Elke geweerloop het twee dimensies as mens hom van agter of van voor af bekyk.

Daar is die deursnee van die loop van groef tot groef en die deursnee van rif tot rif.
DRYFBANDE
Indien die koeel vervaardig word sodat die romp van die koeel presies van rif tot rif pas, het dit tegnies net een dryfband agter nodig om die loop te seel en die spiraal van die loop na die koeel oor te dra as 'n draaimoment. Dit is hoe artillerie projektiele werk, waar daar nie 'n dop tersprake is nie en die koeel direk in die loop gelaai word.
Vat die dryfband weg en die koeel sal nog steeds met goeie belyning, reguit in die loop af beweeg omdat dit in kontak met die riwwe is en daardeur in lyn gehou word. In die praktyk moet 'n geweerkoeel meer dryfbande kry want daar is die oorgang van die dop na die groewe en riwwe wat geseel moet word en ook die feit dat meer as een dryfband nodig is om die koeel stewig, met goeie belyning, in die dop te hou.
GROEWE
Die meeste koeels word vervaardig word met die romp van die koeel op dieselfde deursnee as die groewe van die loop. Die riwwe van die loop sny dus in die romp van die koeel in om die spiraal van die loop aan die koeel oor te dra as 'n draaimoment. Daar is vervaardigers wat dan groewe in die romp van die koeel sny vir 'n verskeidenheid van redes. Die gemene faktor is egter dat die groewe dieper is as wat die verskil in deursnee van die riwwe en groewe van die loop is.
DIE TOETS
Daar is twee vereistes waaraan 'n koeel moet voldoen om te kwalifiseer as 'n dryfband of gegroefde koeel.
1. Van waar die koeel die eerste kontak met die riwwe en groewe maak, tot waar dit die laaste kontak maak, is die skag van die koeel. As die ingesnyde deel van die skag meer as helfte van die lengte van die skag is, is die koeel gegroef. As die ingesnyde gedeelte minder as helfte van die lengte is, is dit dryfbande. Onderskei tussen kontak met die skag en insny van die skag.
2. Indien die riwwe van die loop kontak maak met die skag van die koeel en die skag die kontak duidelik wys, sonder dat daar noemenswaardige insnyding is, is dit 'n dryfband koeel. Die koeel word in belyning gehou deur die riwwe van die loop en die dryfbande dien slegs om die loop te seel en die koeel te roteer. Neem die dryfbande weg, en die koeel bly in belyning met die loop. Indien die riwwe van die loop nie die bodem van die groewe in die koeel kan bykom nie, is die koeel gegroef. Die koeel word deur die kontak in die bodem van die loopgroewe belyn en geseel. Neem hierdie "dryfbande" weg en die koeel sal geen kontak met die loop he nie, kan dan kantel en sal sommer los deur die loop val.
DRYFBAND KOEELS
GSC



GEGROEFDE KOEELS
Northfork

Barnes TSX

Barnes TTSX

Impala






