Wat word gebruik?

Post Reply
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Wat word gebruik?

Post by Monrique (SJ) »

Ek wil graag weet wat word gebruik om die skedel van n dier mooi wit te kry voordat dit monteer word? Vertel ook bietjie van die proses asseblief.

Groetnis
Monrique
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Wat word gebruik?

Post by tripodmvr »

Waterstof Peroksied is 'n maklik bekombare bleikmiddel wat ook bakterië dood.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Wat word gebruik?

Post by Monrique (SJ) »

Ludwig

Baie dankie vir die vinnige terugvoering en video, dit lyk goed. Het gou so n stukkie gekyk en lyk heel maklik en doenbaar.


Marius

Die man praat daar van waterstof peroksied in die video, sal kyk om die regte sterkte te kry.

Groetnis
Monrique
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Wat word gebruik?

Post by tripodmvr »

Ek het nie na video gekyk nie, so raad was uit kennis opgedoen met jagtersopleiding vir Toegewyde jagter.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Wat word gebruik?

Post by Giepie »

Ek het al so paar gedoen, maar my vrou wil nie meer hê dat ek dit doen nie, weet nie hoekom nie. ;D ;D

Ek kook die skedels so met vleise en al vir so drie dae aaneen, sorg net dat daar genoeg water in is. Gooi so bietjie seeppoeier, gewone Omo werk, by. Ek gooi ook so halfpad die ou water en afkooksels uit en gooi nuwes by.

Sodra die kookwerk afgehandel is, sit ek dit in nuwe water en gooi bietjie, let wel klein bietjie, Jik by. Die horings behoort ook dan maklik af te kom, haal dit af anders kan dit ook geblyk word.

Hou maar dop dat die Jik, ook met peroksied, dat dit nie die been begin oplos nie. Haal dan uit en spoel goed af. Plak die horings weer terug met epoksie gom.

Die rede hoekom my vrou nie wil dat ek dit doen nie is omdat die proses nogal stink. :):
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Wat word gebruik?

Post by alecjohnson »

Dankie, daai video het my gewys waar ek verkeerd gemaak het met myne. Ek het egter noudidag n duikerskedel gedoen. Net kop afgesny en in die veld gegooi onder n ontbindende karkas. 2 weke later blinkskoon gevreet. Maaiers het eers die oë en brein geëet, toe kom daar kewers wat vleis vreet. En later sulke snaakse haarwurms wat die vel geëet het. Net skedel en hare oorgebly
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Wat word gebruik?

Post by Viking »

Hi Manne ,

Kyk gerus hier na verskillende beproefde metodes.

http://extension.arizona.edu/sites/exte ... az1144.pdf
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Wat word gebruik?

Post by Monrique (SJ) »

Ludwig

Stem met jou saam dat dit soms help as mens kan sien hoe iets gedoen word, as net dit te lees in n boek. Ek sal dit probeer en kom wys hoe dit lyk wanneer dit klaar is.

Vir die res.....

Baie dankie vir julle raad ook, ek sal my bes probeer.

Groetnis
Monrique
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Re: Wat word gebruik?

Post by Forester »

Ek het dit genoem in 'n ander post ook, maar het een van julle al chloor gebruik? Vir my werk dit goed! Ek het egter nie geweet die horings moet afgehaal word en later weer opgeplak word nie... Waar sal julle dink is die beste plek om peroksied te koop, Kaap Agri?
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Wat word gebruik?

Post by dehacked »

Apteke hou klein bottels peroksied aan.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
Post Reply