Ek het amper vanoggend 'n aar gebars!!!!
Ek koop laasweek 'n nuwe 243 by VGK in Parow en is baie in my noppies met hul vriendelike diens. Ek kry al die nodige dokumentasie by hul en vul dit in soos verlang. Ek kry mooi al my eendjies in 'n ry en sit vanoggend die stuk in na my plaaslike polisiekantoor. Ek staan eers 45 min in die ry om my ID afskrifte te laat sertifiseer, maar daar is 'n huppel in my stap, want al my ander dokumente is mooi korrek ingevul en my endorsement van my Jagtersvereniging, getuigskrifte en motiverings is in my pakkie.
Die DFO ontvang my vriendelik en begin met sy proses. Alles loop vlot totdat hy die wapen se nommer op die stelsel intik!!!
Die wapen verskyn nog onder die invoerder se naam en is nog nie ingevoer op die stelsel onder VGK se naam nie. Ek kan dus nie aansoek doen vir die wapen alvorens dit uitgesorteer is nie. Daar is net mooi niks wat ek daaraan kan doen nie.
Hoe kan 'n handelaar dan 'n wapen adverteer en aan jou verkoop sonder om seker te maak dat die wapen korrek op die stelsel gelaai is? Hoekom moet ek dan die volle bedrag van die wapen betaal alvorens hul die papierwerk invul en aan my oorhandig?
Indien ek geweet het dat die geweer nie op die stelsel is nie, sou ek dalk my planne verander het.
