Goeie dag aan almal, ek het so pas aangesluit en is opsoek na n resep en voorbereiding van n springbok rib. Ek weet hy kan baie taai wees.... ek wil die ou rakkie graag braai maar is bang ek beduiwel als. Enige raad sal waardeer word. Baie groete uit die Wes Kaap.
Jakes.
braai van springbok ribbetjie
- WillemS
- Sr. Member

- Posts: 385
- Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm
Re: braai van springbok ribbetjie
Jakes
More en Welkom!
Ek het laas week 'n boerbok rib gebraai wat ons net in'n bietjie bruinasyn, 'n eetlepel suiker en geskilde uie laat l? het vir 'n dag en 'n half en almal dink tot vandag toe dat dit die lekkerste karoo skaaprib was wat hulle nog geeet het en hy het sommer so van die been af geval!
Willem

- erx
- Sr. Member

- Posts: 419
- Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm
Re: braai van springbok ribbetjie
Hi Jaquess
Ek het laas jaar 'n ou op sy wildplaas vir so week ga help met 'n groep jagters.
Met die aankoms het hy my gevra om gou saammet een van die werkers te ry en 'n jong springbok vir die pot te skiet.
So gemaak, maar ek het heeltyd gewonder wat sy planne met die vleis is, want 'n springbok het mos maar 'n wilde smaak.
Toe hy my een laat middag vra om die hele rugstring in duim dik saddle tjops te saag vir die aand se braai was ek nie baie impressed met die idee, hoe kan dit nou smaak?
Tot my verbasing, die lekkerste tjoppie wat ek in 'n lang tyd geeet het, die geheim is, moenie die ding dood braai nie want wild is mos maar droog en gooi hom net gewone wit sout, niks anders.
Daai rib met die asyn sal werk,probeer hom gerus so, en ek stel weer voor, moenie snaakse spices gebruik, 'n soutjie sal werk.
Groete
erx
O ja, baie welkom mater, hoop jy geniet dit hier!