Hulp met geweer asb

Post Reply
User avatar
OU VOORSLAG
Full Member
Full Member
Posts: 177
Joined: Fri Mar 22, 2013 9:52 am

Hulp met geweer asb

Post by OU VOORSLAG »

More medejagters

Ek wil asb weer vandag van al die kennis op die lekker forum van ons gebruik maak. Ek het onlangs vir my n savage Axis .30-06 gekoop, en laai self vir hom patrone. Die eerste 4 of skote skiet die geweer baie lekker maar dan gebeur daar n snaakse ding, hy slaan die primer maar die skoot gaan nie af nie, klink soos dryfire. Hy doen dit so een of twee keer en skiet dan weer n paar skote reg. Ek het eers gedink dis met die ammo wat daar fout gekom het, maar as die geweer n tydjie gestaan het gan jy van die geslaande ongevuurdes insit en dan skiet hy hulle reg. Weet een van julle dalk wat kan fout wees?


Lekker dag vir julle
Die Beste Plek om te wees is die Kalahari
Lee Enfield .303
6.5 x .284
Brnu .22
Howa .22-250
CZ PO7 9mm
User avatar
OupaZA
Hero Member
Hero Member
Posts: 588
Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am

Re: Hulp met geweer asb

Post by OupaZA »

Dit klink baie snaaks, ek het op n stadium so 2 dryfires gehad... toe seker gemaak dat die primers mooi in is (vas druk teen die dop). van toe af nogi weer gehad nie. Weet nie of dit meskien kan help.

Groete
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Hulp met geweer asb

Post by FCLoretz »

Het die "dryfire" patrone se primers merke op waar die slagpen die primers getref het?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Hulp met geweer asb

Post by FHM »

Ek het dit ervaar met PMP se African Elite reeks - 2 uit 2 pakke (2/40) daar sit n klein merkie - kannie eers n duik genoem word nie, op die primer. IMO is dit die primers want die ander koels in dieselfde pakkie het geloop eerste slag en ek het dit nog nooit voorheen met enige ander koel ondervind nie. Dalk n 'dud' primer...? Kom ons kyk wat se die manne wat ken. ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
OU VOORSLAG
Full Member
Full Member
Posts: 177
Joined: Fri Mar 22, 2013 9:52 am

Re: Hulp met geweer asb

Post by OU VOORSLAG »

Ja as jy die doppe so kyk lyk die hou wat hulle geslaan redelik dieselfde, sal n foto probeer oplaai van dit. Ek het ook gedink dat dit n foutiewe primer is maar hoekom as jy die geweer n tydjie gelos het, en jy skiet dan dieselfde rondte dan gaan die skoot reg af.
Die Beste Plek om te wees is die Kalahari
Lee Enfield .303
6.5 x .284
Brnu .22
Howa .22-250
CZ PO7 9mm
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hulp met geweer asb

Post by Capt. Yoda »

Kan wees dat jy nie jou primers diep/hard genoeg seat sodat hulle mooi flush met die pirimer pocket se onderkant sit nie.Die eerste "skoot" druk dan die pimer daai klein bq harde in die pocket in sodat hy reg seat en dan as jy hom weer skiet gaan die primer af soos hy moet.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Hulp met geweer asb

Post by Giepie »

As die probleem by die ammo is, dan kan dit weet dat die primers nie diep genoeg in gedruk is nie.

Hoe goed is die slot en slagpen skoon gemaak? Daar kan dalk ghries/olie in wees wat maak dat die slagpen nie hard genoeg tref nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Hulp met geweer asb

Post by henning »

Die primer het soos n aambeul in wat as jy hom in druk die primer gereed maak om te vuur.
As jy die primer nie diep genoeg in druk nie gaan hy nie vuur nie.
Dus my vermoede is dat jy die primers nie diep genoeg in die dop in seat nie.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
gedroggie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Sun Mar 08, 2015 9:20 pm

Re: Hulp met geweer asb

Post by gedroggie »

'n Pel van my se 338 lapua (Savage) het selfde gedoen, die geweer is nog baie nuut so ek weet nie of hy al die rede kon vasstel nie.
User avatar
OU VOORSLAG
Full Member
Full Member
Posts: 177
Joined: Fri Mar 22, 2013 9:52 am

Re: Hulp met geweer asb

Post by OU VOORSLAG »

Gedroggie, kan jy dalk by hom hoor of hy toe al die probleem gekry het, en indien wel wat die probleem was?

Ekt daaraan gedink om die gevormde doppe te necksize en dan te kyk of hy nog steeds so maak.
Die Beste Plek om te wees is die Kalahari
Lee Enfield .303
6.5 x .284
Brnu .22
Howa .22-250
CZ PO7 9mm
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Hulp met geweer asb

Post by Nickvn »

Ek het een keer n soortgelyk geval gehad. Ek het haastig n paar doppe skoon gemaak en gelaai om te gaan skiet saam met n vriend. Toe ek begin skiet kry ek elke nou en dan n misfire en dit met CCI BR2 primers. Lang storie kort, dit was die doppe wat nie behoorlik droog was toe ek hulle gelaai het nie. Ek het hulle net so n vinnige blaas gegee, waar ek hulle gewoonlik vir n dag lat staan in die son. Ek kon nog vog in die ander doppe sien wat ek nie gelaai het nie. Ek glo dat nadat ek die primer ingesit het, het daar heel waarskynlik n druppel water in die primer geloop en daarom het dit nie afgegaan nie. Toe sit ek met n paar patrone wat baie onveilig was. Ek het toe maar hulle versigtig getrek en oorgelaai nadat ek seker gemaak het alles is droog. Ek het dit nog nooit weer gekry nie.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
gedroggie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Sun Mar 08, 2015 9:20 pm

Re: Hulp met geweer asb

Post by gedroggie »

Ou Voorslag, die man is ongelukkig een van daai wat 2 keer per jaar skiet so ek dink jy gaan die probleem opgelos kry voordat ek vir jou enige advies kan gee. Ek hou dop wat sê die slim mense.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Hulp met geweer asb

Post by Gawie(13mm) »

Dagsê manne.
Daar is een aspek wat julle manne nog nie aangeraak het nie en dit is 'n vuil slot en slagpen. Nuwe gewere kom met 'n laag olie op al die metaal dele by die handelaar aan en word net buite om met 'n lap afgevee voor die aksie en loop in die kolf vasgeskroef word.

Ek gebruik nie die.woord pas nie, want die takie word bitter min deur 'n bekwame persoon gedoen.

Ek het al heelwat manne se nuwe roere onder hande gehad om die aksie in die kolf te bed. Wanneer ek die aksie uit die kolf haal is die spulletjie gewoonlik vol grond en olie sop. ;D 9 uit die 10 keer is dit die oorsaak van die "growwe" sneller.

Ek vermoed dat die wapen se slot binne in nooit ordentlik skoongemaak en geghries is nie. Slotte moet nooit binne in ge-olie word nie!!!!!

Die meeste van die nuwe roere, het groot gate in die in die slot om warm gasse weg te lei van die skut tydens 'n ongeluk. Dit wys gewoonlik af in die magesyn met die slot toe. Dit is egter 'n lekker plekkie vir stof, onverbrande kruit en ander gagga om in die slot in te werk. Dit pak aan om die veer en in die slagpen se gat in die slot gesig. Dit veroorsaak 'n "stadige" slagpen en kan die oorsaak wees vir die "hang skote"

Die video wys jou hoe om die slot uitmekaar te haal.

Sterkte

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Post Reply