Hoekom is punte so skaars die laaste paar jaar?
- stoffelpantoffel
- Full Member

- Posts: 107
- Joined: Mon Aug 18, 2014 12:44 pm

Hi daar mede lede
Ek weet nie of die al ñ bespreukings punt was op forum nie. As dit was kan iemand my asb verwys na "topic".
Ek wil graag weet hoekom dit sal wees dat mens so sukkel om die punte aan hande te kry. Dis vir my al ñ groot frustrasie as ek by ñ wapen winkel of handelaar kom en die punt waarmee ek graag skiet amper nooit in voorraad is nie of ek moet hoor dat die invoerders nog wag op ñ groot besending. En waneer die besending wel ingekom het, daar net ñ beperkte hoeveelheid die land in gekom het en daarom stoot hul sommer die prys op omrede die punte dan nou skaars is. Is daar ñ politieke rede dat SA so sukkel om punte aan hande te kry. Of is daar enige ander geldige rede hoekom ons so moet sukkel?
Ek is ongelukkig nie een van daai bevoregte mense wat sommer so 2 bulk pakke punte kan koop waneer daar wel punte beskikbaar is nie. So ek is maar afhanklik van my naaste handelaar om maar gereeld voorraad te he waneer ek dit kan bekostig om so paar pakkies aan te skaf. Ek geniet my skiet baie en dit is ñ stokperdjie wat my laat ontspan. Maar soos dit aan gaan sien ek nie dat die punte ooit weer teen kompeterende pryse verkoop sal word nie omrede die vervaardigers of handelaars eenvoudig net hul prys hoog maak en as jy vra vir billike prys, die antwoord is. "As jy dit vir beter prys op ander plek kan kry gaan koop daar". Ek weet die rand dollar is op sy hoogste vlak nou en gaan nie vinnig verbeter nie. Maar as jy die pryse kyk waarteen invoerders aan koop en waarteen ons as verbruiker aan koop. Dan kan mens nie anders as om te dink dat daar ñ redelike uitbuiting aan die gang is nie.
Ek wil niemand aanvat of sleg se nie. Ek praat maar net van iemand wat nou al vir menigte mense oor dieselfde storie hoor kla het. En almal wonder! So as daar enige manne is wat meer weet van wat aangaan met die punte (en selfs primers) saga. Ek sal graag ook meer wil weet.
Groete
Stoffelpantoffel
(Verskoon maar spel foute)

- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Hoekom is punte so skaars die laaste paar jaar?
Stoffelpantoffel, Ek wou jou al in jou eerste parragraaf geantwoord het, maar toe sien ek jy het self al jou vrae self beantwoord.
Ja, almal sukkel ook somtyds om punte te kry. Jy sal maar net n plan moet maak om, as daar voorraad is, te koop en koop tot dit op is. Dit is maar wat ek doen.

Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17

-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Hoekom is punte so skaars die laaste paar jaar?
Kry vir jou n plaaslike vervaardigde koeel wat in jou geweer werk en jou problem is op gelos.
Ek gebruik nou Impala, akkuraatheid is goed en die prys nog beter, altyd beskikbaar.
Groete
Henning

300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Hoekom is punte so skaars die laaste paar jaar?
Probleem is net Impala gaan nie lekker werk vir F klas nie.
- stoffelpantoffel
- Full Member

- Posts: 107
- Joined: Mon Aug 18, 2014 12:44 pm
Re: Hoekom is punte so skaars die laaste paar jaar?
Heinz. Lyk my dis maar al wat mens kan doen. Moet maar spaar en wag tot ek kan reg kom.
Henning. Ek het al gedink om impalas te skiet maar hul maak nie die greine wat ek na soek nie. In 308 wil my geweer nie met iets anders as 168 gn en swaarder skiet nie 1/12 twist. En 6mm het ek goeie lading met 87gn gekry. Wou al impala punte gekoop het om te toets maar elke keer as ek by handelaar kom het hul nie punte nie. So dit bly ñ frustrasie. En soos frikkie se dat die impala's nie so akuraat is soos oorsee se punte as dit by F klas nie.
Maar wat. Dis maar sekker ñ probleem wat mens nie sal oorkom deur te kla nie. Sal maar wag en hoop dat dit sal verbeter.

- Henry
- Full Member

- Posts: 137
- Joined: Mon Jun 22, 2015 12:47 pm
Re: Hoekom is punte so skaars die laaste paar jaar?
Punte en primers is skaars omdat die Amerikaners besig is om alles op te koop. Obama het geraas gemaak oor wapenbeheer en nou is sy burgers bang dat hulle in die toekoms gaan sukkel om ammo te kry. Soos gewoonlik suig SA aan die agtertiet as voorraad uitgedeel word vir distribusie wêreldwyd.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hoekom is punte so skaars die laaste paar jaar?
Die politiek dink ek het ook 'n effek. Ons regering se vryery na Iran en andere help nie hiermee nie. Sien Rama gaan alweer daar kuier. Die Amerikaners noem dit 'n tekort agv plaalike aanvraag, maar meeste praat van bedekte sanksies.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Suikermuis
- Sr. Member

- Posts: 290
- Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm
Re: Hoekom is punte so skaars die laaste paar jaar?
Goeienaand
Rakende die beskikbaarheid van koeels, ja dit is n groot frustrasie. Self ook al goeie resultate gekry met sekere koeels, net om weer by n handelaar te kom en te hoor dat hulle wag vir voorraad, of te sien dat die nuwe voorraad nou aansienlik duurder is. Die plaaslik vervaardigde koeels raak dus n al hoe groter oorweging, veral met die wisselkoers in gedagte.
Stoffelpantoffel wat jou 308 aan betref noem jy dat die wapen hou van 165gr en swaarder. As n duimreel is monoliete (soos Impala, Frontier, Peregrine, Kriek, om maar n paar plaaslike vervaardigers te noem) ongeveer 15 tot 20% ligter as loodkern koeels van dieselfde lengte. Die 1:12 groefdraai behoort teoreties n 150gr monoliet te stabiliseer. Jy kan dus n ligter Impala (byvoorbeeld) as 165gr toets. Slegste scenario is jy gaan sien dit werk ongelukkig glad nie in jou wapen nie. Of dit werk dalk goed en jy kry n plaaslike koeel wat beskikbaar is en nie deur die wisselkoers beïnvloed word nie. Iewers op n stadium gaan pryse van ingevoerde koeels ons "dwing" om plaaslike koeels te toets.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13532
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Hoekom is punte so skaars die laaste paar jaar?
Stoffel watse koels soek jy? Elke winkel wat ek in die laaste 2 maande in gestap het se rakke staan prop vol Sierras, bitter baie Hornadys en net so baie Noslers. Safari het n stoor vol Bergers en net so baie van die ander op hul rakke.Oor die prys wel 90% van die plaaslike koels kos meer as die van die US af en die beskikbaarheid is nog swakker
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Hoekom is punte so skaars die laaste paar jaar?
Dit is baie eenvoudig en almal kyk dit mis.
Daar is vandag seker 'n derde meer jaggewere in omloop en seker dubbeld die hoeveelheid skuts wat aktief deelneem aan kompetisies as 10 jaar terug. Ek maak die aanname na aanleiding van die getalle wat ek self waargeneem het by ons plaaslike kompetisies en skiet dae.
Dit is dus maar suiwer vraag en aanbod en in die globale wêreld is ons maar net 'n spikkel aan die suidpunt van donker Afrika.
Ek het afgesien daarvan om aandele te koop en belê effektief in koeëls. Op die oomblik klop ek die JSE se alle aandele, jaar op jaar, met twee karperd lengtes!
Net op my 7mm koeëls was die groei 33%.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Hoekom is punte so skaars die laaste paar jaar?
Koop Kriek koeëls en as jy Hornady, Accubonds Koeëls soek kry vir jou n tjommie in Amerika, my broet bly in New York, ek verjaar elke maand! Pakkie koeëls en n verjaardag kaartjie in die pos geen belasting nie, lekker man sommer baie lekker.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Henry
- Full Member

- Posts: 137
- Joined: Mon Jun 22, 2015 12:47 pm
Re: Hoekom is punte so skaars die laaste paar jaar?
Ek gebruik op die oomblik Sierra Matchking, en sal graag Berger VLDs wou gebruik, maar ek kon nie VLDs vir 270 kry nie by S&O.
- stoffelpantoffel
- Full Member

- Posts: 107
- Joined: Mon Aug 18, 2014 12:44 pm
Re: Hoekom is punte so skaars die laaste paar jaar?
Ek skiet met 87gn hornady's V-max en HPBT in 6mm met baie goeie russeltate selfde met 168gn cc in 308. Het al 155cc geskiet maar my geweer wil hul nie stabiliseer nie. Hornady kon ek vir so rukkie aan hande kry. Maar hul is nou weer uit verkoop. Nosler cc sien ek safari het in bulk pakke beskikbaar maar niks kleiner pakkies nie. Maar soos ek gese het ek is ongelukkig nie so bevoreg om somer ñ bulk pak op ñ slag te koop nie. So probeer maar elke maand of 2 so pakkie koop om vooraad op te bou. Ek het nou al mooi ladings met bogenoemde punte en sal graag daar wil bly. So sal maar net vir so ruk minder moet skiet, geld spaar en groot maat koop waneer dit weer beskikbaar is.Capt. Oblivious wrote:Stoffel watse koels soek jy? Elke winkel wat ek in die laaste 2 maande in gestap het se rakke staan prop vol Sierras, bitter baie Hornadys en net so baie Noslers. Safari het n stoor vol Bergers en net so baie van die ander op hul rakke.Oor die prys wel 90% van die plaaslike koels kos meer as die van die US af en die beskikbaarheid is nog swakker
Dankie vir almal se trugvoer.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Hoekom is punte so skaars die laaste paar jaar?
Kry maters en koop bulk pak saam.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hoekom is punte so skaars die laaste paar jaar?
Die heads up werk nogal vir sulke aankope. Ek het vir PWV by 2 geleenthede reeds groter aankope hier bo gedoen omdat pryse beter en dit ook beskikbaar was. Hou dus jou Jaracal maters in gedagte.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13532
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Hoekom is punte so skaars die laaste paar jaar?
Fishers en shooter in Lichtenburg het vmaxe en 155, 168 en 175gr (100 en 250pakke) CC.Ek gaan oor 2 weke weer Lichtenburg toe laat weet my as jy soek.stoffelpantoffel wrote:Ek skiet met 87gn hornady's V-max en HPBT in 6mm met baie goeie russeltate selfde met 168gn cc in 308. Het al 155cc geskiet maar my geweer wil hul nie stabiliseer nie. Hornady kon ek vir so rukkie aan hande kry. Maar hul is nou weer uit verkoop. Nosler cc sien ek safari het in bulk pakke beskikbaar maar niks kleiner pakkies nie. Maar soos ek gese het ek is ongelukkig nie so bevoreg om somer ñ bulk pak op ñ slag te koop nie. So probeer maar elke maand of 2 so pakkie koop om vooraad op te bou. Ek het nou al mooi ladings met bogenoemde punte en sal graag daar wil bly. So sal maar net vir so ruk minder moet skiet, geld spaar en groot maat koop waneer dit weer beskikbaar is.Capt. Oblivious wrote:Stoffel watse koels soek jy? Elke winkel wat ek in die laaste 2 maande in gestap het se rakke staan prop vol Sierras, bitter baie Hornadys en net so baie Noslers. Safari het n stoor vol Bergers en net so baie van die ander op hul rakke.Oor die prys wel 90% van die plaaslike koels kos meer as die van die US af en die beskikbaarheid is nog swakker
Dankie vir almal se trugvoer.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Hoekom is punte so skaars die laaste paar jaar?
Ek sien stoffelpantoffel woon op Aliwal-Noord. Sy naaste groot stad is dus of Bloemfontein of Oos Londen. Kleiner plekke soos Queenstown, Middelburg, Colesberg, Cradock is die ander alternatiewe. Advies oor ammunisieverskaffers op daardie plekke kan dus ook vir hom van waarde wees.
Stoffelpantoffel, gebruik maar die internet en spoor ammunisieverskaffers en skietklubs/jagverenigings op bogenoemde plekke op. Jy gaan dan heel waarskynlik 'n verskaffer vind wat jou kan help. Om Suid-Afrikaans vervaardigde produkte te koop, is altyd 'n goeie opsie, mits die kwaliteit en prys reg is vir jou.
Stoffelpantoffel, gebruik maar die internet en spoor ammunisieverskaffers en skietklubs/jagverenigings op bogenoemde plekke op. Jy gaan dan heel waarskynlik 'n verskaffer vind wat jou kan help. Om Suid-Afrikaans vervaardigde produkte te koop, is altyd 'n goeie opsie, mits die kwaliteit en prys reg is vir jou.
- stoffelpantoffel
- Full Member

- Posts: 107
- Joined: Mon Aug 18, 2014 12:44 pm
Re: Hoekom is punte so skaars die laaste paar jaar?
Hi Win270.win270 wrote:Ek sien stoffelpantoffel woon op Aliwal-Noord. Sy naaste groot stad is dus of Bloemfontein of Oos Londen. Kleiner plekke soos Queenstown, Middelburg, Colesberg, Cradock is die ander alternatiewe. Advies oor ammunisieverskaffers op daardie plekke kan dus ook vir hom van waarde wees.
Stoffelpantoffel, gebruik maar die internet en spoor ammunisieverskaffers en skietklubs/jagverenigings op bogenoemde plekke op. Jy gaan dan heel waarskynlik 'n verskaffer vind wat jou kan help. Om Suid-Afrikaans vervaardigde produkte te koop, is altyd 'n goeie opsie, mits die kwaliteit en prys reg is vir jou.
Ja nee ek woon op aliwal noord en kry maar nog altyd my geweer toerusting vanaf bloemfontein. Maar dis hoe ek altyd so frustreerd raak want waneer ek somteids moet op bloem toe.(wat nie so gereel is nie). Dan gaan maak ek gewoontlik draai by wapen winkels om te kry wat ek nodig het maar dit is nou juis waar die moeilikheid in kom. Primers en punte waarmee ek ñ lading wel kon uit werk is weer nie beskikbaar nie. Dan moet man weer van voor af begin. Het vorige keer bulk remington primers gekoop want cci was nie beskikbaar nie. Nou dat my remingtons amper klaar is, is nie rem of cci beskikbaar nie. En is nie lus om nou weer met ander primer te werk dan gebeur dieselfde geval weer nie. Ons het darm nou onlangs ñ ovk geweer winkel gekry. Maar hul sukkel net so om vooraad van buiteland af te kry.
Ek is wel by Lamergeier skiet club betrokke maar omtrent al die manne hier skiet met 6,5 kalibers so saam klap vir bulk pak is ook maar stryd. Maar ek moet seker nie so kla nie. Daar erger dinge in die lewe.
Dankie vir jul trugvoer en die wil om te help. Waardeur dit.
Groete
Stoffelpantoffel