oos kaap vlekkies

Post Reply
vossie
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Fri May 06, 2011 8:38 pm

oos kaap vlekkies

Post by vossie »

More

Het in augustus n dragtige teef geskiet,sien toe laas week weer n jakkals in kamp net langsaan toe ons vee inbring.ry vanoggend 3 uur van huis af na plek wat ek weet in kerngebied van daai jakkalse is.kom half 5 op staan plek.speel jakkals huil,jakkals antwoord toe so 1 km onder my in kloof waar ek vorige jare al neste gekry het.speel kos en baklei na 10 min.so 15 min later skiet ek teef,gaan toe aan met kos en na nog 10 min kom reun ook vinag in.koors kry my toe beet en ek kwes 2de jakkals.vermoed voorbeen is af of laag deur die pens.die teef was baie naby aan die teel gate van vorige jare toe sy my eerste keer geantwoord het.sy het nog baie melk so dink jul kleintjies sal al buite sit.die gate is naby aan die pad maar is so tesun pruimbome so daar is nie vreeslik baie spasie.wil graag hoor hoe jul nou verder sal maak en sal reun gate toe kom al het hy n knou weg?

Ook interresant dat twee tewe dragtig was so naby aan mekaar,altwee tewe was so 2 na 3 jaar oud,tande het nog riffels op.

Enige raad sal baie waardeer word
Groete vossie
Post Reply