Benga's

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Post Reply
Eland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Tue Jun 02, 2015 9:09 am

Benga's

Post by Eland »

Goeie middag Almal.

wil graag hoor wie almal hier het al die Goliath tiervis aangepak en watse sukses is behaal?

Ek het Oktober verledejaar die n geluk gehad om dit te kon doen.
Beplanning is om later die hele verhaal met julle te deel as iemand sou belangstel om te lees van my fantastiese avontuur.

en Hiermee maak ek die tiervis manne biekie lus met die foto van die "Kleintjie" wat ek kon land.

Groetnis.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 H&H
30.06 BRNO
308 Musgrave
.38 S&W
12Gauge Iver & Johnson
.22 Anschutz
...To be continued...
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Benga's

Post by ruaanb »

Laat waai met daai storie!
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: Benga's

Post by Dwight375 »

Ek het al baie in die kleiner riviere in die DRK probeer met verskillende metodes maar ek het nie veel sukses gehad nie.

Die riviere wat ek probeer het was die Lua en Kasai rivier en dan 3 keer net onder Kisangani ( meer sentraal DRK ) maar daar ook nie sukses gehad nie. ( Congo rivier )

Metodes wat ek gevolg het was maar wat ons gebruik in die Zambezi, drift baits met fillet en dan live bait ( klein bulldogs en bottle noses ) maar nie eens n byt gekry nie. Water was altyd baie vuil. Ek het wel nie n gids gehad nie.

Sien uit na jou storie.

Groete
Eland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Tue Jun 02, 2015 9:09 am

Re: Benga's

Post by Eland »

Dankie manne.

is juis besig om te tik op n email, die eerste probeerslag het ek die hele ding verloor toe my rekenaar vries op die forum... noggal n laaang storie :-)

Dwight375, inderdaad, hulle mag dalk daar voorkom en daar is sprake van tiere in die Lualaba rivier-meer in die Suid-Wes gedeelte maar dit is n kaf storie. iets wat vir my baie interesant was, was dat die plaaslike kenners daarbo reken daar is ander tipe tiervis wat invan die riviere voorkom wat in die Congo rivier inloop (water vreeslik helder en so 4 grade kouer as die Congo rivier water self) ons het een tier gevang in die rivier, seker so 7Kg en sy rug was swart...dink nie die vis kenners het al baie aandag gegee op die moontlikheid van veelvoudige spesies van vislewe op daai plek nie. juis agv die drama om daar te kom en die gevare om in die afgelee gedeeltes te gaan rondkrap.


Die congo rivier se water is ook baie donker, maar die geheim is die vis is in die onderwater strome wat naby diep poelle of onderwater afgronde verby loop en wag vir prooi wat sukkel in die strome...selfs die wat in die inloop riviere gebyt het was in die dieper poelle, sodra jou aas net uit die stadige water kant na die diepper poel rand begin beweeg het ons byte gekry. lewendige aas met n 1-1.5m leader van die float af gee aksie, maar die groot Mnre was op n 2.5M leader...

Die tye speel ook n rol blykbaar. Beste byte was tussen 09h30 tot 11h15 en laat middag tussen 16h40 en 18h00. deur die res vd dag is dit vrek warm en kon ons nie oorleef in die hitte op n boot nie. dink daai klein bytjies wat jou steek dat die bloedblasies staan en jeuk dat jy jou wil krap met skuurpapier maak dat ons gevlug het vir n paar koues op die eiland...
375 H&H
30.06 BRNO
308 Musgrave
.38 S&W
12Gauge Iver & Johnson
.22 Anschutz
...To be continued...
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Benga's

Post by Jake1 »

Goi maar Eland, visvangstories is altyd lekker!
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Benga's

Post by Stephan86 »

Jaaaa asb. vertel ons meer, dit is een van my grootste drome om 'n Goliath te gaan vang.

Maar vir nou is dit eers die Okavango in November.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
Eland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Tue Jun 02, 2015 9:09 am

Re: Benga's

Post by Eland »

Raait laat ek julle vertel van my avontuur!

Verlede jaar September kuier ek met twee vriende hier in die Suide van DRC, een n Fransman & die ander n 3de DRC generasie Belg. Praat ons so oor dit wat Zaire was as speelplek vir die rykes met die weelde en vooruitgang wat Suid Afrika nie in sy beste verlede kennie, tot n vernielde, tipiese Afrika land geteister deur oorlog, korrupsie regerings mense met baie red tape en armoede maar steeds een van die ikone in die visvang wereld…die Goliath Tigerfish.
Dadelik deel die Belg dit mee van n familie lid verslaaf aan visvang wat n eiland besit op die magtige Congo rivier en een of ander TV persoon met sy camera span uitgeneem het om n 38KG monster te gaan vang , glo die TV man 3 jaar in n ry probeer om dit reg te kry tot dat hy die film kon skiet waar hy n grote geland kon kry. Vang is een ding & land n ander.

Natuurlik gewonder en droom, maar my opgewondenheid onderdruk deur die gedagte dat dit ooit nie moontlik sal wees nie agv die politiek, kostes en “red tape” as ek net dink watse stories dit was toe die vrou Gorillas in die Ooste vd land wou gaan kyk…DRC is groot, van een hoofstad na n ander is meer as 2000KM (Lubumbashi na Kinsasha) en net met n vliegtuig haalbaar is…daai alleen is n vrees as jy die toestand van die vomit comets in ag neem waarmee vervoer onderneem word. En dan ook dalk die kaf praat van n Belg wat n paar glase slim water agter die blad het met droe beloftes van “Je vais organiser, pas de problème !” (I will arrange, no problem)

So paar dae later kry ek die skok van my lewe…die Belg laat weet my, sy mense se dis reg, ons moet net laat weet wanneer maar Oktober is die beste tyd wanneer die rivier op sy laagste is!
Net daar slaan my kop bollemakiesies, dis oor minder as n maand, en ek sal moet finansies regmaak. Ek moet vlieg van Kolwezi na Lubumbashi, van Lubumbashi na Kinsasha en dan sal ons verseker erens moet bly en ander planne maak Afrika is DUUR!. En dis waar die Franse vriend sy hande inslaan…hy sal die trip gesponsor kry, vliegkaartjies, vervoer, verblyf, etes vir ons al drie op een voorwaarde… hy moet saam en ons sal sy company se hempies en hoedjies moet dra vir n groep foto…yup kannie glo nie dis die catch!

Met ons geland in Kinsasha klap die passasiers hande, doeane natuurlik deur met n Afrika handskud wat n paar USD note in het sodat die tasse nie deur gesoek word nie en ons skuif in die smerige malmoes van n paar miljoen mense sterk deur die stad na ons luukse “Hotel Royale”. $500pp n nag , bier $6-$9, etes $80-$120 tot Sushi wat vars ingevlieg word. Dis vreemd om te dink die luukse plek is met sy marmer décor en spierwithemp bodes so tussen die gopse, plakker huise en vullis wat elke aand op die straat gebrand word vir hitte vir die magdom straat woners wat ten alle ure rond drentel opsoek en krap na iets. Die wrakke van Taxi’s en motorfietse wat teen en saam die verkeer vleg teen n gevaarlike spoed 24/7. Ongelukke was bo verwagting redelik min, en die paar wat ek gesien het, gaan die mense aan asof dit net nog n duik/krap/ venster/lig uit op die voertuig is. SA taxi’s is beleefde “gentlemen” teen die lot!

Die volgende oggend is ons na die yacht klub. Pierre Oudart & Marc Banneux twee ou omies wat Elephant Island ontwikkel met palm olie bome en chalets. 30 jaar gelede het die olifante deur die rivier geswem en die neute gevreet, maar die is soos meeste ander lewe opge-eet deur die plaaslike bevolking en poachers. Dadelik bevestig die twee die storie van die dokumenter… Jeremy Wade die einste, drie jaar in n ry uitgeneem vir die grote! Pierre se persoonlike beste n 53Kg monster, maar hy soek steeds vir daai 65KG oupa wat al aangekeer is…locals het al blykbaar groter visse as dit met spiesse in hulle nette doodgemaak.
My opwinding het redelik vining gedaal toe ek die riool en olie besoedeling sien tussen die reuse hout bote met hulle toilette agter staangemaak…dis vuil en dit stink erger as Harties. Maar tog in die vlak water tussen die gemors is daar M@3&$e kurpers en vars water “lobsters”.

Paar minute later is ons uit op die hoof stroom verby die eilandjies, tugboats en gemors…mense is daar water! Tussen die twee stede, Kinsasha en Brazaville le die 20KM wye rivier en hy vloei! En so begin die 4 ure boot trip na ons bestemming Noord, met die pragtigste rivier oewers en die onbeskryflike gevoel van waar in die helse bruin vloeiende slang gaan ons daai visse aankeer?! As ek die Fishfinder so af en toe beloer het, sien ek dinge soos 37M en een plek 118M
Tugboats gelaai met mense, karre en dromme en hoenders, barges wat vooraan gestoot word beur teen die rivier op maklik 500M lank. Marc vertel van n 3 maande toer vir so boot om Kisangani te bereik! By die vervalle eens n saagmeul op die oewer bank le gedeeltes van boomstompe wat iets ontsagliks moes wees in hulle “heyday” Dit gee n ou n nostalgiese idee van hoe die natuur sy gang daar gehad het vir miljoenne jare tot die mens sonder respek dinge kom omkrap het, en tog die grootheid van die prentjie laat jou besef dat dit te groot is vir iemand om die plek te kan beheer daarom die maak wat hy wil.

Op die eiland word ons sommer so die veiligheidsreels vertel, giftige slange, krokodile al is hulle noggal skaars, elektriese visse, maar die grootste gevaar is die poachers en tugboats wat veral in die nag op beweging langs die oewer skiet met AK’s in die hoop dat dit vleis is. So wees gewaarku!

Die volgende oggend is ons op die bote en soek visermanne wat lewendige aas sal verkoop. Dis hartseer om te sien dat alles genet word . vissies skaars n duim lank, maar die grootste variteit van katvisse, silver, bruin groen, gekol, ek oordryf nie as ek se meer as 80 verskillende spesies van vis in een hout skuit. Tot die Elektriese katvisse wat byna n meter lank is en lyk soos n stuk wors is glo n favourite maaltyd en le in elke boot.
Pierre en Marc kies die aas , alles groen katvisse en blink olifant slurp vissies so tussen 30 & 40cm, die plaaslike name kan ek nie onthou nie, maar dis blykbaar die dodelikste aas vir Benga. Eerlikwaar het die katvisse die beste resultate gelewer.

Ons vangs het begin in die sterk en vinnige vloeiende strome in die rivier, gewoonlik waar n kanaal die water forseer om vinniger te vloei onder die oppervlak. Meeste van die tyd teenaan rots hang walle wat lekker diep water van so 35M toon . 1.5M tot 2.5M leaders en 80lb staal trace met 4 trebble hooks, mooi grotes. Haak die aas aan die bek, rug, stert en pens met n lekker groot float en laat dryf so 15M van die boot af. Met my eerste loop van die penn katrol laat dit my meer dink aan iets soos Dorado vang! Daai float raak weg! 09h30 tot 11h30 kry ons gereeld byte, either die aas mors af of middeldeur gebyt met een hap. Ons het tussen die drie van ons die eerste oggend omtrent 14 byte gehad alles in sarsies dat al drie n byt eensklaps kry maar dis minder as 2 minute se spook en die tier is af.
Jonathan die Belg land die eerste een. Manne! Toe daai knewel op die boot le, is ons soos std4 dogterties wat n padda op die koshuis badkamer se stortvloer gewaar! Almal spring vir n bankie om uit daai ding se kake te kom! Na n gespook ondersoek ons almal daai knewel en bekyk daai tande. Dis n monster! As ons maar net geweet het…15KG is n sardientjie!

Teen 12 uur is dit ondraaglik warm op daai boot, dis drukkend en die humiditeit maak dit moeilik om asem te haal. Die bytjies steek dat die bloedblasies staan en it jeuk iets vreeslik. Water temp so 26 grade…gaan drink liewers n koue op die eiland en bekyk net die natuur.

Die volgende dag is ons teen een van die inloop riviere op, leaders so 1-1.5M, helder water maar heelwat koeller as die groot rivier, Benjamin en Jonathan vang elkeen n tier, maar volgens ons gidse is dit n “ander spesie” wat kleiner is en die goedjies het swart ruggies. Kieppie kry byte, maar land boggerol, kry darm ons eerste ordentlike sprong van n pragtige vis uit die water toe hy byt en dis dit. Die middag probeer ons naby n vlak stil gebied met baie riette op die groot rivier, sien kort kort beweging van klein vissies wat uit die water spring en iets groot wat onder hulle maai…die riette beweeg soos daai monsters daar beweeg, maar van byt op my lyn is daar geen sprake nie. Die blerrie Fransman gee sy lyn skiet, verby die riette waar die stroom biekie spoed optel en kry n m&^%$e byt! Teen die vaskap tyd is dit te laat en ou knerses se neef wen weer.

Laaste dag, die weer is biekie treurig en die gemoedere is swaar ek het wraggies nog net enetjie geland nie eers geweeg nie net n foto want die gids se ons boellie die kleintjies. En soos hulle gebyt het was ek seker dis n kwessie van tyd…nou gebeur daar niks, nie n byt nie.

Net na 10 laat weet Pierre hy het n plan wat hy dink mag moontlik werk, ons klim op sy boot en laat die manne agter om vars aas te gaan soek, aangesien hy dink die livewell se visse is half dood op die cat en trek nie meer aandag nie.

Kry wraggies net een visserman met twee groterige maar die regte vis wat Pierre glo sal werk. Ek is nou nie regtig te vol vertroue nie, want dit begin reen en ek weet ons sal teen 3 uur moet vertrek om die donker te mis boonop weet ek die vis byt gladnie vandag soos die vorige dae nie, maar is tog nou saam en try hard om positief te lyk. Pierre is ernstig, ons gaan saam die rivier terug af, ons kan later vertrek as dit moet, hy WIL my vat na sy spesiale plek, die plek waar hy sy record gevang het…dieselfde plek waar hy die TV man sy grote laat vang het. Dit gee my moed, maar ek is steeds skepties.

Vis aan die hoek, boot geanker, lyn in, dis net na 11h00, dis n pragtige plek met die rots hange, Pierre wys my waar Tv man gesit het en ons praat so van sy Diamant koper sake toe hy nog jonger was en meteens vat iets daai aas! Ek kap vas! Maar ek moet klou! Dis nie n byt soos die eerstes nie, die een doen besigheid.die katrol is gelock, maar vreet steeds lyn dit help niks om te katrol nie die man het nie briekke nie. Pierre maak die ankertou los en ons gaan saam met die rivier. N goeie klomp minute se gespook wat voel soos n ewigheid, selfs ou Pierre is opgewonde want dis n grote! Maar ou knerses is slim, hy draai en kom boo or die onderwater rotse buite die stroom kanaal na die stiller water en ons sien n silver lyf weerkaatsing wat reusagtig is so 6 m van ons af, reg waar die stroom n lekker kolk maak. Pierre try die boot draai maar die stroom is sterk en die motor is biekie traag om spoed te vang, uhmph ek raak koud… die vis is af, net n oomblik die spanning verloor, ou knerses het stroom op gedraai en ek het gesit en slaap…ek wou huil! Pierre skat daai knerses maklik ver oor die 30KG. Daai stert en rugvin lyk dat hy al in baie rivier bar fights was en for sure die champ was.

Maar hy het weggekom en tel nie. Draai maar om en gaan span toe weer uit op die “spot” tweede aas vissie aan en ek is bedroef. Dis 12 uur, verkeerde tyd, en bewolk, maar warm. Se niks, ou Pierre drink n koue, en ek wil my gat skop oor my stupidgeit terwyl my gedagtes dwaal. En ek hoor vir Pierre. “LOOK” “LOOK” en met eens ruk daai stok weer lekker! Pierre het ou knerses se susters kind sien kom vir daai katvis! Ek kap vas en voel, dis nie knerses nie, maar hy baklei darm beter as die voriges…n goeie fight en n paar spronge later gee die man moed op. Pragtig op die boot. die fowl hook net agter bo die kop het verseker die een kom nie weg nie, maar dit was steeds besonders. Amper 20KG. Pierre: “Take photo my friend”…maar die kamera le op die ander boot! het mos gedink boggerol gaan vandag byt nie!
Ons het klaar een gedood, waarvan ek die skedel huistoe wou vat, en dadelik besluit om die outjie te laat gaan dat hy eendag sy oom kan gaan challenge. Dis werklik n pragvis.

My mede vrinde het die stokke gelos en in die koues gevaar, glo absoluut niks van my vangs nie en glo hulle het die kompetisie gewen.

Die Fransman het my gister laat weet Oktober is dit weer sulke tyd.
Ou Knerses, papa maak reg vir jou!
375 H&H
30.06 BRNO
308 Musgrave
.38 S&W
12Gauge Iver & Johnson
.22 Anschutz
...To be continued...
Eland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Tue Jun 02, 2015 9:09 am

Re: Benga's

Post by Eland »

n paar fotos
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 H&H
30.06 BRNO
308 Musgrave
.38 S&W
12Gauge Iver & Johnson
.22 Anschutz
...To be continued...
Eland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Tue Jun 02, 2015 9:09 am

Re: Benga's

Post by Eland »

En so lyk die plek as die son begin sak
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 H&H
30.06 BRNO
308 Musgrave
.38 S&W
12Gauge Iver & Johnson
.22 Anschutz
...To be continued...
Eland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Tue Jun 02, 2015 9:09 am

Re: Benga's

Post by Eland »

En so ly die twee spog moffies met een van hulle kleintjies.

Benjamin Fransman Links & Jonathan die Belg regs.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 H&H
30.06 BRNO
308 Musgrave
.38 S&W
12Gauge Iver & Johnson
.22 Anschutz
...To be continued...
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Benga's

Post by tripodmvr »

Gaan 'n groter enkelhoek nie beter sukses gee nie. Daardie hoeke lyk klein vir sulke groot beenbekke.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: Benga's

Post by Dwight375 »

Oom Tripod, net n woordjie oor 3 angels.

Ek weet dit is die "unspoken" rule maar oor die jare op die Zambezi wanneer die tiere lui raak as dit kom by aas vat het ek al meer as een keer ook n "trail" drie angel in die kurpertjie se stert of rugvin gehak en baie keer is dit net hy wat my gered het maar ek moet ook se dat die tiere al een of 2 oop gebuig het.

Ek het eendag n klein 3 angel met n baie klein chessa fillet aangehak met my chessa stokkie omdat die tiere nie gebyt het nie en gehoop ek kan dalk n nkupe kry, met daai 6lb lyn en daai chessa stokkie en daai klein hoek en amper n uur later het ek n 8,67kg in die boot gehad.

So ja en nee , drie angels werk soms oom!

Groete
Eland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Tue Jun 02, 2015 9:09 am

Re: Benga's

Post by Eland »

Tripodmvr

Sekerlik, sal nie weet nie, die manne het ons uitgevat en when in rome...amper al die landings was somewhere met n fowl hoek, as jy my vra dink ek dis omtrent die beste manier om daai beenbekke gehaak te kry. Volgens Pierre kan n record net tel as jy enkel hoekke gebruik. ek is nie regtig n groot hengelaar nie, maar geniet dit net baie.

Daai is lekker groot hoekke, die foto doen nie regtig justice nie mag dalk biekie lieg, maar die steel van daai hoek is seker 3.5 - 4CM
375 H&H
30.06 BRNO
308 Musgrave
.38 S&W
12Gauge Iver & Johnson
.22 Anschutz
...To be continued...
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Benga's

Post by Stephan86 »

Eland baie dankie vir die verhaal van jul avontuur, dit was baie goed geskryf.

Ek moet eerlik wees, ek is BAIE jaloers.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
Post Reply