Swarovski Habicht vs Leupold vx3

Post Reply
geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

Swarovski Habicht vs Leupold vx3

Post by geelslang »

Ek kan die Swarovski Habicht 6-24x50 TDS in die hande kry vir die selfde prys as 'n Leupold vx 3 6.5-20x50 LR/T met varmint kruis. Al wat my pla van die Swaro is dat hy nie taktiese turrets het nie. Ek wil graag die een wat ek kies op my 6.5X47 Lapua sit. Wie kan dalk help met ondervinding van die genoemde twee scopes?

Ek luister graag.

Groete
Geelslang
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

Re: Swarovski Habicht vs Leupold vx3

Post by Speelmansjagter »

So ver ek weet is die leupold se turrets nie juis takties in die volle betekenis van die woord nie, en ek dink dat die Swarovski, hoe ook al sy turrets lyk, beter tracking sal he.
Ken nie die Swarovski nie, maar my vriend het daai einste leupold op sy .243 en ek sal hom nie as wonderlik aanbeveel.
Ek self het n leupold vx6 wat fantasties is, so ek se nie leupold sleg nie. Ek dink net swarovski sal beter kwaliteit wees as die vx3, maar wie weet. Kom ons kyk wat se die ander....
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Swarovski Habicht vs Leupold vx3

Post by Jaco v Zyl »

Ek is n swarovski fan,en het daardie spesifieke model ook gehad,dink dit is n baie goeie reeks gewees en is n fantastiese scope,maar swaroski is nie n taktiese of langafstand skiet teleskoop na my mening nie( nog nie die x5 is darm opad).daardie model en die tds kruishaar jag wel baie lekker en is baie bruikbaar vir veldskiet ook.
Die kruishaar kan jy gebruik om in mills te meet,maar draai jy daai turret n paar keer in die rondte raak jy vinnig deurmekaar waar is of was jy.sy verstelling is ook beperk.
Daardie teleskoop is na my mening nogals n hele paar rand werd ,en dink jy moet hom nie laat verby gaan as jy hom vir n goeie prys kan kry nie.(miskien wee verkoop )
My 2c
Groete
jaco
User avatar
Steppenwolf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm

Re: Swarovski Habicht vs Leupold vx3

Post by Steppenwolf »

Stem saam met wat hierbo voorgestel is
"the more I practice, the luckier I get'
geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

Re: Swarovski Habicht vs Leupold vx3

Post by geelslang »

Wat in jul opinie is die max wat mens vir hierdie scope kan betaal.?
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

Re: Swarovski Habicht vs Leupold vx3

Post by Speelmansjagter »

Ek het nie n idee nie. Miskien sal Jakoos kan se, hy klink so amper of hy belangstel.
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Swarovski Habicht vs Leupold vx3

Post by Jaco v Zyl »

Hang natuurlik van die kondisie van die teleskoop af, en hoe graag jy hom wil he ,as dit myne was sal ek hom nie verkoop het onderd R20k nie. Dis nartuurlik net my opinie.
Groete
Jaco
geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

Re: Swarovski Habicht vs Leupold vx3

Post by geelslang »

Okay kerels. Ek neem dan nou aan die scope gaan nie werk vir LA jag of gongskiet nie ? Wie het wel so scope en waarvoor gebruik jy hom?
Johan243
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Sat Feb 16, 2013 12:59 pm

Re: Swarovski Habicht vs Leupold vx3

Post by Johan243 »

Geelslang
Ek het n 4-16 x 50 Swarovski met TDS reticle gehad waarmee ek n paar jaar mee veldskiet gedoen het,dis n lekker scope en ek het maar die kersboom gebruik om afstande te bepaal.Gebruik nou n Z5 maar as jy daai scope vir n goeie prys kry dan kan jy hom maar koop
Johan
Post Reply