Waar gaan die pryse heen...??? Leopold VX3 4.5 14 x 40mm

Post Reply
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Waar gaan die pryse heen...??? Leopold VX3 4.5 14 x 40mm

Post by FHM »

Ek het 5 jaar terug vir my die scope gekoop vir my 0-kwes en N$ (R) 5800 betaal.
Ek sien per toeval op Leopold se werf dieselfde scope met 'varmint' kruishaar gaan nou vir U$ 814.
Dis N$ (R) 10431...genugtig! :):

Lyk my mens moet so 20 lekker scopes koop en hou vir n paar jaar en verkoop - belegging fook weet!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Henry
Full Member
Full Member
Posts: 137
Joined: Mon Jun 22, 2015 12:47 pm

Re: Waar gaan die pryse heen...??? Leopold VX3 4.5 14 x 40mm

Post by Henry »

Nou verstaan julle hoekom dit moeilik is om te spaar. Soms maak dit nie sin nie, want by die tyd dat jy genoeg gespaar het om 'n ding te koop, is die ding heelwat duurder as jou spaargeld plus die patetiese rente wat opgeloop het
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Waar gaan die pryse heen...??? Leopold VX3 4.5 14 x 40mm

Post by win270 »

En nou verstaan julle ook wat aangaan met ons Rand se waarde die afgelope klompie jare . . . Verskeie faktore binne-in SA laat buitelandse vertroue taan teen 'n tempo wat skrik vir niks.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Waar gaan die pryse heen...??? Leopold VX3 4.5 14 x 40mm

Post by Hein22 »

Nie te lank terug nie kon mens 'n scope soos 'n PST vir onder 10k koop, nou gaan hulle al hier by die 17k. As dinge so gaan aangaan gaan ek sukkel om hierdie sport te bly beoefen, ek sien juis hulle voorspel die rand gaan nog heelwat verswak.

Teen 7km per liter is dit ook nie meer goedkoop om met my bakkie rond te ry nie. :'(
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Waar gaan die pryse heen...??? Leopold VX3 4.5 14 x 40mm

Post by Louis Kriel »

Shop rond. Ek het al baaie Leupolds hier gekoop.

Leupold 4.5-14x40 VX-3 Riflescope
$699.95

http://swfa.com/Leupold-45-14x40-VX-3-R ... 12691.aspx
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Waar gaan die pryse heen...??? Leopold VX3 4.5 14 x 40mm

Post by win270 »

Shop rond, net nie met Hein se bakkie nie!!

;)
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Waar gaan die pryse heen...??? Leopold VX3 4.5 14 x 40mm

Post by Hein22 »

;D ;D ;D
User avatar
Morne Van Der Merwe
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm

Re: Waar gaan die pryse heen...??? Leopold VX3 4.5 14 x 40mm

Post by Morne Van Der Merwe »

Louis Kriel wrote:Shop rond. Ek het al baaie Leupolds hier gekoop.

Leupold 4.5-14x40 VX-3 Riflescope
$699.95

http://swfa.com/Leupold-45-14x40-VX-3-R ... 12691.aspx
Middag,

Ek na webwerf gekyk, goeie pryse.
Maar ek sien hul vat nie oorsese bestellings nie.
Of ek iets verkeerd gedoen?

Groete
Morne
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
PietBe
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Tue Apr 22, 2014 6:14 am

Re: Waar gaan die pryse heen...??? Leopold VX3 4.5 14 x 40mm

Post by PietBe »

Geweer teleskope is die nuwe beste belegging. Pryse styg ongelooflik veral die van Europese lande
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 619
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Waar gaan die pryse heen...??? Leopold VX3 4.5 14 x 40mm

Post by Johan van Wyk »

Ongelukkig gaan hierdie tipe van ding vir ons die norm word as gevolg van die Rand wat verswak. Bykans enige ding wat ingevoer word is aan presies dieselfde eskalasie-faktor onderhewig. Dis dus `n uitstekende idee om soveel as moontlik voorraad op te bou vir die maer jare wat vir seker net om die draai is.

Benewens teleskope, koeels, slagdoppe en ander verbruikersitems is ek nogal besorgd oor die prys van haelgeweer ammunisie. Ek skiet redelik 12-boor en dis besig om duur te raak om gereeld kleie en duiwe te gaan skiet. Daar is tans `n hele klompie "specials" aan die gang op 12-boor ammunisie en ek reken mens moet maar `n kassie of drie gaan koop, veral so met die een oog op die Rand. Sover ek weet betaal almal wat haelgeweer ammunisie invoer daarvoor in Euro, so elke keer wat die Rand teen daardie geldeenheid gly kos daai oranje klei mens nog so paar ekstra pennies...
User avatar
Jaco V
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm

Re: Waar gaan die pryse heen...??? Leopold VX3 4.5 14 x 40mm

Post by Jaco V »

:laugh: :laugh: :laugh:

Kom ek begin deur te se "Ek haat skuld" maar dink so daaraan, as jy 2 jaar gelede vir jou NXS op Skuld met jou kredietkaart gekoop het teen 20% rente per jaar oor die 2 jaar sou jy vandag beter af gewees het as om 2 jaar gelede te begin spaar het en hom nou probeer kontant koop het. :): :):

Sulke goed vang my.....en maak my moedeloos :-[

PS. Hierdie is voorbeeld ter illustrasie van die "trend" nie gebaseer op werklike waardes nie.
Groete
Jaco

CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Waar gaan die pryse heen...??? Leopold VX3 4.5 14 x 40mm

Post by Louis Kriel »

Morne Van Der Merwe wrote:
Louis Kriel wrote:Shop rond. Ek het al baaie Leupolds hier gekoop.

Leupold 4.5-14x40 VX-3 Riflescope
$699.95

http://swfa.com/Leupold-45-14x40-VX-3-R ... 12691.aspx
Middag,

Ek na webwerf gekyk, goeie pryse.
Maar ek sien hul vat nie oorsese bestellings nie.
Of ek iets verkeerd gedoen?

Groete
Morne
Yes Morne

My suster bly in Amerika. Ek het dit na haar adres in Florida laat pos en sy het aangestuur, 2 keer self in die pos gegooi en 2 keer met vriendinne wat gaan kuier het saamgestuur. Dit het egter die laaste paar jaar baie moeilik geraak. Sy sit juis nog met hierdie scopie vir my 375, wat sy te bang is om te pos.

https://scontent-lhr3-1.xx.fbcdn.net/hphotos-xpt1/v/t1.0-9/10959460_10152696247526235_5251039882443292333_n.jpg?oh=d26b2ea9a1ba314ffef7fd5eeee7a1d2&oe=567236BD
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Waar gaan die pryse heen...??? Leopold VX3 4.5 14 x 40mm

Post by Capt. Yoda »

As julle manne dink scopes is n belegging wat van koels? EK het laasjaar 95gr BT's gekoop vir R185/50 hul kos nou seker bq minder as 10maande later R350/50 as jy kan kry. Sierras het in minder as n jaar van R450/100 na amper R900/100 gegaan en ek dink sodra Hornady land gaan ons begin tyre weights by Checkers se parkeer area vas le om koels te maak. Berger se prys hou dam nog maar ek glo sodra die nuwe besendings in kom gaan die rand ons ook weer vang, gelukkig sit ek met n taamlike belegging op my portfolio :)
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1842
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Waar gaan die pryse heen...??? Leopold VX3 4.5 14 x 40mm

Post by LoopSoosStroop »

Jip, binnekort moet ons maar Peregrine koop.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Post Reply