'n Boer, Piet was in 'n motor ongeluk.
In die hof , is die vervoermaatskappy se hot shot prokureur besig om hom te ondervra:
Het jy, op die ongelukstoneel, ges?: "Ek's orraait!" vra die prokureur.
Piet: "Wel, kom ek vertel jou wat gebeur het. Ek het net my gunsteling koei, Bessie, op die sleepwa gelaai en......"
Die Prokureur val hom in die rede: "Ek vra nie vir detail nie, antwoord net die vraag. Het jy, op die ongelukstoneel
ges?: "Eks orraait!" Ja of nee?"
Piet: "Wel, ek het net vir Bessie op die sleepwa gehad en ek was skaars op die pad......"
Die Prokureur val hom weer in die rede en s? aan die regter: "Edelagbare, ek probeer
net die feit vasstel, dat hierdie man, by die ongelukstoneel, aan die verkeersman ges? het
dat hy oraait is. Nou probeer hy my kli?nt dagvaar. Ek glo vas hy is 'n bedrie?r. S? asb vir
hom hy moet net die vraag beantwoord."
Teen hierdie tyd is die regter al redelik geintresseerd in Piet se storie oor Bessie, en
s? vir die prokureur: "Ek wil graag sy storie oor die koei hoor".
Ou Piet bedank die regter en gaan voort met sy storie. "Wel, soos ek ges? het, ek het
net vir Bessie op die sleepwa gelaai en was op die pad toe daar skielik 'n moerse trok van
die kant af kom, 'n stop straat skip en my bakkie en sleepwa in hulle moer in ry.
Ek is eenkant toe gegooi in 'n sloot en Bessie anderkant toe in 'n ander sloot.
Ek was seer, nogal erg seer en wou nie beweeg nie. In elk geval, ek het toe vir Bessie
gehoor kerm en ek het geweet sy is in erge pyn, net deur te luister na haar kreune.
Nou, net na die ongeluk, kom daar 'n spietkop op die toneel aan en hy het ook Bessie se
gekerm gehoor, so hy het toe nader aan haar gegaan. Nadat hy na haar gekyk het en die
toestand gesien het waarin sy was, het hy sy pistool uitgetrek en haar tussen die o? geskiet."
Toe kom die spietkop oor die pad na my kant toe, sy pistool nog steeds in sy hand, en hy vra:
"Hoe voel jy?"
"Nou vertel vir my, meneer prokureur, wat de F@K sou jy vir hom ges? het?"
'n Boer, Piet was in 'n motor ongeluk.
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
'n Boer, Piet was in 'n motor ongeluk.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- foxripper
- Sr. Member

- Posts: 440
- Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm
- Witpietskiet
- Hero Member

- Posts: 762
- Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

