Koedoe in Musina

Post Reply
Donkie
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Mon Nov 09, 2015 9:08 am

Koedoe in Musina

Post by Donkie »

Al die Koedoe jag stories op die forum het my ook skoon lus gemaak om my koedoe jag met julle te deel.

Ek en 'n paar werks vriende het besluit on hierd jaar se jag seisoen in Musina af te skop. Die feit dat ek nog nooit in die bosveld gejag het nie het my vreeslik opgewonde gehaad, maar terselfde tyd laat worstel oor wat ek moet skiet. 'n Man se budget is ook net so groot en die jag pryse is maar baie vir 'n ou wat nog nie lank werk nie en ek besluit toe maar on net kleiner wild te skiet... Dis darem verbaasend hoe vinnig 'n man se somme klop as jy in die veld is. Toe my gids my stop en se; Eland Eland! en ek deur my scope sien dat dit die agter kwart van 'n koedoe was wat uit die bos uit steek, het my somme dadelik geklop en vat ek toe die eerste skoot wat hy my bied...

Horings: 55 1/4 duim
Uitslag gewig: 217kg
Kalieber: .270
Punte: Hornady SST
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Koedoe in Musina

Post by FHM »

Jislaaik Donkie dis n pragtige bul daai - heng man jy maak man jaloers! ;)
Sien dis jou eerste pos - baie welkom en sien uit na jou deelname hierso.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Koedoe in Musina

Post by Jean Marais »

Hallo Donkie. Baie welkom hier op die forum. Hoop jy geniet en leer sommer baie saam met die res van die manne.

Dis voorwaar 'n baie mooi koedoe wat jy gejag het, en beslis 'n voorreg. Hoop jy't 'n trofee gemaak van daai outjie. Hy sal jou nog lank herhinner aan die jagdag.

Van waar in die wêreld is jy?
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Donkie
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Mon Nov 09, 2015 9:08 am

Re: Koedoe in Musina

Post by Donkie »

Baie dankie julle. Ja ek het verseker die ou laat op stop.

Ek het reeds baie geleer of die forum, ek vind dit baie interesant hier by julle.

Ek is van Winterton in Natal maar werk tans by Bronkhorstspruit.
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Koedoe in Musina

Post by Ashley »

Baie netjies Donkie! Welkom hier, geniet die forum.
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Koedoe in Musina

Post by win270 »

Pragtige dier, Donkie. Jou herinneringe aan jou eerste jag in die Bosveld is verseker iets om met talle te deel. Wat het jy nog gejag met jou .270?
User avatar
Boersonderroer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm

Re: Koedoe in Musina

Post by Boersonderroer »

Blixem , dis 'n Bul daai . Mooi gedoen. Eks skoon jaloers
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
Donkie
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Mon Nov 09, 2015 9:08 am

Re: Koedoe in Musina

Post by Donkie »

win270,

Op daardie trippie het ek 'n rooibok ram en twee vlakvarke ook geskiet, maar 2015 was 'n besige jaar vir my ou .270. Al is dit nie my enigste geweer nie is dit die geweer wat ek die meeste vertroue in het en jag ek omtrent net met hom.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Koedoe in Musina

Post by sako 30-06 »

Baie mooi bul, kry nie gereeld so outjie nie.
Nou kan ek nog minder wag.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Koedoe in Musina

Post by Smitstertjies »

Donkie (Johan) Dankie vir die kuier vandag. Ons het lekker gesels. Prag koedoe bul. Ek hoop jy looi die jakkies die naweek.

Groetnis

Martin
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: Koedoe in Musina

Post by koos 2 »

Pragtig !!! geluk aan die jagter
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Koedoe in Musina

Post by Plaashaas »

Geluk en welkom donkie. Die mopanie bosveld met sy kremetart bome is magic.

Wie se plaas is dit?
Donkie
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Mon Nov 09, 2015 9:08 am

Re: Koedoe in Musina

Post by Donkie »

Dankie aan almal.

Martin ek se vir jou dankie, het dit self geniet. Hoop ook ek kry hulle, maar ek glo ek sal, dankie.

Plaashaas, ek stem. Het my self verkyk aan die kremetart bome. Die plaas eienaar se naam is Riaan, kan nou net nie op sy van kom nie, maar die plase se name is Klein Eden en Belvedere. Was verskriklike lekker plase om op te jag.
Finfan
Hero Member
Hero Member
Posts: 893
Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am

Re: Koedoe in Musina

Post by Finfan »

Netjiese stats daar. Baie geluk
Neil Scholtz

22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
User avatar
Johansec1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 50
Joined: Mon Apr 08, 2013 9:09 am

Re: Koedoe in Musina

Post by Johansec1 »

Baie mooi koedoe!! Geluk!! Dis nie elke dag dat mens so 'n kans kry op so mooi koedoe nie!!
9mm Star Para pistool
357/38spl Rossi karrabyn
12br Mosberg Haelgeweer
.243 Sako (Forester)
7x57 Brno
9.3x64 Mauser Obendorff
12br dl Pedersoli black powder haelgeweer

Groete
Johan
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Koedoe in Musina

Post by Frederik »

Geluk met 'n prag koedoe
Wesson
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Tue Jan 07, 2014 5:10 pm

Re: Koedoe in Musina

Post by Wesson »

Now that is a Kudu! Well done!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Koedoe in Musina

Post by PWV »

Toe my gids my stop en se; Eland Eland! en ek deur my scope sien dat dit die agter kwart van 'n koedoe was wat uit die bos uit steek, het my somme dadelik geklop en vat ek toe die eerste skoot wat hy my bied...
Donkie, dis moerse horings!
Skiet jy hom toe maar in die agterkwart, want dit was mos die eerste skoot wat hy gebied het?? >:+
Donkie
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Mon Nov 09, 2015 9:08 am

Re: Koedoe in Musina

Post by Donkie »

Donkie, dis moerse horings!
Skiet jy hom toe maar in die agterkwart, want dit was mos die eerste skoot wat hy gebied het?? >:+[/quote]

;D Nee darem nie, die ou het my net so gaatjie deuri bos agter sy blad gegee. Hy is heeltemal te duur gewees om 'n kwes skoot te waag.
Post Reply