Die kaliber (imo) is nie soseer hier ter sprake nie, maar daar is 3 uiters belangrike faktore wat in ag geneem moet word. Niemand kan se dat n kudu bul nie suksesvol met n .243 (of enige ander .22 en op kaliber) gejag kan word nie, mits jy
premium punte gebruik en jy
vertroud is met jou geweer en baie
akkuraate skootplasing kan doen. As ons nou tot teen die been moet sny, selfs die .22 LR kan n kudu bul ook doodskiet, baie naby en kopskoot met die regte plasing.
Net soos met die veelvuldige .22-en-op kalibers, kan mens met n groter kaliber .300-en-op ook n swak skoot plaas en ook heeldag bok-soek, daar is vele gevalle wat manne kudus en ander van die groter wildsbokke (BWB / Eland, ens) al 2 of 3 skote met n .375 geskiet het en die bokke het aanhou hardloop - niks met die kaliber uit te waai nie - dis skootplasing wat Suid gegaan het. Maar, imo wat in ag geneem moet word is watter kaliber gaan jou die beste kans gee om vir die onvoorsiene gereed te wees.
Kom ons se Murphy ry aan jou sy die dag, jy skiet die kudu n sleg skoot met die .243 weens welke rede ookal, dis net n feit dat n groter kaliber jou n beter kans gaan gee vir n opvolg-doodskoot waar jy nou op n groot bok wat probeer wegkom, skuins skote moet vat en deur dik bene moet skiet om hom grond toe te bring, heel moontlik is jou enigste kans dan ook deur blare of bos en takkies waar n swaarder punt beter sal vaar as n ligte punt. Imo is die groter kaliber met n swaarder punt in die geval, n
baie groter voordeel as die kleiner kaliber se punt. (87 gr # 180-220 gr)
Indien ek vir myself kan se dat ek NIE verder as 70 meter sal skiet nie, en ek sal NET koskote skiet en ek NIE n swak kopskoot (kakebeen) sal skiet nie, en ek KEN en is vertroud met my geweer en ek
weet presies waar ek skiet se tot 100 m - in daai geval sien ek nie n probleem om vir n kudu bul te gaan soek met my .243 en premium punte nie
