Koeel keuse vir pasmaak geweer?

Post Reply
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Koeel keuse vir pasmaak geweer?

Post by henning »

Ek sal julle denkwyse en voorstelle waardeer.

Ek beplan om vir my n pasmaak geweer te laat bou en nou wonder of ek die kamer moet laat sny vir n spesefieke koeel. Ek weet watter gewig koeel ek wil skiet en dit moet monolities wees.

Ek sukkel huidiglik met n te lig vir kaliber koeel wat nog steeds baie diep in die dop in is.

My vraag is watter koeel kies n man wat jy mee kompetisie kan skiet en jag tot so 400 meter.
Ek knyp my oee toe vir die koste van die koeel en wil net die regte keuse maak.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Koeel keuse vir pasmaak geweer?

Post by alecjohnson »

Watter kaliber het jy in gedagte?

As jy so iets wil doen en jy wil van die ingevoerde koeëls gebruik bv. Berger. Dan koop jy soveel as wat jou loop lewe is. dit gaan 'n kleinhuisie vol geld wees ja, maar dan gaan jy nie sukkel met komponente nie. anders sal jy 'n suidafrikaanse vervaardigde koeël moet gebruik, waar jy seker is dat as jou voorraad min raak, jy nog sal kan kry binne 'n paar weke.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Koeel keuse vir pasmaak geweer?

Post by henning »

Alec, ek dink aan 284 win en verkies n monolitiese koeel.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Koeel keuse vir pasmaak geweer?

Post by alecjohnson »

Ek het gou gaan kyk wat dan van Peregrine 140gr VRG 5 gaan jou 4.8K kos vir 500 en as jy wil jag met die roer koop jy 50 VRG4 140gr vir R760.

Dan kan jy jou roer pasmaak volgens daai koeël.


Nou ek het gaan kyk op QL en dit lyk na 'n blink plan.

Met 'n 28duim loop is jou hoogste node teen 3100fps. Met S365 gelaai
Die loop twist moet 1:11 of 1:12 wees volgens Quick target.

Anders met die 150gr wat 'n baie hoër BC het kan jy teen 2900fps lanseer op node met loop twist van 1:8 of 1:9 weereens volgens Quick target
As ek moes kies het ek vir die 150gr gegaan! weet net nie van die loop in die hande kry nie.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Koeel keuse vir pasmaak geweer?

Post by henning »

Alec, baie dankie, jy het alreeds baie van my vrae beantwoord.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
Post Reply