Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Hier is 'n paar van die lesse wat baie manne probeer oorbring as dit by SV wapens kom. Is dit moontlik om in so situasie te wees? Ek weet nie maar op die plase is daar meer aanvallers en soms ook AK of geweer betrokke.
https://en.wikipedia.org/wiki/1986_FBI_Miami_shootout
* 357 Magnum is nie die man stopper wat ouens dink dit is nie.
* rewolvers kan stoor!
* wapen los in voertuig is nie goeie idee nie - 1 man het niks geskiet uit 145 skote nie, omdat hy nie wapen gehad het nie.
* kyk hoeveel skote vat 'n man voor hy sterf

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Carl, ek wil die volgende vra en nie om 'n punt te bewys nie, om regtig julle opinie te hoor.
Ons almal weet 'n 45 het meer "stopping power" as 'n 9mm, dit 'n gegewe. Maar dan het 'n 9mm ook meer magasyn kapasiteit as 'n 45.
In 'n huis of plaas aanval, gaan die hoeveelheid skote wat jy kan skiet, nie meer belangrik wees as die "stopping power" van jou pistool nie? In die hitte van die oomblik gaan elke skoot verseker nie 'n goedgemikte raakskoot wees nie en daar gaan baie lood vlieg. Is 16 skote in so geval nie beter as 8 of 10 nie?

Aim small, miss small
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Eugene ek dink nie so nie, en my opninie is op die volgende weergawe gebeure deur 'n 45 eienaar.Eugene wrote:Carl, ek wil die volgende vra en nie om 'n punt te bewys nie, om regtig julle opinie te hoor.
Ons almal weet 'n 45 het meer "stopping power" as 'n 9mm, dit 'n gegewe. Maar dan het 'n 9mm ook meer magasyn kapasiteit as 'n 45.
In 'n huis of plaas aanval, gaan die hoeveelheid skote wat jy kan skiet, nie meer belangrik wees as die "stopping power" van jou pistool nie? In die hitte van die oomblik gaan elke skoot verseker nie 'n goedgemikte raakskoot wees nie en daar gaan baie lood vlieg. Is 16 skote in so geval nie beter as 8 of 10 nie?
http://www.gunsite.co.za/forums/showthr ... 04-HELD-UP
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
En om by te dra na die vorige vraag kyk na hierdie toets van ballistiese eienskappe met verskillende kalibers en gewig koeels.
https://thetacticalinformer.files.wordpress.com/2012/06/ballistics-gel640.jpg?w=670
https://thetacticalinformer.files.wordpress.com/2012/06/ballistics-gel640.jpg?w=670
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3071
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
DIe stopping power van handwapen calibers is almal minimaal
As jy nie rugwerwels, brein of nekwerwerwels tref nie gaan die aanvaller nog 'n hele ruk lewe.
Skiet bietjie 'n blesbok 'n longskoot met 'n 9.3 en 'n 30-06 en kyk die verskil in tyd wat hulle vat om te sterf - amper geen verskil.
Stopping power en handwapen kan eintlik nie in een sin gebruik word nie.
Vat nou hoe vêr 'n rooibok soms kom met 'n perfekte hartskoot met 'n jaggeweer kan BAAIIE meer energie as 'n 45 het.
Volgens my soek jy goeie pentrasie om van enige hoek wat die aanvaller staan genoeg om die werwels of ander vitals te bereik.
Die wondkanaal moet lekker groot wees vir soveel as moontlik weefsel skade.
45 calibers skiet gewoonlik heelwat stadiger as 9mm.
die swaarder stadiger koeel het gewoonlik meer penetrasie maar minder weefselskade as 'n 9mm wat 200fps vinniger skiet.
Selfde prinsiep as vleiskade en spoed wat verband hou met mekaar.
Ek het ook baie opgelees en met manne gesels en daarom glo ek dat 'n 9mm met 'n bonded koeel in +P+ lading vir jou dieselfde performance kan gee met 'n paar klippe ekstra in die magasyn.
Die verskille is akademies.
Ek kan my Glock 19(9mmP) vinniger akkuraat skiet as my swarrie se Glock 23(40S&W) en 'n vriend wat Glock 30S(45ACP).
Die groter calibers het dalk beter doodmaakvermoë.
1ste reel van selfverdediging - Hê n skietding! ('n .22LR is beter as 'n 44Magnum in die kluis.)

Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Die idee van "stopping power" in handwapenkalibers (9mm, .38, .357, .40, .45) is grotendeels 'n mite. Daar bestaan nie so iets nie. Vra maar enige chirurg met baie ongevalle-ondervinding of hy die verskillende kalibers se wondkanale in skiet-slagoffers kan onderskei. Die verskil tussen volmantel- en holpunt-koeëls is soms waarneembaar.Eugene wrote:Carl, ek wil die volgende vra en nie om 'n punt te bewys nie, om regtig julle opinie te hoor.
Ons almal weet 'n 45 het meer "stopping power" as 'n 9mm, dit 'n gegewe. Maar dan het 'n 9mm ook meer magasyn kapasiteit as 'n 45.
In 'n huis of plaas aanval, gaan die hoeveelheid skote wat jy kan skiet, nie meer belangrik wees as die "stopping power" van jou pistool nie? In die hitte van die oomblik gaan elke skoot verseker nie 'n goedgemikte raakskoot wees nie en daar gaan baie lood vlieg. Is 16 skote in so geval nie beter as 8 of 10 nie?
Soos enige jagter behoort te weet, is skootplasing altyd baie belangriker as kaliber. Veral op baie ligte kalibers soos wat tipies in handwapens voorkom, is skootplasing nog meer belangrik. Wie sal dit oorweeg om 'n rooibok te gaan jag met jou 9mm/38/357/40/45? Dit kan gedoen word, maar is vir seker nie maklik nie. Die anatomie van 'n tipiese aanvaller verskil baie van 'n rooibok s'n, maar hulle weeg amper dieselfde.
Ek wil beweer, hoe meer skote jy kan raak skiet, hoe beter. Die tipiese 9mmP dra meer ammunisie as 'n 45 van dieselfde grootte. Die 9mm is ook meer beheerbaar, dus jy kan daardie skote vinniger en akkurater plaas. Dan is dit ook goedkoper om met die 9mm te oefen, en oefening is warskynlik die heel belangrikste skakel in die ketting.
Al die ander kalibers is goed, maar daar is 'n goeie rede hoekom die 9mmP die gewildste dra-handwapenkaliber in die westerse wêreld is. Dit neem ook toe in gewildheid in Oos Europa en Asiê. Die geheim lê in die balans tussen effektiwiteit, hanteerbaarheid en grootte.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Ek stem vir meer koele as kaliberEugene wrote:Carl, ek wil die volgende vra en nie om 'n punt te bewys nie, om regtig julle opinie te hoor.
Ons almal weet 'n 45 het meer "stopping power" as 'n 9mm, dit 'n gegewe. Maar dan het 'n 9mm ook meer magasyn kapasiteit as 'n 45.
In 'n huis of plaas aanval, gaan die hoeveelheid skote wat jy kan skiet, nie meer belangrik wees as die "stopping power" van jou pistool nie? In die hitte van die oomblik gaan elke skoot verseker nie 'n goedgemikte raakskoot wees nie en daar gaan baie lood vlieg. Is 16 skote in so geval nie beter as 8 of 10 nie?
FC ek dink nie in die GS voorbeeld dat kaliber die geveg gewen het nie. Daar is geen balisties of patologiese bewyse nie. Die persoon wat op geskiet word weet nie watter kaliber na sy kant toe kom nie (en die harder blaf van 45 maak geen verskil
As jy die artikel lees word daar verwys na oomblikke wat oog getuies sê die
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Carl ek dink ek het dalk die GS skakel geplaas het sonder 'n goeie verduideliking. Die skakel was gerig op die "stopping power" mite wat daar heers met betrekking tot kaliber grote in hand wapens. Wat ek uit die skrywe neem is dat op "point blank range" waar die rowers nog kon terug baklei en selfs weg hardloop. Sien die uit treksels onder:Carl wrote: FC ek dink nie in die GS voorbeeld dat kaliber die geveg gewen het nie. Daar is geen balisties of patologiese bewyse nie. Die persoon wat op geskiet word weet nie watter kaliber na sy kant toe kom nie (en die harder blaf van 45 maak geen verskil). As 9mm, 40 en 45 op presies dieselfde plek tref gaan die krimineel of dood of pad gee.
As jy die artikel lees word daar verwys na oomblikke wat oog getuies sê diehet dit of dat gedoen maar die
man kan dit nie onthou nie. Dis hoe dit gaan in so situasie.
instinctively drew dropped safety and only once on target on the BG at 10 o'clock did I put my finger on the trigger and double tapped him, swing over to BG at 1 o'clock and tapped him twice too. Both targets centre mass.
As I went outside to get the spare mag, I saw one BG on his Knees crawling on my driveway while the other was trying to drag him out. This all while I was waving and screaming with my empty gun pointed at them.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
O nou hoekom sê jy dit nie!! Ja Stopping power is net van toepassing op die ANC Regering en Eskom.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Boersonderroer
- Sr. Member

- Posts: 346
- Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Ek sien in die shootout is die een skelm 12 keer getref, en die geveg binne 5 minute verby was. Wys jou wat kan adrenalien aan mens maak. Gun wonder die pataloog het getoets of daar drugs in die ou se sisteem was nie.
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Ja, net so. Hier rond kom die aanvallers gewoonlik in groepe, so van 'n kar vol tot 'n teksie vol. Meestal is hulle ook vol slim twak, dwelms, drank en die toordokter het hom belowe hy is onsigbaar en "bullet proof". Dit alles, saam met adrenalien en min breins, maak dat hulle nie veel kennis neem van gate in organe en lywe nie. Die besef skop eers later in as die bloeddruk al heelwat laer as normaal raak. Al wat onmiddelik werk, is 'n skoot wat die sentrale senuweestelsel afsny.Boersonderroer wrote:Ek sien in die shootout is die een skelm 12 keer getref, en die geveg binne 5 minute verby was. Wys jou wat kan adrenalien aan mens maak. Gun wonder die pataloog het getoets of daar drugs in die ou se sisteem was nie.
Iemand het eendag gesê, " 'n Handwapen is slegs 'n manier om jou pad oop te skiet tot by 'n regte wapen."
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Volgens FBI statistieke wat ek gesien het, oorleef 7 uit 8 handwapen skiet wond slagoffers.
Dit is belangrik om akuraat onder druk te kan skiet. Stess induced training help met dit. Tweedens is dit belangrik om aan te hou skiet tot die aanvaler/s nie meer n bedreiging is nie. n Double tap centre mass is dalk nie genoeg nie. Dan was daar ook nou al n paar gevalle waar die aanvalers self bullet proofs gedra het. Dit is waar die Moz drills handig te pas kom.
Maak nie saak van jou kaliber, ammo keuses of pistool keuse nie, oefen, oefen en oefen. Niks minder as een keer per maand nie en doen die regte oefeninge en doen dit korrek.
Daar is uitstekende instrukteurs en volgens my n moet vir almal wat EDC.
Dit is belangrik om akuraat onder druk te kan skiet. Stess induced training help met dit. Tweedens is dit belangrik om aan te hou skiet tot die aanvaler/s nie meer n bedreiging is nie. n Double tap centre mass is dalk nie genoeg nie. Dan was daar ook nou al n paar gevalle waar die aanvalers self bullet proofs gedra het. Dit is waar die Moz drills handig te pas kom.
Maak nie saak van jou kaliber, ammo keuses of pistool keuse nie, oefen, oefen en oefen. Niks minder as een keer per maand nie en doen die regte oefeninge en doen dit korrek.
Daar is uitstekende instrukteurs en volgens my n moet vir almal wat EDC.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
As ek reg onthou, spandeer net een uit die 7 oorlewendes 'n nag of meer in die hospitaal. Die ander 6 word toegeplak en ontslaan.Plaashaas wrote:Volgens FBI statistieke wat ek gesien het, oorleef 7 uit 8 handwapen skiet wond slagoffers.
....
Daar is uitstekende instrukteurs en volgens my n moet vir almal wat EDC.
-
hierswolf
- Full Member

- Posts: 112
- Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Die is ook 'n goeie lees:
http://www.tactical-life.com/gear/45-ac ... um-buffoni
http://www.tactical-life.com/gear/45-ac ... um-buffoni
Ek het self vir lank besin oor 9mm teen van die grootter kalibers maar hierdie post het my finaal laat besluit op die 9mm. IMO gaan die ekstra kapasiteit die meeste vir mens beteken wanneer mens 4+ opponente het.FCLoretz wrote:
Eugene ek dink nie so nie, en my opninie is op die volgende weergawe gebeure deur 'n 45 eienaar.
http://www.gunsite.co.za/forums/showthr ... 04-HELD-UP
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1837
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Beste van Altwee werelde .... Glock 21. Die n 13+1 .45 en ek het Altyd 2 spaar magesyne en nog twee in die Kar as ek ry vol Winchester Ranger 230gr +P
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
Yogi
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Ek dink nie dat die tipe of grootte van die wapen so belangrik is nie, maar net die feit dat jy 'n wapen het jou lewe kan red.
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Wat mens moet besef is dat jy jou beplanning moet maak rondom die feit dat as jy skiet die ou nie gaan val nie, as hy dood neerval is dit by verre die uitsonderring op die reel. Die grootste uitwerking met skiet is die feit dat dit die gemiddelde mens laat vlug vir sy lewe, of dit nou jy is of die rower.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Dis waar maar ek dink met die groot verskeidenheid SD wapens op die mark vandag sal dit nie baie wys wees om bv. .22LR teiken pistool wat 'n 6 duim loop het vir SD aan te skaf nie. 'n Mens weet mos van die begin af waarvoor koop jy die wapen. Daarom sou ek se kies maar reg van die begin af want dit kan jou net daai ekstra voordeel gee as die popo die fan tref.Yogi wrote:Ek dink nie dat die tipe of grootte van die wapen so belangrik is nie, maar net die feit dat jy 'n wapen het jou lewe kan red.
Maak 'n verskil
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Na 'n insident een aand op die plaas, het ek agtergekom dis nie maklik om jou pistool uit sy holster te kry as jy dit op 5 uur dra en jy sit in 'n voertuig nie. Ek het nou vir my 'n holster prakseer uit 'n ou plastiek holster, wat onder die stuurwiel is en waar ek die pistool met beide hande kan bykom, sonder om te veel te beweeg. Hoe 'n ou gaan skiet uit daai posisie uit, is iets wat ek nog moet oefen, maar nie in my bakkie nie...... 
Aim small, miss small
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Die 357 magnum gelaai met n 125gr JHP se een skoot stop krag is nog steeds die beste, nl 96%. Gelaai met n 158gr RNL val daai % drasties.
Handgun Cartridge Power Chart
By Chuck Hawks
http://www.chuckhawks.com/handgun_power_chart.htm
Hierdie is n kombinasie van Marshall en Sanow se werklike skiet voorval data en die alom bekende Strasbourg toets Ter inligting:
"AIT (goats at Strasbourg)" refers to a famous European experiment where a great many goats of the approximate size and cardio-vascular capacity of a human being were shot broadside through the lungs with a variety of handgun loads and the 'Average Incapacitation Time' (in seconds) from the shot until the animal's collapse was recorded
"One shot stop %" is the percentage of one shot stops in actual street shootings as culled from police records by Marshall and Sanow
Handgun Cartridge Power Chart
By Chuck Hawks
http://www.chuckhawks.com/handgun_power_chart.htm
Hierdie is n kombinasie van Marshall en Sanow se werklike skiet voorval data en die alom bekende Strasbourg toets Ter inligting:
"AIT (goats at Strasbourg)" refers to a famous European experiment where a great many goats of the approximate size and cardio-vascular capacity of a human being were shot broadside through the lungs with a variety of handgun loads and the 'Average Incapacitation Time' (in seconds) from the shot until the animal's collapse was recorded
"One shot stop %" is the percentage of one shot stops in actual street shootings as culled from police records by Marshall and Sanow
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Die data wat Marshal en Sanow versamel het, is wel geskik om verskillende ammunisie en kalibers met mekaar te vergelyk, maar is vir seker nie 'n goeie aanduiding van hoe effektief 'n handwapen is nie. Daarom dat hy dit ook nie "statistiek" noem nie. Kyk maar wat die kriteria was vir enige voorval om in die data opgeneem te word.Louis Kriel wrote:Die 357 magnum gelaai met n 125gr JHP se een skoot stop krag is nog steeds die beste, nl 96%. Gelaai met n 158gr RNL val daai % drasties.
Handgun Cartridge Power Chart
By Chuck Hawks
http://www.chuckhawks.com/handgun_power_chart.htm
Hierdie is n kombinasie van Marshall en Sanow se werklike skiet voorval data en die alom bekende Strasbourg toets Ter inligting:
"AIT (goats at Strasbourg)" refers to a famous European experiment where a great many goats of the approximate size and cardio-vascular capacity of a human being were shot broadside through the lungs with a variety of handgun loads and the 'Average Incapacitation Time' (in seconds) from the shot until the animal's collapse was recorded
"One shot stop %" is the percentage of one shot stops in actual street shootings as culled from police records by Marshall and Sanow
Wat wel duidelik uit die data kom, is dat die meeste moderne kalibers (9mm-45) naastenby dieselfde verrigting het met moderne ammunisie. Die 357-125gn JHP is wel die beste, maar die ander is baie naby daaraan.
Kyk ook na die data vir 223, 308 en 12 boor. Dit vaar ooglopend baie beter as enige handwapen-kaliber.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Net iets om aan te dink in terme van die. Indien jy gekaap word mag dit moelik wor om jou wapen te trek en te gebruik in die bg posisie. Jou wapen mag ook dalk gesteel word in die proses.Eugene wrote:Na 'n insident een aand op die plaas, het ek agtergekom dis nie maklik om jou pistool uit sy holster te kry as jy dit op 5 uur dra en jy sit in 'n voertuig nie. Ek het nou vir my 'n holster prakseer uit 'n ou plastiek holster, wat onder die stuurwiel is en waar ek die pistool met beide hande kan bykom, sonder om te veel te beweeg. Hoe 'n ou gaan skiet uit daai posisie uit, is iets wat ek nog moet oefen, maar nie in my bakkie nie......
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
My pistool in net in die holster as ek in die bakkie is. Ek sit dit terug in sy holster aan my lyf as ek uitklim. Ek ry min op plekke waar ek gekaap kan word, maar baie op plekke waar ek voorgele kan word terwyl ek by 'n hek stop of op die plaas ry.FCLoretz wrote:Net iets om aan te dink in terme van die. Indien jy gekaap word mag dit moelik wor om jou wapen te trek en te gebruik in die bg posisie. Jou wapen mag ook dalk gesteel word in die proses.Eugene wrote:Na 'n insident een aand op die plaas, het ek agtergekom dis nie maklik om jou pistool uit sy holster te kry as jy dit op 5 uur dra en jy sit in 'n voertuig nie. Ek het nou vir my 'n holster prakseer uit 'n ou plastiek holster, wat onder die stuurwiel is en waar ek die pistool met beide hande kan bykom, sonder om te veel te beweeg. Hoe 'n ou gaan skiet uit daai posisie uit, is iets wat ek nog moet oefen, maar nie in my bakkie nie......
Aim small, miss small
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Eugene,
Onthou jy altyd om dit uit te haal as jy bv by 'n hek stop? Ek weet die kenners op Gunsite hou nie van daai holster nie... maar glo dat dit kan werk op plaas. Mits jy altyd holster as jy uit klim.
Die een polisieman het sy vuurwapen op die sitplek gesit net voor die kontak. Hy het dit verloor in 'n botsing en nooit 'n skoot afgevuur nie! Dit is iets om in gedagte te hou.
Onthou jy altyd om dit uit te haal as jy bv by 'n hek stop? Ek weet die kenners op Gunsite hou nie van daai holster nie... maar glo dat dit kan werk op plaas. Mits jy altyd holster as jy uit klim.
Die een polisieman het sy vuurwapen op die sitplek gesit net voor die kontak. Hy het dit verloor in 'n botsing en nooit 'n skoot afgevuur nie! Dit is iets om in gedagte te hou.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out
Carl, in die aand klim ek met hom uit in die hand. In die dag waar ek vooruit mooi kan sien, doen ek nie.
Hoe beplan julle manne en die manne van Gunsite om daai SD gun uit jou IWB holster te kry terwyl jy sit en in die vinnigste moontlike tyd? Dalk is daar iets waaraan ek nie gedink het nie....