LIGTE: Rooi of Wit
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: LIGTE: Rooi of Wit
Stem saam. Die windjie waarvan ek praat is nou Noord dan Suid die hele kompas vol, nie net 90 grade nie en dan gewoonlik daarmee saam slegte topografie en ook as ek nie seker is waar hulle is nie. Wat al gebeur het is dat ek sit uit vir sekere windrigting of rigtings en dan draai hy so dat dit 'n gemors sal afgee as iets sou inkom. Ek dink met meeste van die goed moet ou partykeer bietjie op jou voete kan dink en die voor en nadele opweeg. Partykeer weet jy jy moes liewer 'n beter aand gekies het.
-
Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: LIGTE: Rooi of Wit
Dankie julle ouens vir die bevestiging.
Doen die ding nog al die pad met wit dimmer. Ek het al so paar keer gedreig om maar tog 'n filter by te koop, sopas "closure" gekry. Dit gaan ook maar oor die ou agter die lig. Ek sal die geld wat ek gespaar het bysit vir daai stand-by dimmer.

- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: LIGTE: Rooi of Wit
My 2c
As ek op n plaas moet skiet waar die boer self in die aande rondry met n wit lig, gebruik ek n filter om mee te soek, gebruik dan die wit lig slegs om mee te skiet, SOU EK NIE MET DIE ROOIE KAN SIEN NIE. Het al n jakkie of wat verloor toe ek met witlig en dimmer begin werk het, die oomblik wat hy in die wit lig kyk draai hy om en laat loop. Weet nie of van julle manne selle ondervinding het nie??? Laat ons hoor.
Francois

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: LIGTE: Rooi of Wit
Francois
Met my eie o? gesien dat die die teendeel ook waar is. Jakkie kom nader met witlig en draai weg sodra jy verander na rooilig. Ek het by die meesters geleer dat jy versigtig moet volhou waarmee jy besig is as jakkie inkom, anders ... Ek glo dit is waar vir klanke, stilbly periode of die kleur van die lens.
Louis

Goeie dade oortref goeie woorde.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: LIGTE: Rooi of Wit
Louis
Ek stem met jou, sodra hey gekomit is verander jy so min moontlik, dit is die beste raad.
Mooi bly

Abrie
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Wed Mar 27, 2013 11:33 am
Re: LIGTE: Rooi of Wit
Mense, ek sit en lees nou so deur die argiewe en kom toe op hierdie af wat vir my baie interresant is.
Ek het 'n LF 170 met dimmer op die geweer maar gebruik die LF 240 as hand lig om te soek(sonder dimmer), het die 240's vir springbok skiet en wil nie onnodig nog 'n 170 koop as ek nou klaar hierdie het nie. Elkgeval, ek voel altyd daai 240 is darrem erg skerp so gebruik hom met 'n rooi filter wanneer ek jakke soek, maar het ook al gehad dat hulle begin wye pad soek wind af kant toe wanneer ek oor skakel na die wit lig toe.
Dink julle dit sal meer effektief wees om dan maar sonder die filter te soek?