Watse dop is die?

Post Reply
User avatar
muismaree
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm

Watse dop is die?

Post by muismaree »

Hi julle

Ek tel die monster op in die veld op my meisie se pa se grond in die karoo. Die totale lengte is 76mm, die binne deursnee van die bek is 12.8mm en die rim se deursnee is 20.4mm. Ek neem aan dit was is swartkruit patroon? Die headstamp 19 68 of 89 61. Die dop langsaan vir skaal is 'n 308.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Watse dop is die?

Post by Jean Marais »

50 cal masjiengeweer uit tweede wereldoorlog???
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Watse dop is die?

Post by alecjohnson »

12.7x76 ou grond artillery
Ball Spotter-Tracer M48
50cal.jpg

Scroll af na no 3 toe.
http://www.ammo-one.com/050BMG.html
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Watse dop is die?

Post by Giepie »

Interessant. Ek sien dit was saam met die 106 terugslaglose tenkafweer geweer gebruik. Waar is die manne wat op daardie wapens in die weermag gewerk het?

Wonder hoe het dit daar gekom. ??? Ek weet by Infanterieskool het manne opleiding daaarop gekry.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Watse dop is die?

Post by Hein M. »

Giepie wrote:Interessant. Ek sien dit was saam met die 106 terugslaglose tenkafweer geweer gebruik. Waar is die manne wat op daardie wapens in die weermag gewerk het?

Wonder hoe het dit daar gekom. ??? Ek weet by Infanterieskool het manne opleiding daaarop gekry.
Hoe het die wapen wat dit afgevuur het daar gekom ;)

Of dalk net 'n verlore souveneer...
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Watse dop is die?

Post by Hein M. »

alecjohnson wrote:12.7x76 ou grond artillery
Ball Spotter-Tracer M48
50cal.jpg

Scroll af na no 3 toe.
http://www.ammo-one.com/050BMG.html

"Spotting cartridge" in die middel van hierdie blad: http://www.quarryhs.co.uk/tankammo5.html
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Watse dop is die?

Post by Johan Nel »

Giepie wrote:Interessant. Ek sien dit was saam met die 106 terugslaglose tenkafweer geweer gebruik. Waar is die manne wat op daardie wapens in die weermag gewerk het?

Wonder hoe het dit daar gekom. ??? Ek weet by Infanterieskool het manne opleiding daaarop gekry.
Jy is reg, ek was een van daardie manne wat TKA opleiding op Infanterieskool ondergaan het. DIe .50 browning was koaksiaal bo-op die 120mm kanon gemonteer en is ingestel om op ongeveer dieselfde trefpunt as die kanon te skiet op sekere afstand. Die kanon is dan ingeskiet op die teiken met behulp van die .50 browning en dan as dit op teiken is, dan loop die skoot. Wat 'n gevoel as daai skoot loop en die teiken bars utmekaar.. 8)
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Watse dop is die?

Post by alecjohnson »

Weet iemand dalk wat die doel van die spotting rondtes is?
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Watse dop is die?

Post by Johan Nel »

Alec,
Die spotting rondte het soos 'n tracer gewerk wat dit moontlik maak om die koeël trajek en trefpunt op teiken visueel waar te neem. Daarsonder sou dit moeilik wees om te sien of die koel die regte trefpunt gehad het.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Watse dop is die?

Post by Pappabeer »

Dit is regtig interresant. Ek vind die goed fasinerend
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Watse dop is die?

Post by Reggie Gerber »

By 1ssb het ons ook die 50 Browning op die rooikat gebruik vir die gunners se oefening. Goedkoper om te oefen en gestel om selfde trefpunt te he as die 76mm He en FS pille
Post Reply