Dit lyk my van die manne het nou hulle keuses gemaak watter kant toe ook al en lekker gesels en nog lank nie klaar gesels nie. Solank dit in die jagtersgees gedoen word dan kan ons maar aangaan. Hierdie forums is lekker maar ook baie onpersoonlik ? Ek dink die meeste ouens lees en will graag iets s? en besluit dan sommer aag wat. Aan die anderkant moet ons nou nie die krag van hierdie media onderskat nie. Dis soos in ?n knoppie druk en die hele w?reld weet. Soos ?n koe?l uit ?n loop ? dis verby jy kan dit nie terugdruk nie. Die manne praat met mekaar maar hulle ken nie mekaar nie. Hulle lees en weet nie regtig wie het geskryf nie. Hulle skiet en toets en verstaan nie altyd wat nou gebeur het nie en kan ook nie altyd alles vertolk nie. Ander lees en kan help maar stel ook nie belang om ?n bydra te lewer nie want dan moet ek registreer en ?n skuilnaam uitdink en dis mos nie ek nie. En dan kry jy die oproep uit Suidwes en jy kyk en jy lees en jy sien die koe?l is besig om in jou rigting te trek. Jy sien manne wat aanl? en ander met gewere in die sakke maar soos by ?n takskiet identifiseer jy hulle almal net as jagters en hulle praat en skryf in hulle eie taal wat miljoene mense nie kan of hoef te verstaan nie want hulle will dit so h? en tereg mag dit so wees maar hulle ken nie mekaar nie.
Ek was ?n paar maande terug gaspreker by Centuriontak ? ek is al tien jaar daar. Daar was seker so 120+ in die gehoor. Ek staan toe daar voor en kyk die manne in die o? en ek sien so 20 gesigte wat ek ?n laaang pad mee saam gestap het en ek wonder by myself ? as hierdie jagters darem net kan weet wie sit hier in die gehoor tussen hulle - maar hulle ken nie mekaar nie.
Manne wat julle gedoen het is great en in ?n baie goeie gees en as julle my geken het, het julle my vir seker saamgenooi en ek glo ons gaan mekaar nog goed leer ken. Sal seker moet gewoond raak aan die skuilname alhoewel ek verkies die name soos WOUTER ROETS, KOBUS DU PLESSIS, KOOS BARNARD, NAUTA VAN DER GRYP, DANIE LOMBAARD, STEFAN FOUCH? ens. Dink daaroor ek dink die tyd is reg dat ons sommer ons eie name gebruik op hierdie forum.
So manne nou gaan ek nie praat as Kobus van Impala Bullets nie, maar as Kobus du Plessis van die Forum vir die jagter. Daar is nou al baie gepraat oor die getoetse en en ek dink dis tyd dat ons dit van nader beskou
Wat was die vraag nou weer.
?Beskik die Impala Koe?l oor die vermo? om die kinetiese energie latteraal te verplaas tydens die vlug deur die vitale organe in die borskas holte?
?Ons toets het gegaan oor die skade wat die Impala aan die vleisweefsel(harde weefsel) sowel as die sagte weefsel met hoofsaaklik die hart en longe in gedagte.?
Ek glo in die toekoms moet ons eers gaan kyk wat s? die vervaardiger oor die ontwerp van sy produk. Dit is mos hoekom webwerwe en brosjures mos daar is.
Gaan kyk bietjie daar ? druk net ctrl en click.
http://impalabullets.co.za/impala-bullet-design ?Die foto?s laai maar stadig af?
?Die ontwerp van die dryfbande is ook veeldoelig soos deur die vervaardiger beweer word. Eerstens om die piek druk minder te maak wanneer die rondte gevuur word. Tweedens kan die projektiel ook nou teen hoer snelhede lanseer word. Derdens, met die unieke ontwerp van die dryfbande word die Hidrostatiese golf tydens inpak en beweging in dieselfde voorwaardse rigting verplaas om sodoende eksponensi?le skade aan die vitale organe aan te bring maar met minimale vleis skade. Daar word ook beweer dat die rondtes uiters akuraad is.?
Dit lyk nie vir my of die derde punt deel is van die vervaardiger se ontwerpbeskrywing nie. N?rens praat hy van ?Hidrostatiese golf? nie.
HIER IS SY ONTWERPSKETS

?Op die skietbaan het ons die volgende kalibers self getoets ten opsigte van spoed, druk tekens en akuraadheid .243 Win, .270 Win, 7x64 Brenneke, .303 Brittish, .308 Win, 300 WinMag.
In elkeen van die gewere kon die bewerings gestaaf word dat die Impala koe?ls sonder vreeslike moeite kon herlaai word om groeperings te skiet van onder MOA.
Die spoed wat ook bereik was in al die kalibers was redelik hoog sonder werklike tekens van druk.?
WAT HET ANDER JAGTERS ERVAAR?

?Die penetrasie vermo? is ook deur twee ander ywerige jagters vriende, Danie Lombaard en Jacques Botha, getoets met ?n blok putty. Hier het die Impalas uitgeblink soos wat maar eintlik verwag kan word van ?n solide koe?l met skerp punt wat nie vervorm nie en teen baie ho? snelheid beweeg in vergelyking teenoor die konvensionele koe?l wat koper mantel het en vervorm of dan soos dit beter bekend is, ?mushroom?.?
Danie het julle fotos geneem ons sal graag wil sien hoe lyk die putty nadat dit geskiet is.
?Okay nou oor die ontwerp van die shokwave inducing bullet agv die snyring 90 grade hoek. Wiskundig maak dit net nie sin dat die ring die "skokgolf" kan veroorsaak teen dieselfde of meer as 'n ronde wat om klink en eweskielik dubbel die deursnit oppervlak het om latyerale verplasing te weeg te bring nie.?
DIS DUIDELIK DAT ONS NOU NIE MEER MET TWEE GROEPE KOEELS SIT NIE MAAR ?N DERDE HET BYGEKOM DIE IMPALA.
1. Die gewone tradisionele skerppunt ?Ball? en solids wat se gebruik deesdae baie en met goeie argumente ernstig bevraagteken word. Dit is ook waar wat Neels s? dat dit nog lank sal neem voor die skaal met getalle geswaai word. Een van die nalatenskappe van die ou staatmakers is dat baie jagters nie ?n saak het met wat hy jag nie solank hy dit verniet kry of so min as moontlik daarvoor betaal. Ek sien dit ellke jaar dat ?n jagter sy geweer met die millit?r inskiet en dan die gekooptes jagveld toe wil vat. Kan mos nie duur jagammo op papier mors nie dis te duur. Ek het hulle nodig vir die twee rooibokke en ?n koedoe.
2. Die Impala koe?l wat deur die vervaardiger ?n ?shockwave inducing bullet? gemoem word. Die koe?l het blykbaar die penetrasie vermoe? van ?n skerppunt of solid en die werkverigting van ?n sagtepunt. Dit gebruik ook nie die vel, been en vleis om sy vorm te verander om te kan werk nie. Dit word in die vervaardigingsproses deur ?n draaibank in hierdie verband voorberei.
3. Dan kry ons die sagtepunt en holpuntkoe?ls wat die vel en vleis gebruik om hulself te vervorm en wat die meeste vandag deur jagters gebruik word.
Voordat ons nou te tegnies raak kom ons kyk hoe die vervaardiger van die impala op die internet aandui hart en longe behoort te lyk as die koe?l daardeur beweeg het. Dan kan ons mos ons toets resultate daarmee vergelyk.


SO GOED SOOS ENIGE SAGTEPUNT EN KYK DIE MIN VLEISSKADE
DIE TOETS
?Eerstens het ?n blesbok ram oor ons pad gekom en Stefan Fouch? het die bok met die perfekte skoot geskiet. Deur beide blaaie, die afstand is gemeet op 205 meter. Die bok het so 10 tree geloop en daar geval. Hier het ons gedink die Impalas gaan die ding kan doen. Daar was soos mens ook op papier teikens sien ?n ?punch hole? in die vel by die ingangs wond en ?n klein bietjie groter wond opening waar die koe?l uit is. Wat opmerklik was is dat daar geen bloed op die vel aan enige kant sigbaar was nie. Dit sal defnitief spoorsny met ?n swak skoot moeilik maak.?
Die punch hole bevestig darem dat die koe?l met sy neus getref het.
Neels het jy die deursnee gemeet want op ?n stadium het ons baie gewonder oor die deursnee van die gat versus die deursnee van die koe?l.
Dit lyk my ons kan ook met sekerheid s? dat die koe?l met sy neus of gatkant na voor uit is.
Wat s? julle manne ? gaan ons die weerhakkies in die ontwerp die binnevet van die boud gee of nie?.
Dan is daar die min bloed ? Wat s? ons nou vir die manne wat glo dat jy met die Impala altyd vinnig bloed gaan kry ? Moenie dink dat as jy nie bloed sien nie dat jy die bok gemis het nie. As jy jou kant gebring het op die langbaan en nie oorhaastig sommer die geweer en sneller geruk en pluk het nie sal jy mos weet jou bok is getref en verder optree soos van ?n verantwoordelike jagter verwag word.
Maar wat het van die bloed geword. Het dit nie dalk met ?n stink spoed in die borsholte ingespuit nie. Die pulmonale bloedvate is mos vernietig. Dis nou die slagare waardeur die suurstoflose bloed van die hart na die longe gepomp word. Die hele lot is vernietig. Miskien is daar ander jagter dokters wat kan help verklaar hoekom ons met hierdie skoot nie bloed gekry het nie.
Stef wil jy nie vir ons van die ander fotos wat van die bok geneem is plaas nie ? nou nie alles nie. Neels sal vir jou kan s? wat relevant is mbt die ?autopsie?.
?Ek get gevind dat die pulmonale bloedvate vernietig is en dat die area van die long weefsel wat beskadig is die grootte van R5 munt is. Die res van die longweefsel en hart was intak en geensins versteur nie.?
Ek glo ons kan met sekerheid s? dat die koe?l nie van sy algemene rigting afgewyk het nie en in leke taal het die pad van die koe?l deur die borskas tot gevolg gehad dat een long genitch is, die hart nie getref is nie en die slagare vernietig is.
?Daar is bewerings gemaak dat die long weefsel maksimaal vertseur word deur die unieke hidrostatiese golf wat die koe?l veroorsaak?
Neels as jy voor die toetse net die moeite gedoen het om te gaan kyk en gelees het wat die vervaardiger vir die hele w?reld vertel waaroor die ontwerp gaan sou jy ook voor die ?autopsie? gesien het hoe hart en longe lyk wat met ?n impala koe?l deurskiet is. Dis ook nou nie dat julle manne in die toetspan nie tyd voor ?n rekenaar spandeer nie.
Gelukkig is julle almal ervare jagters en ek het geen twyfel daaraan dat julle nie op die internet hoef te gaan rondkrap om te sien hoe hart en longe moet lyk wat deur ?n prima jagkoe?l deurboor is nie.
?Die weefsel skade met die Impala punte is nie genoegsaam om die bok in so kort bestek van tyd te dood sou van die major bloedvate nie vernietig gewees het nie.
Watter weefselskade aan die hart en longe moet verwag word as dit afgesien van ?n ?nitch? kleiner as die kop van ?n sigaretaansteker heeltemal misgeskiet is. Moet ons nou verwag die bottel moet bars as net die prop afgeskiet word.
Daar is tog sekere re?ls wat geld met die vertolking en evaluering van toetsresultate en een daarvan is dat as jy jou teiken ?die hart en die longe? gemis het moet jy maar weer skiet. Maar julle het ?n probleem gehad die bok het gevrek. As julle persoonlik wil sien hoe hart en of longe lyk wat met ?n Impala koe?l geskiet is, moet Stef die patrone wat oorgebly het b?re sodat ons maar ?n ander bok kan gaan skiet. Ons het ?n wildsplaas hier anderkant Brits en gaan hierdie seisoen so twee koedoes en ?n paar rooibokke afhaal. My pa hou nie van vleismors nie maar gee nie om vir ?n borskasskoot mits daar met impalas geskiet word nie. Hy het ook al ?n voorkwart verloor met ?n sagtepunt op die knoppe.
?My bevinding as jagter:?
?Die Impala koe?l kan werk slegs as die skootplasing baie goed is.?
Ek sal dit so stel. Die impala koe?l sal werk as die skootplasing goed is.
?Daar is geen ruimte vir foute nie en ?n swak skoot sal beteken dat jy of baie lank gaan soek of die bok gaan verloor. Waar ?n konvensionele punt meer ?forgiving? is met ?n swak skoot en jy die bok 9/10 keer sal kry. ?
In die 8 jaar wat die koe?l gebruik word het dit nie as ?n probleem na vore gekom nie.
?n Lae nekskoot op groterwild wat nie been of slagare getref het nie sal jou dalk nie kansgee om die bok keelaf te sny voor hy opstaan en weghardloop nie.
?Persoonlik sal ek nie die punte gebruik of aan raai nie. Want geen jagter kan met elke skoot die perfekte skootplasing h? nie.?
Neels die impala koe?l vra op die meeste soos enige ander sagtepunt ?n goeie skootplasing.
?Die ding van die bloed wat 4 meter by die kop uit gespuit het omdat dit die enigste gaatjie is en die druk te hoog. Daai is pienk olifantjies wat vlieg.?
Ek dink Frederik stem saam met ons almal dat dit ?n rare verskynsel is en ons weet dat as bloed by die neus en bek sou uitkom dit op die ergste sal uitstroom en nie spuit nie. S? ons nou hy lieg vir ons en daar was nie bloed wat gespuit het nie of is hierdie ?n geval waar die onwaarskynlike die enigste logiese antwoord is.
?Okay nou oor die ontwerp van die shokwave inducing bullet agv die snyring 90 grade hoek. Wiskundig maak dit net nie sin dat die ring die "skokgolf" kan veroorsaak teen dieselfde of meer as 'n ronde wat om klink en eweskielik dubbel die deursnit oppervlak het om latyerale verplasing te weeg te bring nie.?
Die gebruik van ho? frekwensie drukgolwe of skokgolwe om weefsel te vernietig en te verplaas is algemeen bekend in die milit?re omgewing. Ons hoef seker nie daaroor uit te brei nie. Ek was sedert 1980 verbonde aan die ballistiekeenheid van die Forensiesewetenskaplaboratorium van die SAP en sedert 1994 in privaat praktyk. Ek praktiseer nie meer nie want ek het op ?n stadium net moeggeraak vir tonele, lykshuise, dooie mense, hofsake en so kan ?n mens aangaan en het besluit om ?n lyn te trek. Toe ons die rooibok ooitjie afslag wat my vriend George Archer met sy 45-70 geskiet het, het ek net die idee gekry om te kyk of ek nie ?n koe?l kan ontwerp wat nie eers moet vervorm voordat dit verplaas nie maar vooraf vervaardig word om weefsel te verplaas. Die iedee was nie om ander beproefde metodes van verwonding te vervang met een of ander magic nie. Ek het in die begin ?n veer gevoel of iemand dit gaan gebruik of nie. Vandag het ek ?n verantwoordelikheid teenoor die gebruiker om te sorg dat daar altyd voorraad is.
?O ja Gerard Shultz sal nie iets hier kom s? nie, want hy gaan nie as kompeterend vervaardiger 'n ander man se produk afkraak nie.?
Ek en Gerard ken mekaar al jare so ook van die ander vervaardigers. Die mark is so groot dat ons ons nie in kompetisie met mekaar beskou nie. Ek dink wat die jagters nie besef nie is dat die meeste ontwikkeling in die w?reld die afgelope 15 jaar uit Suid-Afrika uitkom. Ons het nie nodig om mekaar se produkte af te kraak nie want ons smeer nie ?...? af aan ons jagtersmark nie. Ek is ook ?n handelaar en ek sal vir julle s? dat as jy nie PMP se ammo op jou rak het nie is jy verlore ongeag wat sommige jagters daarvan s?. Dit werk vir die oorgrote meerderheid van jagters.
?Hoekom het die groot manne soos Nosler, Sierra, Hornady, Barnes, Speer, Swift etc nie al op die bandwagon gespring nie?
En eks seker hulle het self al die Impalas baie deeglikergetoets as wat ons het.?
Hoekom moet hulle. Hulle kan enige iets vervaardig, dit ?n mooi naam gee en die hele w?reld will daarmee skiet en gee nie om om ten duurste daarvoor te betaal nie.
Toe ek besef ek het hier ?n ding beet wat kan werk toe kom die vraag op moet ?n man nou patenteer. Nee die geskiedenis wys jy patenteer nie ?n koe?l nie. Jy vestig hom in ?n naam en as jou produk dit regkry om sy naam te vestig dan kan jy maar weet dit werk vir die gebruiker.
?E=MC2 finish en klaar, Met die toets het ek gesien dat die weefsel skade in die sagte weefsel nie was wat beweer word nie, dit was bevestiging van wat ek wiskundig vooraf half uit gewerk het?
Neels die koe?l het alles gedoen wat beweer word en deur soveel ander jagters ervaar word.
Akkuraat ? plat trajek tot op 200m ? lae druk - minder recoil ? punch hole ? min of so te s? geen vleiskade ? 110 grein koe?l tref die blad teen 3000f/s en gaan deur die knoppe ? in die borskas in reguit deur die vitals ? mis ongelukkig die hart en die longe maar vergruis die groot bloedvate tussen die hart en die longe ? hou sy rigting goed en gaan deur die ander blad en in alle waarskynlikheid verlaat dit die bok met die neus nogsteeds na vore. Die bok weet nie wat hom getref het nie (dis die eerstekeer dat so iets met hom gebeur) hy stap ?n paar tree vorentoe en raak aan die slaap.
As jy wil sien hoe lyk die skade van ?n impala koeel op hart en longe dan verwys ek jou na die webwerf of anders moet jy maar wag vir die fotos van die bok wat ek en Stefan gaan skiet.
Die jagseisoen kom nou nader miskien is daar van die jagters wat vir ons foto?s van hart en longe sal stuur wat getref is.
WOUTER
?Ons toets het gegaan oor die skade wat die Impala aan die vleisweefsel(harde weefsel) sowel as die sagte weefsel met hoofsaaklik die hart en longe in gedagte.
S? my Wouter is dit nou regtig die koe?l se skuld dat die hart en longe nie getref is nie en net een van die drie vitals in die borskas getref en vernietig is. Die bloedvate in die borskas is mos vitals is dit nie.
?Hoefeel diere moet geskiet word voordat hierdie magiese eienskappe na vore kom??
Dis jammer dat julle nie besef het wat gebeur het nie anders kon jule maar die rooibok met die impala geskiet het. Ons sou julle dillema verstaan het.
?Hierdie gesprek gaan oor die doodmaakvermoe van Impala's. Deur enkele voorbeelde te noem waar die koeels wel buite die norm gepresteer het is ongelukkig nie goed genoeg vir my nie! Is dit nou die feit dat ons been getref het dat die Impala's so opgetree het? Hel dit gebeur meer as n driekwart van die tyd in die veld! Ek se weer, n koeel moet die vermoe besit om in alle tye en alle omstandighede oor hierdie vermoe beskik.
EEN SKOOT EEN BOK
STEFAN
(sorry boys sal die hele lot pics hier kom post nog mar dis moer besig hier ini kantoor die week).
?Dis die enigste skade wat aan enige vitals veroorsaak is, en die bok is in die "triangle" geskiet. As jy na die foto kyk moet jy mos in die Impala twyfel?? Of in elkgeval, die ouens wat dit daar in die slagkamer gesien het het net daar en dan beginne twyfel. Daai gaatjie deur die long is volgens my n resep vir n lang gesoekery.... (vergelyk skade met grotte van silver koppie van groot BIC lighter)?
?Ek stem saam Frederik, op een bok is die toets seker nie so regverdig nie, maar vir MY was dit genoeg. As ek R1800 gaan betaal vir n 25" Rooibok wil ek verseker bietjie meer skade he as daai klein gaatjie.?
?Manne ek wil een ding net gou mooi duidelik stel:
Hierdie toets is glad nie gedoen om enige iemand se produk swart te smeer of te benadeel of bevoordeel in enige manier nie. Ons het n OBJEKTIEWE toets gaan doen met ouens wat die "trade" van jag en mecidi ken. Ek glo nie wat ons enigsins hier gepubliseer het was onwaar of oneerlik of een-ogig nie. Ware feite met fotos is weergegee, met 5 manne wat die toets ge-"witness" het.
My kontaknommer is 082 328 6615 en my email adres is onder my profile.
Hoekom het ons (in ons toets met fotos en n autopsie deur n MD om dit te staaf) nie die effek van die "skokgolf" gesien in die vitals nie? Ok, kom ons vergeet die hele enjinkamer. Hoekom het ons nie die effek van die "skokgolf" gesien in die long wat raakgeskiet was nie?
Stefan ek stem saam met jou as jy net daai puntjie van die long met enige koe?l tref en nie tydens penetrasie ten minste een van die knoppe stukkend geskiet het nie. Het jy moeilikheid.
LUDWIG
?As ek 'n vragie mag vra wat my nou al lankal pla rondom die hele debat oor die Impala koeels. Word die konsep van weefselskade as gevolg van hidrostatiese skok in die jagbedryf oor die algemeen as 'n mite aanvaar? Of is die meerderheid se konsensus dat dit 'n werklikheid is??
Ludwig dit is een van daardie terme wat baie gebruik word en die gebruiker weet nie altyd hoekom hy dit gebruik nie. Dit word meestal in verbandgebring met skade wat veroorsaak word in organe wat baie bloed in het soos die hart en die lewer en daar raak dit al soos ?n term uit die volksmond terwyl die lugevulde organe soos die longe meer dempend van aard is.
Tydens verwonding is daar so veel faktore wat ?n rol speel en die spoed van die oordragingsgolf in water is seker ook een van hulle maar daar is wat my aanbetref geen meriete om dit uit te sonder as ?the one and only nie.? Ek verwys nie eers daarna in die beskrywing van die verwondingsmetodiek van die Impala koeel nie.
Wel vriende vat nou julle tyd en kyk weer na die hele aangeleentheid en die fotos wat gaan kom ? Ek moet nou gaan slaap want ek en die wederhelf ry more oggend Balito to vir ?n week.
Groete
Kobus






