Vlakvark spit

Van goeie kos tot oefeninge - not for the faint hearted
Post Reply
User avatar
Tal
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Sun Jul 19, 2015 8:18 pm

Vlakvark spit

Post by Tal »

Ek wil n klein varkie spit, hom nog nie geweeg nie, maar seker so 15kg

Kan iemand my asb help met n lekker resep
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Vlakvark spit

Post by vriell »

My persoonlike opinie...vlakvark is te droog om te spit...dalk is daar iemand wat dit al gedoen het.Ek self het al boude en ribbe ingele vir rook of braai maar nog nie gespit nie..
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Vlakvark spit

Post by Baasvark »

Die lekkerste spit wat ek nog geeet het was vlakvark. Dit sluit lam en vark in!

Maar dan moet ek byvoeg dat vrystaatse vlakkies wat mielies
vreet lekker vet is!

Bel vir Dup :083 twee nege sewe 6261 en vra hom hoe. Hy verstaan 'n spit!

Se vir hom Shane het jou verwys.

Hy werk skofte op die myn so jy mag dalk sukkel om hom iin die hande te kry.
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Vlakvark spit

Post by vriell »

Kom deel asseblief met ons as jy regkom by Dup !!! Hou daarvan om altyd iets nuuts te probeer....
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Vlakvark spit

Post by junglejulian »

Tal Vra vir Derius Kruger Vir sy resep wat ons altyd gebruik as ons daar by hom Kuier.Het al baie jong varkies sommer so in die veld gespit oor n oop vuur.net n paar sinkplate weerskante vir die wind.Weet dit het baie olie en mostertpoeier in maar kan nie die res onthou nie.
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/Jag%20Dantjies%20dam%202008%20094.jpg
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/Jag%20Dantjies%20dam%202008%20014.jpg
Charles het die vark geskiet en die volgende oggend was hy op die spit maar dit is beter as hy ingespuit so paar dae hang
User avatar
Tal
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Sun Jul 19, 2015 8:18 pm

Re: Vlakvark spit

Post by Tal »

Dankie julle, gaan beslis by hulle hoor
lalvisser2
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 50
Joined: Thu Jul 23, 2015 5:22 pm

Re: Vlakvark spit

Post by lalvisser2 »

Vat olyfolie..soyasous tamatiessous..en bladjang op n 1: 1 basis. meng goed. sny gat met skerppuntmes en maak gat groter met vinger. sit in elke gat n huisie knoffel en pomp daai sousie in. buiteom smeer of gou lekker sterk aromat
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Vlakvark spit

Post by Hein22 »

Op 'n jag toe ek jonk was het een van die 'ooms' 'n jong varkie op die spit gegooi. Hy het hom net met coke gespuit en gaargemaak. Na die tyd kon jy hom sout soos jy wou. Blerrie lekker gewees.
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Vlakvark spit

Post by Riaan Beeslaar »

Maak soos volg:
Bedruip/inspuit sous
4 eetlepels sout
1 teelepel peperkorrels gekap
1/4 teelepel peri-peri
1 teelepel paprika
2 teelepels tiemie
1 eetlepel fyn koljander
1 koppie fyngekapte knoffel
2 eetlepels worcesterhire sous
1/4 koppie bruin asyn
1 fyn gekapte ui
1 teelepel fyn naeltjies
Gooi alles in lee sjerrie bottel en vul met water tot bo en laat trek oornag in die yskas. Neem die sjerrie prop en sny die kop af en sny voortjies langs die kante van die kurk af. Plaas terug in die bottel en die sous sal mooi in die voortjies uitloop as die varkie bedruip word. Braai die vark oor redelikke stadige kole.

Geniet hom
Groete
Riaan
Post Reply