Ek gebruik tans 'n 0MOA rail op my Howa saam met 'n stel Burris XTR Low mounts. Met die kombinasie verloor ek maar redelik verstelling op my teleskoop. Ek het maar net 18MOA verstelling oor in elevasie met die teleskoop op 100m gezero.
Die week besluit ek om die XTR ringe met Burris Signature Zee ringe te vervang. Die ringe het die los "offset" ringe binne in wat toelaat dat die teleskoop belyning binne die ringe reggestel kan word sonder snaakse shims ens. Soortgelyk aan Lynx se Multimax ringe.
Die "offset inserts" wat saam met die ringe kom is twee 10thou stelle. Om een of ander rede nommer Lynx hulle inserts as 10 of 20MOA. Ek wonder net hoe hulle dit so kan nommer en die hoeke waarborg as meeste gewere se teleskoop monterings nie ewe vêr uit mekaar sit nie. Met Burris se benamings van die ring mates kan mens darem met 'n bietjie wiskunde 'n redelike idee kry van watter hoeveelheid MOA hoek jy die teleskoop teen kan monteer.
Ek het 'n klein Excel spreadsheat opgestel wat die wiskunde effe makliker maak veral as jy 'n rail op jou geweer het. Met 'n rail wat vir jou 'n heel paar monterings afstande bied deur die ringe in verskillende gleuwe te pas, kan mens dan ook tesame met die kombinasie van "offset inserts" dan redelik die teleskoop hoek aanpas vir jou doel.
Volgens my wiskunde kon ek dus met -10 thou voor en +10thou agter en 8 slots uitmekaar, 'n berekende hoek van 22MOA kry. So as die berekening naastenby reg is en ek dan 22MOA saam met die ou 18MOA verstelling kan bykry, los dit my darem nou met 40MOA verstelling.
Toevallig ook het ek 'n 0.6mm hoogte verskil tussen die XTR Low en Signature Zee Medium ringe. Dit is die Mediums wat effe laer is as die Lows snaaks genoeg.
Ek reken as jy reeds 'n 20MOA rail gebruik en graag nog so paar MOA verstelling kort, kan die ringe jou dalk net daar bring waar jy wil wees.
Handige ringe Burris Signature Zee
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Handige ringe Burris Signature Zee
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jannie Welman
- Ben
- Hero Member

- Posts: 908
- Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
Re: Handige ringe Burris Signature Zee
Great ringe!
Ek gebreuk ook die Zee Ringe op my geweer nou. Ek is baie gelukkig en die inserts hou die scope baie mooi vas.
Ek gebreuk ook die Zee Ringe op my geweer nou. Ek is baie gelukkig en die inserts hou die scope baie mooi vas.
"Failure is NOT an Option"
- WitWillem (Charl)
- Sr. Member

- Posts: 416
- Joined: Fri Jul 06, 2012 3:42 pm
Re: Handige ringe Burris Signature Zee
Daai is nou netjies uitgewerk!
- NJ_v_N
- Full Member

- Posts: 199
- Joined: Fri Jul 18, 2014 4:26 am
Re: Handige ringe Burris Signature Zee
Ja, die ringe werk rerig goed het n nikon gehad wat oor relatief min interne verstelling beskik het. Saam met dit dink ek die dovetails op die CZ was effe skeef gesny.
Punt is ek kon nie eers op 300m kom met die kombinasie nie. Met die ringe het ek maklik 500 gemaak.
Dan beskerm die plastiek nog jou teleskoop se buis ook.
Punt is ek kon nie eers op 300m kom met die kombinasie nie. Met die ringe het ek maklik 500 gemaak.
Dan beskerm die plastiek nog jou teleskoop se buis ook.
30-06AI Lyttelton RSA
308Win Lyttelton RSA
270Win CZ 550 (9.3x62 in wording)
222Rem Brno Fox
22LR Brno mod2
9mm Sig P250 FS
308Win Lyttelton RSA
270Win CZ 550 (9.3x62 in wording)
222Rem Brno Fox
22LR Brno mod2
9mm Sig P250 FS
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Handige ringe Burris Signature Zee
Indien enige iemand die Excel document wil hê wat die MOA hoek vir jou uitwerk vir die Burris ringe, kan julle my PM met julle e-pos addresse , dan stuur ek dit aan.
Indien die moderators dalk kan help , kan ons dit hier ook plaas.
Indien die moderators dalk kan help , kan ons dit hier ook plaas.
Jannie Welman
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Handige ringe Burris Signature Zee
Jannie, as jy die Excel dokkie in 'n zip leër aflaai, kan jy daardie leër hier oplaai.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Handige ringe Burris Signature Zee
Daarshy, baie dankie. Nou weer nie verder gedink nie. Ek heg dit vir julle aan in .zip format.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jannie Welman
- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Handige ringe Burris Signature Zee
Dammit dit is nou nice. EK sit tans sonder 'n 20 MOA rail op 820m moet nog 'n plan maak voor die 7 NOv Xsssa dag.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Handige ringe Burris Signature Zee
Ek kon darem vandag die geweer gaan inskiet met die nuwe monterings. Op ou end toe 23MOA bygekry. Sit nou met 37MOA tot dood stop. Sal dit vir veiligheid 36 maak. Dus tans kan ek tot amper 1000m stel.
Jannie Welman