Einde van die een horing kudu legende.
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Einde van die een horing kudu legende.
Ongeveer 5 jaar gelede, stap ek een dag hier op Kalabaspan, n groot maar van my se plaas, toe ek op die jong kudu bul afkom met net een horing. Hy was daai tyd net so verby butterfly.
Ek se dit vir Hein by die kamp, en daar bly dit. So loop ek die bul gereeld raak, maar niemand anders sien hom nie, nie eers die eienaar nie. Nou ja, nodeloos om te se, hy het later n spook geword wat net ek sien. Met ons manne jag einde 2013, ry ons met die bos bakkie en wragtag daar staan hy!
Nou glo almal my skierlik, en Hein se ons kan hom skiet vir koei prys. Nous dit "open season" op ou eenhoring. Maar, met honderderde jagters die afgelope 2 jaar op soek na hom het hy ons almal nog ontduik, tot gister.
Ek kom om n draai teen die grensdraad en sien af in die pad maklik 2km iets staan. Ek stop en kykmdeur die scope, en sien dis die trop bulle. Hulle is 5 wat saam loop. Die wind waai lekker sterk na my toe, en ek besluit om net sl bietjie nader te probeef kom, omdat die bos vreeslik ruig is in daardie deel. So wen ek ongeveer 800m en trek my bakkie in n opening uit die pad.
Al met die boslyn langs bekruip ek, steek so elke 20m my kop agter n boom uit om te sien of hulle nog in die pad is en gaan dan weer vorentoe. Ek was maklik nog 700m + van hulle af, toe die ander 4 in die bos in beweeg, en nie lank daarna eenhoring ook. Nou moet en noodgedwonge in die sekelbos, moretla en geelhak paradys in. 100m regs in die bos in en toe draai ek paralel met die draad. Nous dit baie versigtig beweeg. Dit is n blare mat en elke tree klink vir my soos n trop olivante wat in die bos is, maar my voordeel is, die wind wat steeds sterk in my gesig waai. 90 min later gewaar ek hom, sommer 50m van my af, maar hys klaar amper langs my!
Ek kry my sit langs n rooibos, en probeer seker maak dis eenhoring. Yip dis hy.......
My hart het baie lank laas so geklop, en alhoewel ek die 375 Ruger met 300gr punte in die hand het, is die bos net so erg dat ek nie n opening kry vir n skoot nie!!! Gelukkig is hy nie haastig nie, en loop en eet aan elke blaartjie wat hy sien. En toe gebeur dit. Hy beweeg so dat ek seker so 30cm kol reg op die blad het, en die skoot loop. Ek hoor die klap en sien hoe hy wegspring met die regter voorbeen in die lug.
Takke breek en toe daai kenmerkende erge breek van takke soos hy neerslaan. Ek kon hom lanal nie meer sien nie, maar het sommer geweet hys plat. 38 Tree van waar ekmhom geskiet het, en daar le hy. Toe ek langs hom hurk, besef ek, ek sit hier langs Kalabaspan se eenhoring legende, en hoe bevoreg ek is, dat ek wat hom eerste gesien het, hom toe wel kon skiet 5 jaar later.

- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Mooi storie Robbie, Baie geluk! Dit is altyd 'n uitdaging om die "silwer spoke" in die bos te soek en te kry.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Baie uitsonderlik, Robbie. Geluk met die bekruip en mooi skoot ook! Plaas gerus foto's as dit moontlik is.
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Dankie julle. Lyk my die sein is te swak hier wil nie die foto laai nie.
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2320
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Dagse Manne
Hiermee die een horingman:
http://i1241.photobucket.com/albums/gg502/79071651/IMG-20151116-WA0066_zpsxsjphenq.jpg
http://i1241.photobucket.com/albums/gg502/79071651/IMG-20151116-WA0064_zpszl0akhbf.jpg

Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Einde van die een horing kudu legende.
ai ou Robbie!
dit was nou nie nodig vir so baie moeite vir my salami nie. maar dankie

HOU HOM DAAI DIKTE
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Geluk Robbie. Die bul was bedoel vir jou.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Geluk Robbie pragtige storie en 'n trofee wat jou altyd sal by bly
- henried
- Hero Member

- Posts: 2344
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Geluk Robbie, goed gedoen.
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Dankie vir die fotos Kobus waardeer.
Cassie ek bring daai salamie persoonlik graag!!!!
So lekker by jou en Christelle en die 2 prinsesse gekuier nou die dag, ek sal moet plan maak..........
Ruaan ek het hom laat kuip ja, eers gewonder want dis nou nie rowland nie, maar toe besluit juis omdat hierdie dier soveel sentiment vir my inhou, dat hy maar erens n plekkie teen die muur moet kry.
Eks dalk maar n ass......... maar dit is vir my iets besonders.

- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Baie geluk Robbie, besonderse mooi storie en bok.ROBBIE1 wrote:Dankie vir die fotos Kobus waardeer.
Cassie ek bring daai salamie persoonlik graag!!!!
So lekker by jou en Christelle en die 2 prinsesse gekuier nou die dag, ek sal moet plan maak..........
Ruaan ek het hom laat kuip ja, eers gewonder want dis nou nie rowland nie, maar toe besluit juis omdat hierdie dier soveel sentiment vir my inhou, dat hy maar erens n plekkie teen die muur moet kry.
Eks dalk maar n ass......... maar dit is vir my iets besonders.
Wat het die outjie uitgslag?
Hopelik kan ek volgende naweek myne vir jou aflaai.
- Herman Huyser
- Sr. Member

- Posts: 268
- Joined: Tue Sep 25, 2012 6:19 pm
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Dit is darem baie spesiaal as 'n man daai bok (wat al die ander jagters nie kon kry) wel eendag plat trek. Mooi gedoen Robbie.
Work To Hunt, Hunt To Live
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Baie geluk oom Robbie
Ja nee jy kan baie trots wees om daai spook te geskiet het.
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Baie geluk! Die foto saam hom in die bos is werklik iets besonders, veral met die kaal grys bome in die agtergrond en die blarebed waarna jy in jou storie verwys. Lyk omtrent of die bos die regte stemming voorsien het vir eenhoring se oomblik.
Geniet hom!
Geniet hom!
- Dolf014
- Hero Member

- Posts: 533
- Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Ai, ek wens ek kon n storie so lekker skryf
Om te vertel is maklik. Maar lyk my jy en oom Koos Barnard het die skryf gawe.
Baie geluk Robbie. Mooi storie en mooi bok.
Die afgelope 2 jaar het my seun en my vriend elkeen n groot "eenhoring" geskiet.
Ek wonder hoeveel van ons ander lede het ook al n eenhoring geskiet. Ek het nog nie.
Ek wil nou nie Robbie se draad hijack met my vriende se eenhoring fotos nie.

Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
-
Wattlegrove
- Full Member

- Posts: 192
- Joined: Fri Oct 21, 2011 2:39 pm
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Ruaan ek het hom laat kuip ja, eers gewonder want dis nou nie rowland nie, maar toe besluit juis omdat hierdie dier soveel sentiment vir my inhou, dat hy maar erens n plekkie teen die muur moet kry.
Eks dalk maar n ass......... maar dit is vir my iets besonders.[/quote]
Vir my is so bok(wat 'n storie agter het) meer werd as 'n Rowland. Die mense lag seker vir my kuip met sy klein horings maar die storie agter die bok gaan vir nog baie lank by my bly en ek glo die jou een horing ook.
Baie Geluk

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Goeie storie met mooi einde.
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Geluk Robbie. Die lang wag was die moeite werd.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Baie geluk, Robbie. Ook 'n mooi storie wat jy vertel het.
Het jy die een horing gemeet?
Groetnis
Het jy die een horing gemeet?
Groetnis
-
koos 2
- Hero Member

- Posts: 734
- Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Mooi storie en baie geluk !!!
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Dankie manne waardeer!!
Ek is nog op die plaas gaan more terug so ek sal hom saterdag oggend gou invat Big Buck toe dan kan hulle sommer vir my meet. Ek sal kom se wat meet die ou.

- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Einde van die een horing kudu legende.
Daai horings moet jy mount by jou braai met jou storie onderaan - dis n lekker braaivleis geselsie daai!
Baie geluk Robbie
Baie geluk Robbie
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

Baie Geluk!