Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ons het nou datums, plek behoort nie 'n probleem te wees nie.
Laat waai met die besprekings? Julle kan my PM of 'n lui gee asseblief. Gee my ook 'n aanduiding watter omgewing julle sal pas en die manne wat alreeds 'n kursus bygewoon het.
So paar versoeke rondom die relings
1. Ek wil vra dat ons die ete die middag 'n bring en braai maak? Ek sal die hout verskaf en vir ons braai as ons nie 80 is nie.
2. Onthou om so ekstra kontantjie te bring om CD's, DVD's en die E-boek te koop vir die manne wat dit nog nie het nie.
3. Bring vir julle stoele saam asook drinkgoed en iets om aantekeninge in te maak.
4. As daar manne is wat wil oorslaap laat my ook weet dat ek daarvoor ook relings kan tref?
Groete
Hein
Last edited by KSV on Thu Dec 02, 2010 4:00 pm, edited 1 time in total.
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein
Kimbley/ Douglas sal werk, maar Kuruman is darm ook nie van die aardbol af nie. 22jan of 5feb sal my pas, ek sal hoor hier by die ander manne en jou laat weet.
dankie
rooies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."
Naand aan almal
Ek sien nou eers die post , ek sal ook belang stel in die kursus, ek is van Jacobsdal . My laaste een was by Middelburg ek kort verseker weer n opskerp sessie. N mens leer elke keer iets niets wat jy die vorige keer nie gehoor het nie, of vergeet het . Laat weet maar naby Kimberley en omgewing sal reg wees. N mens is nooit te oud om te leer nie en volmaak nog minder met die ongediertes.
Hein sover kan jy my inreken dit hang net alles af van waar die kursus is. Dit sal my eerste wees en ek jag nie jakkals nie, maar wil graag die kursus doen dan kan ek ten minste beter saamgesels op die forum as ek weet wat julle manne van praat.
Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"
Die plek sal daar naby Lykso wees. Dis tussen Vryburg en Kuruman.
Die volgende manne het aangedui dat hulle belangstel.
Molophunter Jagbehep Armand
Blok en swaer se seuns? 168 Supremacy Steyn Rooies en vrinne Songdaug
Wessel Stefan
Jag en Kamp
As ek iemand uitgelaat het laat maar weet? Kry sulke dae wat ek nie baie wil onthou nie
Maak mooi!
Hein
Last edited by KSV on Tue Feb 01, 2011 1:25 pm, edited 1 time in total.
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein KSV
Dis eintlik sleg dat dit selfde datum is, maar ek het beplan vir die laaste naweek in Jauarie en toe kom die sa jagters skiet op clocolan uit as op daardie dag en was verplig om dit een week aan te skuif. Ek was n hele ruk weg van internet en het ook nie geweet watter datum vasgemaak is vir die GEVORDERDE KURSUS nie.
So na die Clocolan skiet datum uitgekom het, het ek mondelings met n klomp manne gereel dat ons dit een week uitstel.
Ek dink ook die Inleiding kursus sal die ouens lekker nuuskierig maak vir Hein se Gevorderde kursus. El beveel ook aan dat almal wat op die inleiding tot probleemdierjag kursus was en is defnitief nie die geleentheid moet mis om by Heinrich uit te kom vir die Gevorderde kursus nie.
As daar enigsins n gevoel is dat die twee nie selfde dag moet wees nie kan ek weer skuif dis regtig nie n probleem nie
Groete
Jacques
Glo nie daar sal moeilikheid wees as die twee saam loop nie. Ek dink in elk geval die manne gaan nie Soutpan toe ry nie maar sopaar locals van hierrond.
Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein, ek be-oog om die kursus by Jacques by te woon. dit is bloot net nader aan my en veral van my vriende wat ook wil gaan. miskien doen ek die gevorderde kursus by jou.
Dankie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Jong dit lyk maar swak op die oomblik. Van die 160 is daar nou net 4 oor en ons moet 'n minimum van 8 wees.
Sal gou vanaand met Oom Heindrich praat en hoor vir 'n ander datum. Daar is ouens van naby Koopmansfontein wat wil kom maar hulle kan nie die naweek nie.
Sal julle op hoogte hou. Jammer vir die ongerief ek was maar gister redelik ontsteld toe die manne so uitdop.
Maak nog steeds mooi!
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Ja dis sleg as mens n ding so reel en aan die begin is almal positief en val so stuk stuk uit na die end toe. Kyk maar as jy ander datum kry dan laat weet jy maar, miskien kan ons dit dan maar weer probeer.
Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"