Kalahari Jag

Post Reply
Alvar
Full Member
Full Member
Posts: 160
Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm

Kalahari Jag

Post by Alvar »

So breek die tyd aan, om Kalahari toe te ry, vir ons eerste jag van die jaar. Op die spyskaart is gemsbokke en springbokke. Eintlik sal die jag, ‘n jag wees van baie eerstes. Dit sal my eerste gemsbok wees, Lerien se eerste springbok, Nico se eerste jag met sy nuwe Musgrave 7x64, Louis, Marieta en die twee kinders, Lune en klein Louis se eerste jag saam met ons, en ook ons almal se eerste jag in die Kalahari.

Nico, Lerien, Louis, Marieta en die kinders arriveer die Woensdag aand by my huis in Roodepoort, so ongeveer 18h30. Hulle moes die lang pad van Tzaneen af in twee breek. Die Kalahari is darem nie net om die draai nie. Met groot opgewondenheid word daar die aand gepak, terwyl ons n paar koues geniet en lekker grappe maak. So 22h00 se kant was dit bed toe vir almal, want more is dit vroeg uit die vere.

Die wekker roep ons uit droomland uit so teen 02h00. Vinnig die laaste dinge inpak, slapende kinders inlaai, en toe is ons weg.

So 07h00 stop ons en Vryburg vir koffie en padkos, en dat die kinders darem kan bene rek. Volgende stop, Kuruman. Ons stop so 09h00 in Kuruman, en koop gou die laaste vars dingetjies en maak die koelbokse vol ys. Die Kalahari is ‘n dor genoeg plek. Jy wil nie hê dit moet in jou keel ook intrek nie.

Ons arriveer op die plaas so teen 10h30. Dit is hier waar ons die gemsbokke gaan skiet. Van hier af moet ons nog so 140km ry om te gaan kamp opslaan, waar ons die res van die naweek sal bly en ons springbokke skiet.

Op die plaas aangekom, ontvang Renier (snr) en Renier (jnr) Strydom ons hartlik. Ons ry gou om gewere te gaan inskiet, en daarna is ons veld toe. Louis vat so paar skote met sy 7x57 Musgrave voor hy tevrede is en ek en Nico skiet elkeen een skoot. Nico met sy 7x64 Musgrave en ek met my 8x57 Mauser.

Nie lank nie of ons sien die gemsbokke. Daar is besluit dat ek eerste moet skiet, omdat dit my eerste gemsbok sal wees. Ek vra vir Louis om die afstand te range met sy rangefinder. Al antwoord wat ek kry is’n vloekwoord…Louis het die rangefinder by die plaashuis vergeet.

Ek sien sommer gou, dat die afstande vandag naby die heilige merk gaan kuier en ek gee toe my skietkans oor vir Nico. Ek ken my eie vermoeëns, en die gemmies kuier buite hulle.

Ons kry die gemsbokke nog so paar keer en uiteindelik staan hulle reg vir n skoot, ver, maar reg Nico lê aan en laat loop die skoot. Die gemsbok gee so bok spring, en daar trek hy. Hy verdwyn egter agter die bosse. Ons ry so bietjie nader, klim af en loop toe nader. So 40m verder kry ons Nico se gemsbok. Die 160gr Nosler Partition is in, op die blad, deur die voorkant van die longe en het vasgesteek teen die oorkantste vel. Die rekening is oop. Na n vinnige foto sessie, is dit oplaai, en verder soek.

http://s280.photobucket.com/user/agkoni ... 1.jpg.html]http://i280.photobucket.com/albums/kk190/agkoning/Kalahari%20Jag/IMG-20150430-WA0019%20-%20Copy_zpswnji3de1.jpg

Volgende aan die beurt is Louis. Ons kry die gemsbokke en Louis kry skiet kans. Die 7x57 blaf, die gemsbok struikel, en ons kan duidelik sien die skoot is veels te laag. Louis het homself misgis met die afstand. Die trop hardloop en daar is een bok wat uitsak. Louis skiet weer en anker die gemsbok met n skoot deur die rug. Sukses, twee gemsbokke in die sout.

http://s280.photobucket.com/user/agkoni ... m.jpg.html]http://i280.photobucket.com/albums/kk190/agkoning/Kalahari%20Jag/IMG-20150430-WA0017%20-%20Copy_zpsxnyfihum.jpg

Ons neem fotos en laai die tweede gemsbok op. Dit begin laat raak en ons het nog 140km wat voorlê voordat ons kan kamp opslaan. Ons besluit toe dat dit ‘n suksesvolle dag was, en dat ons sal terugkeer na die plaashuis toe waar die voertuie wag.

Oppad terug gewaar ons weer die gemsbokke. ‘n Mooi bul offer n skoot, en ek gryp die geleentheid met altwee hande aan. Die bok staan “quartering too”. Die 8x57 praat en die gemsbok spring. Hy hardloop, maar sy agterbene hol vir sy voorbene weg en hy val om. Hy spring op, maar slaan weer neer, en daar bly hy lê. Groot lekkerte! 3 gemsbokke in ‘n middag. Die Kalahari is ons goed gesind.

http://s280.photobucket.com/user/agkoni ... d.jpg.html]http://i280.photobucket.com/albums/kk190/agkoning/Kalahari%20Jag/IMG-20150430-WA0014%20-%20Copy_zpslieuz6td.jpg

Ons laai die gemsbokke af by die slagplek. Ons sal hulle optel Sondag as ons weer hier verby kom.

Ons pak die pad aan na ons kampplek toe. Ons kom so 17h00 die middag by ons kampplek aan, ons slaan kamp op, steek die vuur aan en gesels bietjie oor die dag se gebeure. Ons drink ‘n paar lang whiskeys, en na ete is dit bed toe.

Volgende oggend is ons op, maak gou n draai op die skietbaan om seker te maak die gewere is nog in na die trip tot by die kamp.

Ons kry die sprinbokke, na nie te veel gesoek nie. Hulle staan mooi stil, die rangefinder sê 240m en Nico laat loop met die 7x64. Die bok val so hard ek is seker ons gaan hom onder die sand kry. Perfekte blad skoot. Na ons fotos geneem het haal ons sommer gou die pens uit daar in die veld, toe is ons weer oppad.

Volgende aan die beurt om te skiet is Lerien. Dit sal haar eerste springbok wees. Nie lank nie, of ons kry weer n trop. Daar staan ‘n mooi ram, maar hy wil nie draai nie en staan reguit weg van ons af. Die rangefinder sê 108m en die skoot loop vir ‘n vrystaatse hart skoot. Die skoot is bietjie van lyn af maar die bok val soos ‘n sak patats. Ons ry bietjie nader en Lerien skiet hom in die kop. Tweede bok plat. Ons neem fotos, haal pens uit, laai op en ry verder.

http://s280.photobucket.com/user/agkoni ... y.jpg.html]http://i280.photobucket.com/albums/kk190/agkoning/Kalahari%20Jag/IMG-20150706-WA0009_zpsmccq0vxy.jpg

Volgende aan die beurt is Louis. Die bokke sien ons en hardloop oor die duin. Ons ry oor die duin en hulle staan op die oorkantste duin. Die rangefinder sê 201m en die skoot loop. Die ram spring weg, maar vorder net so 10m. Perfekte hartskoot. Ons herhaal die prosedure van fotos en pens uithaal.

Ons ry so rukkie en nog ‘n ram bied n skoot. Ek is aan die beurt. Rangefinder sê 218m. Die 8x57 blaf en die 165gr Barnes TTSX doen sy werk. Skoot is hoog op die blad, maar die Springbok val soos n sak patats. Hierna is dit tyd vir middagete. Ons eet vars lewer, sommer so gebraai in die kole. Liplek lekker.

Na middagete skiet Lerien n springbok op 240m. Die skoot is bietjie laag en Nico skiet die ram sommer so in die loop, mors dood. Na n suksesvolle eerste dag van springbok jag, gaan ons terug kamp toe, om lekker te ontspan.

Ons sit om die kameeldoring vuur en ruil ons ervaringe en stories uit van die dag. Die kalahari son sak op n suksesvolle dag.

Volgende oggend is ons skaars deur die kamp se hek of Louis trek eerste bloed op dag twee.

Na die vinnige bloed trek, gaan dit maar stading van daar af. Die bokke is maar skaars vandag en as ons hulle wel kry, maak hulle spore voor ons kan skiet. Na ‘n paar ure se gesukkel kry ons ‘n troppie van 3 alleen rammetjies. Hulle draf so entjie en gaan staan bo op die duin. Rangefinder sê 200m. Ek lê aan en die skoot loop, die ram slaan net daar in sy spore neer. Die twee oorblywende rammetjies draf tot op so 210m. Ek lê aan en die tweede rammetjie bly agter. Ons ry nader en sien die derde rammetjie het net so entjie gehardloop. Louis lê aan en die derde rammetjie sal ook nie weer die son sien opkom nie. Die geluk het ewe skielik gedraai.

Ons haal pens uit, lag en gesels, neem fotos en besluit toe om maar net so een draai te ry end an terug te gaan kamp toe. Die kalahri was goed vir ons. Min het ons geweet wat wag nog daar in sy blad sak.

On ry so draai en ons kom af op n troppie springbokke met rammetjie en ooitjies gemeng. Daar is n mooi rammetjie in die trop en Nico lê aan. En met die stap daar n 15” ram agter n witgat boom uit. Nico skuif die kruishare na die ram toe. Die 7x64 blaf, die ram spring, gaan so paar tree, en val toe reg agteroor, vir die laaste keer.

http://s280.photobucket.com/user/agkoni ... 5.jpg.html]http://i280.photobucket.com/albums/kk190/agkoning/Kalahari%20Jag/IMG-20150706-WA0010_zps1fvoktg5.jpg

Met ligte harte ry ons terug kamp toe. Die Kalahari het ons harte gesteel. Die aand word daar tot laat gekuier om die vuur en ons is hartseer dat ons tyd in die kalahri verby is.

Die volgende oggend breek ons kamp af en skud die sand uit die tente en kampgoed. Maar ons weet, ons skud nie die kalahri sand uit, nie vir die laaste keer nie.
Last edited by Alvar on Wed Jul 08, 2015 10:26 am, edited 1 time in total.
Alvar
Full Member
Full Member
Posts: 160
Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm

Re: Kalahari Jag

Post by Alvar »

Hier is nog so paar fotos:

http://s280.photobucket.com/user/agkoni ... c.jpg.html]http://i280.photobucket.com/albums/kk190/agkoning/Kalahari%20Jag/IMG-20150503-WA0013_zps17sbrboc.jpg

http://s280.photobucket.com/user/agkoni ... f.jpg.html]http://i280.photobucket.com/albums/kk190/agkoning/Kalahari%20Jag/IMG-20150503-WA0012_zpsce4i0scf.jpg

http://s280.photobucket.com/user/agkoni ... e.jpg.html]http://i280.photobucket.com/albums/kk190/agkoning/Kalahari%20Jag/IMG-20150503-WA0009%20-%20Copy_zps2y2dc31e.jpg

http://s280.photobucket.com/user/agkoni ... d.jpg.html]http://i280.photobucket.com/albums/kk190/agkoning/Kalahari%20Jag/IMG-20150503-WA0011%20-%20Copy_zpsgjmown0d.jpg

http://s280.photobucket.com/user/agkoni ... 2.jpg.html]http://i280.photobucket.com/albums/kk190/agkoning/Kalahari%20Jag/IMG-20150503-WA0006%20-%20Copy_zpsdqw3efm2.jpg
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Kalahari Jag

Post by Boesman10 »

Dit was 'n fantastiese jag. Baie geluk en mooi bokke daardie. Hoeveel het die Springbokke uitgeslag en hoeveel het die Gemsbokke uitgeslag?
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kalahari Jag

Post by Pvdw »

Lekker lekker lekker, dis al wat ek kan uitkry.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Kalahari Jag

Post by ruaanb »

Sjoe nou het ek lekker gelees baie dankie vir die deel en geluk met al die mooi bokke.
Alvar
Full Member
Full Member
Posts: 160
Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm

Re: Kalahari Jag

Post by Alvar »

Dankie manne! Ja, dit was baie lekker.

@Boesman10: Die Springbokke was so 18kg en as ek reg onthou was die Gemsbokke tussen 105Kg en 115kg.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Kalahari Jag

Post by Chevvy SS »

Dankie vir die deel!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13531
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Kalahari Jag

Post by Capt. Yoda »

Bitter mooi Bokke daai en baie mooi jag.Jy seker julle skale was reg 18kg klink dam lig vir daai mooi bokke
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Kalahari Jag

Post by Frederik »

Lyk soos 'n baie suksesvolle trippie, geluk.
User avatar
Jay Jay
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jun 10, 2015 3:55 pm

Re: Kalahari Jag

Post by Jay Jay »

Hi, baie mooi bokke. Wil ook eendag in die Kalaharie gaan skiet. Dink dit is n belewenis.
Johan

.22 CZ Varmint Evolution
.357 Mag Ruger
.308 Win Howa
6.5 Creedmoor Howa
CZ 9mm Shadow 1
.223 Anderson AR
12G Franchi Affinity

The best thing about memories is making them.
NicoO
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 289
Joined: Sat Jul 19, 2014 5:59 pm

Re: Kalahari Jag

Post by NicoO »

Dit was n great trip! Baie dankie vir die reel daarvan buddy! ;D
_____________________________________________
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Kalahari Jag

Post by Mellies »

Mooi man!

Met n vleisie...
Christo J
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Sun Sep 11, 2011 7:04 pm

Re: Kalahari Jag

Post by Christo J »

Geluk. Wil julle gelukwens met van die bokke se fotos! Dis hoe jagfotos moet lyk!
User avatar
goodstuff
Full Member
Full Member
Posts: 123
Joined: Sun Oct 05, 2014 4:34 pm

Re: Kalahari Jag

Post by goodstuff »

Mooi man!!
.308 Howa 24" Bull Barrel
Boyds Pepper Laminated Stock
Burris Eliminator
Silent Hunter Silencer
User avatar
Daniel J
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 53
Joined: Tue May 14, 2013 6:35 pm

Re: Kalahari Jag

Post by Daniel J »

Lekker een Alvar veral daai groot ram. Jammer ons het die Rooiberg jag gemis. Volgende een. Groete
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Kalahari Jag

Post by PWV »

Daar is nie 'n lekkerder jag as in die Kalahari nie.
Netjies Alvar!!!
User avatar
30-0Kwes
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Wed Nov 21, 2012 10:06 am

Re: Kalahari Jag

Post by 30-0Kwes »

Jis dit lyk darm maar lekker! Mooi gegooi daar
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Kalahari Jag

Post by Chris (vdB) »

Mooi bokke Alvar!!! Netjies gedoen!! Baie geluk
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 926
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: Kalahari Jag

Post by toelie »

Kalahari bly maar bitter lekker jag, mooi storie en maak n man lus om nou als te pak en te gaan haha

Groete
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: Kalahari Jag

Post by koos 2 »

Pragtig vertel en baie geluk aan al die jagters !!!
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Kalahari Jag

Post by Langeraat »

Dis ook nog een van my bucket list items. Lyk na iets besonders. Baie geluk manne.
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
User avatar
Sean3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 477
Joined: Mon Jun 27, 2016 9:10 pm

Re: Kalahari Jag

Post by Sean3006 »

Baie mooi vertel Alvar. Dankie dat jy dit met ons deel.
.30-06, 6.5CM, .22lr, 9mmP
Post Reply