.243 Vir Koedoe?

User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1700
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by Vlakvark Soldaat »

Hou maar by die 30-Suk6, ek het mos vroeer die jaar met die .243 n rooibok ram bladskoot geskiet, en dit was net omdat ek nie my twee seuns wou gunshy maak met die groter kaliber se klap geluid nie. My .243 het n silencer, en die skoot was perfek, maar die patron is so vining en die gaatjie is so klein, dat die bok eintlik langer vat om te vrek. Toe moes ek anyway n kopskoot gee. Maar my besluit was steeds gegrond op die feit dat ek die laaities wil blootstel en nie wou bang maak vir gewere nie.
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by VdWalt »

Vlakvark. Wat se koeël het jy gebruik?
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1700
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by Vlakvark Soldaat »

Peregrine VRG-4 in 80gr. Dis my vlakte geweer, maar soos ek se, die besluit was geregverdig.
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by sako 30-06 »

Ek het gister weer ladings gaan toets met die .243 en Barnes TSX. Ek is baie gelukkig met die resultate
en voel nou meer gerus.
My pa gaan saam jag, so ek gaan met altwee gewere loop. Sal dan op die oomblik besluit wat se geweer ek sal gebruik, sodoende het ek darem n keuse.

Dankie Kaptein vir jou hulp met die ladings, verbasend wat se verskil die TPL maak.

Darem nog net 4 slapies.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by fanie.myburgh »

Het die kudu toe geval?
User avatar
OupaZA
Hero Member
Hero Member
Posts: 588
Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by OupaZA »

Dankie Kaptein vir jou hulp met die ladings, verbasend wat se verskil die TPL maak.

Vertel bietjie asb van waar het jy begin en in watter inkriemte verstel? en op watter afstand getoets?

Het die kudu geval? :)
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by Stefan764 »

Sako, ek weet nie wat die uitkoms was nie maar ek wil net se dat met daardie kombinasie en akkuraatheid sou ek enige dag van die week die grootste koedoe bul met n lyfskoot aanvat...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by sako 30-06 »

fanie.myburgh wrote:Het die kudu toe geval?
Ongekukkig nie, kudu jag is mos nie speletjies nie ;D

Maar ek kan heel moontlik weer gaan begin Januarie. so hopelik sal ek dan suksesvol wees.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by sako 30-06 »

OupaZA wrote:Dankie Kaptein vir jou hulp met die ladings, verbasend wat se verskil die TPL maak.

Vertel bietjie asb van waar het jy begin en in watter inkriemte verstel? en op watter afstand getoets?

Het die kudu geval? :)
Het begin met die volgende :

Kaliber : .243 Win
Koeël : Vmax
Koeël gewig : 87gr
Maak Dop : Winchester
H2o Dop : 55.8
Slagdop : CCI 250
Max TPL : 69.75
TPL gelaai : 69
Loop lengte : 573mm
Kruit :42gr S365 Lot 080 Gemiddelde spoed 3 skote = 2988
Kruit :43gr S365 Lot 080 Gemiddelde spoed 3 skote = 3090

Kaliber : .243 Win
Koeël : Barnes TSX
Koeël gewig : 85gr
Maak Dop : Winchester
H2o Dop : 55.8
Slagdop : CCI 250
Max TPL : 70.9
TPL gelaai : 69
Loop lengte : 573mm
Kruit :41gr S365 Lot 080 Gemiddelde Spoed 3 skoet = 3010
Kruit :42gr S365 Lot 080 Gemiddelde Spoed 3 skoet = 3080

Het toe vir die Barnes 41.4gr
3 x TPL 68.8
3 x TPL 68.6
3 x TPL 68.4

68.4 was toe die beste TPl met 41.4gr, ek sal moet gaan bevestig maar spoed was so 3055fps.

Het toe vir die V-Max 42.4gr
3 x TPL 68.8
3 x TPL 68.6
3 x TPL 68.4

68.4 was toe die beste TPl met 42.4gr, ek sal moet gaan bevestig maar spoed was so 3040fps.

Het al die ladings getoets op 100m en die goeie ding is die TSX en V-max se POI is baie naby aan mekaar.

Gaan oor n week of so weer om seker te maak en om n paar skote in die wetpack in te skiet.
User avatar
OupaZA
Hero Member
Hero Member
Posts: 588
Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by OupaZA »

Baie dankie, Sako... wardeerd die terugvoer...

Groete
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
Post Reply