beginner, met al so twee jaar ondervinding.
Dat n jakkalsjagter ten minste dit 3 jaar voltyds moes doen om n die "jagter" etiket te bekom is in my opinie ook n bol str@nt.
Waar jy aan jou toerusting gekom het, het ook niks met niemand uit te waai nie.
Dat ek al amper sit en vrek het van die koue is ook waar.
Ek het begin deur n kursus by Taffie te doen, alle nodige toerusting aangekoop, 5 tot ses aande saam met ervare jakkaljagters uitgegaan onder andere ook Taffie. En hulle elke "move" dopgehou, en geleer so veel as ek kan en vrae gevra. Ek het alle leesstof wat ek in die hande kon kry verslind. Ek het die eerste paar nagte alleen uitgegaan met net my roeper. Net die skill van jakkalsroep probeer inoefen.
Ek skiet nie vir geld nie, en doen dit net op 2 plase, so moenie worry nie, ek gaan niemand se inkomste belemmer nie, Dit is tog maar die kruks waaroor hier eintlik gekla word. Ek het sukses waar die "jakkalsjagters" nie sukses kon behaal nie. Nog nie een jakkals of rooikat wat ek ingeroep het, is misgeskiet nie.
Ek loop ook nie met my suksesse en "brag" nie.
Waar het die skrywer sy etiket as jakkalsjagter vandaan gekry, het hy nie ook iewers begin nie, of het hy maar sommer as kenner ingetree.
Ek oefen juis op donners moeilike beboste terrein, en sal seker myself eendag as jakkalsjagter kan klassifiseer, aldus die skrywer.
Om in sekere dele van SA jakkalse te skiet, is nie n kuns nie, sit jou roeper aan en 3 of 4 jakkalse staan jou en kyk, en ek weet waarvan ek praat. Was ook al daar. Kom skiet bietjie hier saam met my, en ons praat weer.
Daar is manne en ek is een van hulle, wat die eerbare manier van doen as beginner probeer, wat eendag as jakkals"jagter" bekend wil staan.
EN EK HOU MY NIE DONNERS SLIM NIE
EK IS SLIM, MAAR NOG NIE MET JAKKALSE NIE!!!!!
EN NOU DIK MOERIG.
Ook nie skaam om my naam bekend te maak nie.
En ek hoop ek het genoeg posts om my uit die hart uit opinie te gee.
Reino Gerber.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
kudu375
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm

Re: Op FB gesien

Post by kudu375 »

Ek het 'n nuwe 243 en 'n ou jack russel, miskien moet ek 'n jakkalsjagter word........ ++>:
Court Schilbach
Striker.
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Sun Oct 25, 2015 3:35 pm

Re: Op FB gesien

Post by Striker. »

Give "kubus" a Bells...
30-06 Steyr Mannlicher SM12
6mm Creedmoor Ruger Precision Rifle
204 Ruger Howa
223 Ruger AR 15
12Ga Browning
9mm S&W M&P Shield
357 Mag Ruger Security Six
Chrisjan

Re: Op FB gesien

Post by Chrisjan »

Mens kan sien dat die skrywer upset is. Hy wat 'n lewe daruit maak en ons manne wat betaal word vir ons dienste voel baie keer soos die skrywer. Meeste plaas einaars probeer eers so goedkoop as moontlik die probleem fix. Maar as die jakkalse slim en sku is, dan wil hy iemand met ervaring betaal.

Iewers moet die nuwelinge ook leer, op 'n beesplaas is dit seker nie so erg nie, maar op wildsplase, exotiese wild en skaap wereld doen jy dit reg of vra iemand wat ken.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Op FB gesien

Post by NicoSmit »

Volgens hierdie ou word ek geklasifiseer as 'n jakkals skieter dan op die selfde kriteria is ek ook 'n bok skieter
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Re: Op FB gesien

Post by Kubus »

Nico Smith, Help my asb reg.
Het jy die eerste berig geskryf.
Of is die berig in sy totaliteit deur iemand anders op Facebook geskryf en jy het hom aangehaal?
As jy hom net aangehaal het, vra ek jou om verskoning!!
En dan is jy gelukkig jy bly in Gauteng, want as ek jou oor die middag iewers sou raakgeloop het, was jy vrek ++>: ++>:
As jy die berig wel geskryf het as jou mening, is jy steeds in gevaar 8) 8)
Help my asb reg, dat my gemoed na normal kan terugkeer, of dat ek my bloeddruk pille moet nader trek!!
Onthou, eks al aan die verkeerde kant van 50, en daars dinge wat my nogal omkrap, en eks maar stadig van begrip.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Op FB gesien

Post by NicoSmit »

Ek sien jy is baie onsteld oor die post haal diep asem laat die bloed druk so bietjie daal dan lees jy weer die post se naam en dan sal jy sien waar vandaan die post kom ....verskoning aanvaar . Ek was ook so bietjie ongelukkig oor die self aangestelde "jakkals jagter" se tirade maar hy het seker maar 'n k....k naweek gehad
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Op FB gesien

Post by cassie_calvinia »

in die droogte tye is jakkals jag 'n groot deel van my inkomste.. dit moet my kos, lone ne diesel betaal, en skoolgelde ook.
die boerdery se geld gaan net vir voer.
en, dan verloor jy 'n klient, want hy of s seun wil self prober. maak al jou harde werk gedaan. en dan is jy weer goed genoeg.
maar, dan sit jy met klom skelm goed.
so, ek verstaan die man se punt baie goed.
dalk is hy nie 100% daar nie, maar die punt wat hy prober maak is nie so verkeerd nie
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Op FB gesien

Post by cassie_calvinia »

so, eers verloor jy klient, dan verloor jy want jy sukkel weer 2 jaar om die plaas weer reg te ruk.
dis baie geld vir iemand wat sy brood en botter so moet verdien
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Re: Op FB gesien

Post by Kubus »

Ek aanvaar daar is ouens wie brood op die tafel moet sit uit jakkalsjag, en ek verstaan daar is ouens wat misbruik maak uit jakkalsjag en die "beroep" in oneer bring, maar dan wil ek nie onder dieselfde kam geskeer word nie.
Daar is "beginners" wat die ding op n eerbare manier wil doen, om eendag by die kenners oor te neem. Dit werk in enige beroep/werk so. Ou boere/ingeneurs ens, iemand moet by hulle oorvat, waar kennis aan hulle oorgedra word.
Dan is daar skelms, wat n paar "bucks" wil maak. Dit is n gegewe, en ons moet dit ook maar aanvaar, en daarteen waak, en hulle "name en shame"
Daarmee laat ek die saak nou met rus.
Tensy...... >:+ >:+
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
Post Reply