Schmidt&Bender teleskope?

Post Reply
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Schmidt&Bender teleskope?

Post by Lamtjop »

Hallo almal, hoe is S&B telescope se naverkope diens en hul waarborg hier in SA. As n man oplees oor S&B is hul opties baie goed (Swaro?Zeiss) en opinies oor hulle gebruik baie woorde soos bullet proof/bom proof. Ek weet hul PM2 reeks is Bittergoed maar is hul gewone Klassik en Zenith reeks ook so "bom proof". Indien daar S&B eienaars is met n opinie sal ek dit waardeer. Groete Tjops
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13531
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by Capt. Yoda »

Ek het nog net van een Klassik gehoor wat n pyn gehad het maar hy is dadelik om geruil, dit was wel n maand of 2 na hy gekoop was so is nie seker hoe dit werk as hy n paar jaar oud is nie maar ek glo nie daar sal te veel moeilikheid wees nie. As jy n scope in gedagte het hoor bq by G&G oor n soortgelyke March scope ook
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 562
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by Dumbluck »

Ek hou die een dop, het 'n PM II 5-25x56 onlangs gekoop en die lisensie vir die geweer is nog nie eers goedgekeur nie :/

S&O is agente maar ek het nog nêrens raakgelees van enige naverkoopdiens ondervinding nie. Ek hoop maar dis omdat hulle nie breek nie. Ek is wel nuuskierig waarheen hy sal moet gaan om na gekyk te word as iets wel fout gaan.
Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by Sako75 »

Ek het 'n KLOMP Schmidt & Benders van nuut tot oor die 20 jaar oud en het nog nie 'n probleem met een van hulle gehad nie.

Ek sien en gebruik hulle meer as 'n delikate instrument eerder as iets wat bom bestand behoort te wees. Maar hul reputasie oortuig my wel dat die teleskope "deliver" op wat van hulle verwag word. Hang seker af of mens 'n Wyllis jeep verwag of 'n Mercedes G klas.

Aan die een kant is die PMII reeks wat in klomp oorloee en wetstoepassing gebruik word en die Klassik en Zenith wat gerekende teleskope is op grootwildkalibers. Vir algemene jagdoeleindes op klein en medium kalibers is ek seker die teleskope is van die beste (as hulle in mens se smaak val - en almal se smaak verskil).

Rondom die naverkopediens is ek oortuig enige amptelike handelaar enige probleme (as daar is) paslik sal kan hanteer. http://www.schmidtundbender.de/en/find- ... frica.html. Ook Schmidt & Bender in Duitsland is baie toegangklik en hulle reageer binne 24 uur op enige eposse en met 'n plan.
User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 562
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by Dumbluck »

Sako75 wrote:Ek het 'n KLOMP Schmidt & Benders van nuut tot oor die 20 jaar oud en het nog nie 'n probleem met een van hulle gehad nie.

Ek sien en gebruik hulle meer as 'n delikate instrument eerder as iets wat bom bestand behoort te wees. Maar hul reputasie oortuig my wel dat die teleskope "deliver" op wat van hulle verwag word. Hang seker af of mens 'n Wyllis jeep verwag of 'n Mercedes G klas.

Aan die een kant is die PMII reeks wat in klomp oorloee en wetstoepassing gebruik word en die Klassik en Zenith wat gerekende teleskope is op grootwildkalibers. Vir algemene jagdoeleindes op klein en medium kalibers is ek seker die teleskope is van die beste (as hulle in mens se smaak val - en almal se smaak verskil).

Rondom die naverkopediens is ek oortuig enige amptelike handelaar enige probleme (as daar is) paslik sal kan hanteer. http://www.schmidtundbender.de/en/find- ... frica.html. Ook Schmidt & Bender in Duitsland is baie toegangklik en hulle reageer binne 24 uur op enige eposse en met 'n plan.
Baie dankie vir jou terugvoer Sako75, ek voel al hoe meer gerus ek het die regte besluit gemaak met my aankoop. Ek kan nie wag om hom te begin gebruik nie, hy gaan op 'n 308 Sako Varmint sodra die lisensie goedgekeur raak.
Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by Diesel Dog »

PM2 Schmidt&Bender is nie meer beskikbaar vir die Suid Afrikaanse mark nie ,jag teleskope sal nog beskikbaar wees.
Aldus die Groot winkel .

DD
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by twinhunter »

Ek het 'n S&B vir my .416 gekoop en slegs na 12 skote moes ek die scope terug gestuur het en moes toe 6 maande wag voor ek hom weer gekry het. Het seker nou alreeds weer so 10 skote deur en het 'n goeie idee dat die scope weer terug moet gaan.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by twinhunter »

Ek is nie baie gelukkig met die diens nie en het 'n storie gehoor dat dit in die toekoms maar gaan sukkel om die scopes terug te stuur en te laat herstel.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Doomslayer
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by Doomslayer »

Ek het weer 'n Schmidt Bender Exos op my .416 en het nog nie enige probleme ervaar nie.

My 3-12 Klassik op my .30-06 het al 1000plus koele gekyk.

My 4-16 PMII op my .260 is al verby sy eerste loop.

Vir my is daar nie beter nie - as ek kon het ek op al my gewere Schmidst Bender opgesit. My PMII kyk strate rondom my Kahles Competition K Series 6-24 x 56 wat self 'n gerekende scope is.
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by Diesel Dog »

twinhunter wrote:Ek het 'n S&B vir my .416 gekoop en slegs na 12 skote moes ek die scope terug gestuur het en moes toe 6 maande wag voor ek hom weer gekry het. Het seker nou alreeds weer so 10 skote deur en het 'n goeie idee dat die scope weer terug moet gaan.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ein kaput S&B!
Ehrlich mein freund, dass glaube ich nicht, es muss etwas anderes sein.
Deutsland uber alle.

DD
RV
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 273
Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by RV »

Jy kan maar enige tyd n S&B koop.Ek besit 12 en dit gaan nie daar stop nie.My oudste twee is al ouer as 30 jaar en nognet so helder soos die dag toe hul uit die fabriek gekom het.Ongelukkig gaan Duitsland nie meer uitvoer permitte uitreik vir die PM 2 reeks nie.
Ek het so 6 jaar terug n 8x56 teruggestuur om sy kruishaar te laat verander.Na drie maande was terug met n nuwe kruishaar en volledig gediens teen geen koste.Ek moes net die vervoer en versekering betaal.Onthou die scope was nie foutief nie.Ek wou net ander kruishaar in he.
Ek beskou dit nogal as goeie diens.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by Pappabeer »

Wat was fout met jou scope twinhunter?

Watse monterings was hy in en op watse aksie?
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by twinhunter »

Die scope het sulke fyn haarkies begin kry wat by die kruis gewys het en al hoe meer begin raak. Die ringe is Warne QD ringe en Morkel & Crouse het dit self opgesit. Dis geweer is op 'n CZ aksie gebou.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by Sako75 »

Oksidasie van die kruishare. Het dit al op heelwat ouer Kahles scopes gesien. Beslis nie die kaliber wat dit aan die scope doen nie as dit ooit dit is.
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Schmidt&Bender teleskope?

Post by twinhunter »

100% reg Sako,die scope is gemaak vir groot kalibers. Die scope het dan juis N2 in so dit is mos nie veronderstel on te gebeur nie. Die probleem vir my is rondom die naverkoop diens. Om 6 maande sonder 'n scope te sit is 'n lang tydperk en dit klink my die tydperk gaan nou na 8 maande se kant toe. Die oorspronklike vraag was hoe die naverkoop diens is en met my ondervinding is die antwoord nie wonders nie. Die scope hou ek baie van!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by Sako75 »

HAIRY RETICLE SYNDROME.

It's one defect common on european scopes, particularly KAHLES but PECAR as well and is found on the thick stadia or posts of the nickel steel reticle and is rust forming, it looks like tiny black hairs or jagged lumps growing on the edges of the thick reticle posts and look's pretty bad, it can be temporarily fixed with dis-assembly & cleaning but it will slowly & sometimes quite quickly re-occur in my experience if your using it in day/night temperature variations.

The only sure fix is glass reticle or a fine wire reticle, older european scopes are not nitrogen gas filled but carry natural air inside that contains a percentage of moisture depending on the day they were assembled.
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by twinhunter »

Dankie Sako,dis nou glad nie goeie nuus vir my nie want die scope het nog nie eens 30 skote nie. Dis die Zenith 1.1-4 vergroting en ek het die scope verlede jaar gekry.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by Pappabeer »

Twinhunter, stuur asb jou sel nommer. Ek sal graag wil hoor hoe jou setup met die ringe op die CZ Magnum aksie gewerk het. Ek het nou n paar teegekom waar die twee receiver vierkant brue nie mooi flush is nie, met n gevolg dat die gewere te laag skiet. Ek vermoed daar is ook onnodige stremming op die buis, wat die scope sal beskadig. Ek het dit met my ZKK602 .458 Lott oorgekom met verskeie Zeiss teleskope, sowel as verskye ringe, beide 30 en 25mm.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
LDV
Full Member
Full Member
Posts: 169
Joined: Sun Jul 06, 2014 12:52 pm

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by LDV »

Lamtjop jammer oor die highjack
Manne help gou met waarde van die scope? Het R13000 betaal.

Klassik 2.5-10 ir met a7 kruishaar
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/2016080 ... 55e87f.jpg[/IMG][IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/2016080 ... 9ab394.jpg[/IMG]
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by Sako75 »

LDV,
As jy wil verkoop, ek stel beslis belang.
nul agt drie 785 2857
Last edited by Sako75 on Mon Aug 01, 2016 3:35 pm, edited 1 time in total.
LDV
Full Member
Full Member
Posts: 169
Joined: Sun Jul 06, 2014 12:52 pm

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by LDV »

Sako nee het nou net gekoop vir my 223 bruno vir bakkie en nagskiet geweer.
Wil maar net hoor of ek teveel of te min betaal het
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Schmidt&Bender teleskope?

Post by Sako75 »

Jammer LDV, raak ek trigger happy nog voor ek die vraag klaar gelees het.
R13,000 is billik.
Post Reply