RETICLES ? ? ? ?

Post Reply
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

RETICLES ? ? ? ?

Post by Sangoma (IAN) »

Kom ons gesels reticles in Second Focal Plane scopes.

Wat dink julle manne van BDC, SA Jagters, Kersfees bome, Palm bome en jou skoonma se besemstok reticles?

Ek dink persoonlik is dit mar n foefie...

Want jy moet net op n sekere vergroting skiet sodat dit van toepassing is? En elke man wat self laai se spoed verskil mos? Ekt vooreen genoem dat n ou gewoonlik op die skietbaan op n baie hoer vergroting skiet as in die bos op n jag trip. Beteken al jou strepies en kolletjies en takkies is mos nie van toepassing nie?

Check die ding!


Slim manne kom in asb
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: RETICLES ? ? ? ?

Post by cassie_calvinia »

ek voel 2 0f 3 afmik merkies is genoeg.
en, jy weet mos hoe ver jy gaan skiet, op waste vergroting. dan kyk jy maar waar val waste skoot.
verder as 400m sal ek maar dail.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: RETICLES ? ? ? ?

Post by Riaan Kriel »

Persoonlik hou ek van 'n "skoon" recticle. Ek wil darem die teiken ook kan sien. Goeie recticles soos mildots of MOAR-T gee heelwat nuttige hulp maar die voorbeeld hierbo is so "bietjie besig" na my smaak. Netso met verligte kruishare. Indien die kolletjie of klein kruisie verlig is, is dit heel handig, So iets soos jou voorbeeld wat ten volle verlig is maak dit ook weer moeilik...... My 10c opinie ;)
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: RETICLES ? ? ? ?

Post by Piet Pille »

Nee o hel, daai lyk soos 'n meetkunde vraestel!

Afmikmerkies saam met balistiese program werk egter baie nice.

Ek het 2 scopes met die #43 (Zeiss se mildot ret) en saam met strelokPro werk hy bitter maklik op enige vergroting. Jy sit net die vergroting en loodregte windsnelheid in en hy wys presies hoe die afmikkolletjies korrespondeer.




(P.S. Ek sien nou eers jy vra die slim manne se opinie- sorry, moes in daai geval nie reply het nie :-[ )
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: RETICLES ? ? ? ?

Post by Capt. Yoda »

My scopes se ret is op 20x gekalibreer of wat jy dit noem en dit is waarop ek skiet, ek stel nie vir wind as ek tyken skiet nie so daar werk my blare op my kersfees boom lekker.As ek ver le en vir varke wag sal ek gewoonlik n paar plekke range en en dan weet ek hoeveel takke om op my kersfees boom af te mik as hulle daar uit kom.Ek hou baie van n Moa tiepe kruis maar die kol in die middel moet baie klein wees, daai Horus tiepe ret is n bq wild vir my
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: RETICLES ? ? ? ?

Post by Mellies »

Ek gebruik die BRH. Nooit gedink dit gaan so lekker werk nie. Die app met al jou info wys alles mooi.

Ekt kolganse tot kudus (400m) en gongs (550m) raak gebewe. Selfs met die merkies in die wind was ek suksesvol.

Met n vleisie...
User avatar
Steppenwolf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm

Re: RETICLES ? ? ? ?

Post by Steppenwolf »

FFP rocks! Ek sal nie weer SFF koop nie. Jag, teiken maak nie saak nie.
"the more I practice, the luckier I get'
archer
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 60
Joined: Fri Sep 20, 2013 12:43 pm

Re: RETICLES ? ? ? ?

Post by archer »

Agree FFP rock will never go back to sfp, I really like the EBR 2-C reticle.
User avatar
JGZ
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Fri Dec 12, 2014 11:04 am

Re: RETICLES ? ? ? ?

Post by JGZ »

Sal nooit weer iets anders as FFP skiet nie. Ek skiet met n H59 reticle en dit is bederf. Mil die ghongs darem net te lekker. Dial vir die afstand, holdover vir die wind.
------------------------------------------------------------------------------------------------------
Glock 17 Gen 4 9mm; Glock 43 Gen 4 9mm; Daniel Defense MK12 5.56; Tikka T3x 243 AI; CZ457 Varmint 22lr
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: RETICLES ? ? ? ?

Post by FHM »

Hier is n paar interressante reticles wat ek op Leopold se werf gesien het wat ek graag wil deel met julle.
Sommige van die goed is rocket science x E=MC2!!!

Ek skiet maar die Varmint Hunter reticle - werk vir my al 5 jaar!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: RETICLES ? ? ? ?

Post by FHM »

Hier is nog n paar...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: RETICLES ? ? ? ?

Post by FHM »

En nog n paar
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: RETICLES ? ? ? ?

Post by FHM »

amper klaar... ;)
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: RETICLES ? ? ? ?

Post by Capt. Yoda »

Daai laaste een lyk soos n Wildtrack se dash
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: RETICLES ? ? ? ?

Post by Piet Breedt »

Ek het 2 x Nightforce ATACR FFP scopes met MOA kruishare. Die grootste voordeel wat hulle my bied op die baan en veral by die veldskiete, is dat die wind afmerkings, sowel as my afmerkings om gonge se afstande te skat dieselfde bly, ongeag op watter vergroting jy hom gestel het. As daar kwaai mirage is, en jou kalibrasie op n 2nd FP is op 20 gedoen, kou jy klippe omdat jy nie kan afstel in vergroting om die mirage te vermy. Met die FFP scope, draai jy af tot die mirage hanteerbaar is, en al jou afmikpunte bly nogsteeds korrek.

Dit werk regtig baie lekker. Ek dink nie ek sal weer n 2nd FP scope gebruik vir veldskiet of baanskiet nie.
Post Reply