Besluit om te skiet?
-
snowy
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Sun Jan 04, 2015 10:38 am
Besluit om te skiet?
Volmaan kom die stel bokant die wind in op enkel jakkals en antwoord eers toe springhaas geroep word. Teef hardloop tot by roeper maar reun hang terug op 300 m afstand. Ek het toe nie 'n keuse om die ou dragtige teef eerste te skiet nie. My geweer is op 220 m gezero. My vraag is: Sal julle 'n kans vat op die reun op 300 m? Hy wil egter nie 'n dwars skoot gee nie en daai borsie is maar klein op 300 m. Dit is ook nie die eerste keer wat een jakkals besluit om terug te hang nie en ek het al te veel mis geskiet op 300 m.
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Besluit om te skiet?
"ek het al te veel mis geskiet op 300 m"
Ek dink daars jou antwoord
Ek dink daars jou antwoord
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
- JohanvanZyl
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am
Re: Besluit om te skiet?
vertel bietjie hoekom jou geweer op 220 gezero is??
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
-
snowy
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Sun Jan 04, 2015 10:38 am
Re: Besluit om te skiet?
Dit is 'n .243 sako met 70 gr nosler ballistic tip varminter punte , wat 45.5 gr gelaai is. Hy val so 6 duim na 300 m. Die rede is reeds om daai skelm jakke wat so op 300 m gaan staan, jou vir 10 sekondes uitkyk en dan omdraai en wegdraf ook te laat bakkie ry.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Besluit om te skiet?
As jy hom dan aspris so gestel het vir daardie 300m skoot, waarom die weifeling om die lood te gooi. Vat hom op die snoet en jy moet iewers vleis raak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: Besluit om te skiet?
Ek sal hom ook gooi
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Besluit om te skiet?
300m Frontal skoot is makliker vir my as 300m broadside.Uit n goeie skiet stoel uit met n 220m zero is daai skoot aan.Man moet passop vir die wind.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
-
rikus
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Sun Mar 03, 2013 3:20 pm
Re: Besluit om te skiet?
G-force
dit hang alles af hoe jy voel as jy voel die skoot is nie aan nie los dan
ontdou die geweer kan daar skiet maar as die skoot nie aan is nie gan jy ook nie daar uit kom nie
Nie dat ek se jy kanni daar skiet nie

- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Besluit om te skiet?
Goed, beter, 6millimeter!
- djdppolo
- Newbie

- Posts: 42
- Joined: Thu May 21, 2015 7:07 am
Re: Besluit om te skiet?
Geno, op wat is jou geweer gezero?
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Besluit om te skiet?
Dis so,ons het al redelik jakkalse op daai afstand en verder gerol,soos man kan sien in Geno se vid.rikus wrote:G-force
dit hang alles af hoe jy voel as jy voel die skoot is nie aan nie los dan
ontdou die geweer kan daar skiet maar as die skoot nie aan is nie gan jy ook nie daar uit kom nie
Nie dat ek se jy kanni daar skiet nie
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
-
Pieter
- Sr. Member

- Posts: 479
- Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am
Re: Besluit om te skiet?
Dit hang alles in die vertroue van jouself af, en die akkuraatheid van die geweer, as jy nie twyfel nie, looi hom, as jy twyfel, los dit, probeer hom op 'n ander tyd/manier nader kry.
Groetnis
Groetnis
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: Besluit om te skiet?
Sneeu
Eerstens admireer ek jou vir jou getuienis van jou twyfeling in jou vermoë op 300m. Ongelukkig is 300m, en wil nie nader kom nie, 'n karoo-jakkals ding wat juis kom van die feit dat hy nog een laaste keer wil sien of die haas met die .243 nou regtig 'n werklikheid is. Jou lig het hy nou klaar geleer en 'n roepery in die nabye toekoms sal hom dalk nie eers op 150m sy kop laat optel nie, hy bly eenvoudig net lê.
Sien dit nou so - as jy self boer (i.e dis een van jou eie honde) en jy twyfel aan 'n 300m skoot, sal ek die ekonomies belangrikste ding doen en iemand anders vir eers my jakke laat skiet om die huidige probleem vinnig aan te spreek. (Ysters moet ook nie misgekyk word nie) Oefen intussen hard met baie ammo in verskillende windtoestande tot jy sien jy is gereed om selfs verder te gaan as 350m en begin dan jou eie jakke klop. Dis net te duur om 'n fout te maak met 'n jakkals. As enige iets, toerusting of vermoë, jou weerhou om dit konstant 8 uit 10 keer te doen hou dan eerder by jou proffesionele man, dis by verre die goedkoopste.
As jy 'n ander man se jakke skiet sou ek ernstig daaraan dink om vir eers by die oefen te bly en nie my dienste te verkoop totdat ek die vermoë en behoorlike toerusting het nie. Deur daarmee te volhou maak jy jou foute op 'n ander man se rekening en miskien uit sy onkunde. (Sagkens bedonner)
Hier is beslis, soos jy kan sien, 'n heel paar manne wat die pap dik kan aanmaak as dit by vêrskiet in hanteerbare wind kom. Van hulle verstaan ook die verantwoordelikheid wat gepaard gaan met die jag van jakkalse en dis nie 'n trots ding nie, nee dis sommer 'n geld in die sak ding.
Ek hoop jy neem vir jou eie gemoedsrus die regte reeks/stel besluite.
Groete
JAS

"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
-
snowy
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Sun Jan 04, 2015 10:38 am
Re: Besluit om te skiet?
Dankie manne vir die raad. Ek reken ek sal hom so agt uit tien keer op 300 m klop. My ondervinding was ook dat die jakkals wat eers jou lig leer ken het en die skoot op die teef gehoor het, nie sommer weer ingeroep word nie - al was hy bokant die wind. Jason het ook gese as hy jou onder die wind geruik het en ook 'n lang skoot gee, kan jy ook maar skiet, want hy gee ook nie sommer weer 'n kans nie.
-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: Besluit om te skiet?
As jy op Geno se afstand met 'n platskieter gezero is en jy kan die lyf sien moet jy hom kan slaan.