BRNO ZKK600 / 30-06. Groepering met factory ammo?
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Middag vriende
Graag wil ek asseblief weer julle kennis en hulp vra vandag as julle so gaaf sal wees. Ek het vroeer die jaar n' BRNO ZKK600 in 30-06 kaliber gekoop wat in n' baie goeie kondisie is en wat baie min skote geskiet het. Tot op hede 110 skote. Ek was nie tervrede met sy groepering nie en het nou na die jag seisoen hom gevat na n' geweersmit wat vir my sy set trigger uitgehaal het en sy oorspronklike sneller wat ek ook saam gekry het ingesit en bietjie mooi gepolis of afgewerk het. Daarmee is ek baie tevrede die sneller breek nou lig jare beter. Ek het ook gevra dat die geweersmit kyk en wat ook al se bedding hy moet doen moet gedoen word, want ek is nie tervrede met die geweer se groepering nie. Waarop die geweersmit my so plus minus n' kwotasie gegee het om die bedding te doen. Vandag het ek die geweer gaan haal. Die bedrag was so bietjie minder as aanvanklik aan my gese was, waarop ek toe nou begin uitvra wat als gedoen was. Vir my is daar toe gese nee daar was nie bedding gedoen nie, dit was nie nodig nie, net druk punte was weg gevat. So vra ek of daar baie druk punte was, toe is sy andwoord hy het einlik die geweer druk punte gegee. My volgende vraag was het hulle die geweer geskiet, daar was toe net vir my gese hy sal nou reg wees.
So het ek die geweer netnou weer gou in die tonnel gaan skiet en nou is die groeperings nog slegter.dis maklik 80mm groeperings en rond en bond. Nou wil ek by julle hoor, watse groepering sal aanvaarbaar wees as ek met hierdie geweer skiet op 100. En met factory pmp 150 of 180gr patrone. Want ek is nou baie teleurgesteld. Wie het nog so BRNO en watse groepe skiet julle manne? En watse bebedding het julle gedoen. Ek luitser graag

BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13532
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: BRNO ZKK600 / 30-06. Groepering met factory ammo?
Is die skroewe mooi vas? My Pa se musgrave het so na n "bedding" job ewe skielik net begin rond skiet, na die scope en alles weg gestuur is het ek die kolf af gehaal om te sien wat binne aan gaan toe was die agterste skroef heel los. As die geweer altyd voor die werk goed geskiet het met die pmp ammo sou ek na n ander fout as die patrone soek
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: BRNO ZKK600 / 30-06. Groepering met factory ammo?
Dankie Captain, ek sal more gou bietjie loer na die skroewe. Maar mens verwag mos nou as n' bekende geweersmit aan jou geweer gewerk het moet als mos reg vas wees en getoets wees. Dink ek moet more oggend maar die geweer terug vat en dan vra hulle moet vir my dan bewys die geweer skiet reg
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
-
zipp
- Full Member

- Posts: 117
- Joined: Tue May 14, 2013 9:03 pm
Re: BRNO ZKK600 / 30-06. Groepering met factory ammo?
Ek het n ZKK 600 30-06 wat <20 mm groepeerings skiet met 150gr PMP Bruin boks. Hy was in die kolf vasgebed, ons kon hom nie loskry nie, so ek weet nie hoe hy gebed is nie!. Nie alle geweere hou ewe veel van alle fabieks ammo nie. My 270 skiet 13mm groepeerings met my handladings maar 50mm+ met PMP.
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: BRNO ZKK600 / 30-06. Groepering met factory ammo?
Dankie vir jou terugvoering Zipp, ek sal bietjie vanoggend n' ander geweersmit bel en bietjjie met hom ook gesels voordat ek n' besluit maak om my geweer weer terug te vat
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: BRNO ZKK600 / 30-06. Groepering met factory ammo?
Hulle het moontlik ook jou ringe van scope losgemaak, kyk maar of jou scope ook mooi vas is. Al is dit fabrieks ammo is die groepering steeds te swak.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
-
DJC
- Full Member

- Posts: 121
- Joined: Thu Dec 05, 2013 4:34 pm
Re: BRNO ZKK600 / 30-06. Groepering met factory ammo?
Middag manne,
My doel is nie om Brandewyn Ratel se post te hijack nie, maar ek sien die een betrokke geweersmidt het vir hom gesê "hy het eintlik drukpunte vir die geweer gegee".
Ek dink ek was dalk by dieselfde geweersmidt in Bloem want hy het vir my ook gesê hy moet drukpunte vir my geweer maak in plaas daarvan om die loop te laat "free float". Dalk kan julle my help asb; moet 'n geweer se loop ingeboude-drukpunte he of moet hy nie aan die "kolf" raak nie? Hoekom sal die oom drukpunte vir die loop wil gee?
Dankie

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: BRNO ZKK600 / 30-06. Groepering met factory ammo?
Dagsê.
Ek sal jou probeer antwoord oor die drukpunte.
Vroeër jare was dit die regte ding om te doen met 'n dun loop jaggeweer toe daar meestal met winkel patrone geskiet is. Deur die drukpunte op die regte plek te plaas, kan jy die loop se "harmonics" so verander dat die geweer inderwaarheid beter groepeer. Jy het meestal een of twee skote op 'n teiken geskiet en die loop het nooit so warm geword dat dit die groepering nadelig beïnvloed het nie.
Deesdae herlaai baie van ons en Quick Load het ons van nodes geleer. Jy verander nou die ammunisie om by die wapen aan te pas en nie andersom nie.
Die regte lading met die regte gewig koeël vir die wapen se groef draai verlang 'n swewende loop in die kolf.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
DJC
- Full Member

- Posts: 121
- Joined: Thu Dec 05, 2013 4:34 pm
Re: BRNO ZKK600 / 30-06. Groepering met factory ammo?
Baie dankie, nou weet ek ook.....en ek dag die oom is half kranksinnig 
- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: BRNO ZKK600 / 30-06. Groepering met factory ammo?
Wat Gawie sê het ek ook al gehoor (drukpunte byvoeg).
Ek sou ook sê maak seker AL die skroewe is styf vas.
Probeer dalk ook n 2de fabrikaat se amminusie.
Indien dit nie verbeter sou ek hom maar terug vat, dalk na n ander geweer smid.

Groete
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
- dsmerrills
- Sr. Member

- Posts: 250
- Joined: Sun Jan 05, 2014 1:04 pm
Re: BRNO ZKK600 / 30-06. Groepering met factory ammo?
On the Brno Zkk actions there is a metal pressure point on the inside of the stock above the fore end screw area, I have removed them on all my Zkk actions when I sent them in for bedding they are not necessary and I have never had a problem with grouping. I would suggest as everyone els has to check all your screws and make sure they are torqued correctly and not just tight in terms of a normal screwdriver! And thing you could check is if you remove the barreled action from the stock and check the bedding for any rubbing of the bedding if no rubbing take to another gunsmith to recheck what I have mentioned above!
Glock 19 Gen 4
Brno .22LR
Brno .308Win
Brno .375H&H
Custom .404 Jeffrey
Brno .22LR
Brno .308Win
Brno .375H&H
Custom .404 Jeffrey