20 MOA rail verstelling

Post Reply
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

20 MOA rail verstelling

Post by Gian_dP »

Ek het so tyd gelede n Howa .243 aangeskaf. Het gekom met Leupold basisse en ringe, so het hom eers net so gebruik en Vortex HS 4-16×50 opgesit. Met die voorbereiding vir die naweek se XSSSA kursus agter gekom ek het maar 12 MOA verstelling op en amper 40 af met die basis/ringe. Was altyd van plan om rail op te sit, het toe maar Dinsdag vir myself verjaarsdag geskenk gekoop.

https://www.dropbox.com/s/7n0k0h1csxts0 ... 1.jpg?dl=0

Gou gistermiddag by Kraaifontein gaan zero, ek het nou 5 MOA af en 45 MOA verstelling op met zero op 100m.

Gou twee vrae.

Is die verspreiding van die ringe reg, of moet hulle verder/nader aan mekaar wees?

Is die verspreiding van my verstellings ok? Besef ek gaan nooit rerig afstel nie, maar weet nie of daar bietjie meer speelruimte moet wees nie.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: 20 MOA rail verstelling

Post by JTM »

Als lyk en klink reg vir my met daai kombinasie.

Ek het ook monterings verander vir die naweek. Ek sien jou by XSSSA!
Jannie Welman
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: 20 MOA rail verstelling

Post by Gian_dP »

Dankie. Was net verbaas om ekstra 10 MOA by te kry!
Sien baie uit na Saterdag!
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: 20 MOA rail verstelling

Post by LRLaubscher »

Beendr,

Jy verwys na jou verstelling net 10MOA bygekry.

Dit maak nie sin nie. Jy behoort teminste 20MOA by te kry.
Jy kon 12 MOA stel bontoe en 40 MOA af. Dit gee 'n totaal van 52MOA

Nou met rail kan jy 5 MOA af en 45MOA boontoe, wat weer vir jou na genoeg 50MOA gee.

So jy het teminste 20MOA by gekry, nie net 10MOA nie?

Dis meer as genoeg vir jou Kaliber.
Weet nie watter punte jy skiet nie, maar gestel 87VMAX.
As jy op 100m zero, moet jy 33-35MOA op stel vir 1000m.
Daar bo waar ons Saterdag skiet is die lugdruk lekker laag, so dit gaan nog minder wees -28-30MOA

Jou kombinasie is reg, jy kan lekker saam speel.
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: 20 MOA rail verstelling

Post by Gian_dP »

LRLaubscher wrote:Beendr,

Jy verwys na jou verstelling net 10MOA bygekry.

Dit maak nie sin nie. Jy behoort teminste 20MOA by te kry.
Jy kon 12 MOA stel bontoe en 40 MOA af. Dit gee 'n totaal van 52MOA

Nou met rail kan jy 5 MOA af en 45MOA boontoe, wat weer vir jou na genoeg 50MOA gee.

So jy het teminste 20MOA by gekry, nie net 10MOA nie?

Dis meer as genoeg vir jou Kaliber.
Weet nie watter punte jy skiet nie, maar gestel 87VMAX.
As jy op 100m zero, moet jy 33-35MOA op stel vir 1000m.
Daar bo waar ons Saterdag skiet is die lugdruk lekker laag, so dit gaan nog minder wees -28-30MOA

Jou kombinasie is reg, jy kan lekker saam speel.
Ek het bedoel nog 10 bo-op die 20 van die rail. Ek verwag om die bestaande 15 MOA tot by 35 to kry. Nou het ek 45. Skiet 85 hpbt, hulle bc is nie so goed soos vmax nie, maar sal steeds genoeg he vir 1000m.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: 20 MOA rail verstelling

Post by LRLaubscher »

Ek sien wat jy sê. Dit eintlik n goeie ding!!
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: 20 MOA rail verstelling

Post by JTM »

Jy kan bly wees oor die extra paar MOA solank dit nettie minder as 20MOA was nie.
Jannie Welman
Boomstomp
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Wed Jun 04, 2014 3:40 pm

Re: 20 MOA rail verstelling

Post by Boomstomp »

Ek sit met soortgelyke situasie.

Gaan ook saterdag met 'n .243W skiet, het nie rail op nie. Gelukkig darem so 36MOA verstellings tot my beskikking... ongelukkig net 2MOA na regs toe (lyk my scope sit skeef op geweer).

Ongelukkig skiet ek nog fabriekspatrone, en instede van geadverteerde spoed van 2900fps het ek laas naweek die spul deur chronograaf gestuur teen net 2625fps... so ek sal gelukkig wees as ek 700m haal met die kombinasie.
Post Reply