Martin van "Smoking guns custom rifle stocks"

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
martinvanderberg
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Fri Mar 01, 2013 4:02 pm

Martin van "Smoking guns custom rifle stocks"

Post by martinvanderberg »

;D Hi manne en vroue. Ek het al so bietjie comments hier geplaas op jaracal en weet nie of ek nou die regte ding doen om hier te plaas waar ek nou is nie. Enigiemand wat my kan verwys na waar ek moet plaas en of ek wel mag plaas kan my laat weet.

Ek is verlee oor jul hulp mense. Ek is hard op soek na n gerigestreerde geweersmid werkswinkel waar ek my kolwe kan bou en sodoende ook werk laat inkom vir die person wat wil besigheid doen wat geweersmid werk aan betref. Ek is die eienaar van Smoking guns custom rifles and stocks maar spesialiseer slegs in veselglas kolwe bou. Omrede ek nie n gerigestreerde werkswinkel het nie kan ek ook nie jagters se gewere inneem om vir hul kolwe te bou nie en moet ek van die mense se oorspronklike kolwe gebruik maak waarvan ek moulds maak van die inletting en dit dan weer incast in die nuwe kolf in, om sodoende kolwe te kan verskaf aan my kliente.
Enige gerigestreerde werkswinkel wat gesoneer is vir n geweersmid winkel wat nie te vêr van Potchefstroom af is nie sal die ding vir my doen en kan jul my groot asb skakel sodat ons besigheid kan gesels.

By voorbaat BAIE BAIE dankie.

Groetnis
Martin
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
martinvanderberg
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Fri Mar 01, 2013 4:02 pm

Re: Martin van "Smoking guns custom rifle stocks"

Post by martinvanderberg »

Goeie naand manne. Ek is nie seker of ek mag adverteer hier op die forum nie. Ek wil graag net he dat jul almal moet weet dat ek nou by n gerigestreerde werkswinkel my besigheid bedryf hier in Potchefstroom en dat ek nou jul gewere kan gebruik om vir jul perfekte kolwe te bou.
Groetnis
Martin
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Martin van "Smoking guns custom rifle stocks"

Post by Monrique (SJ) »

Sterkte Martin,

Als van die beste met die besigheid! Glo dit gaan n nog groter sukses wees.

Groetnis
Monrique
Herrie260
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Tue May 20, 2014 11:27 am

Re: Martin van "Smoking guns custom rifle stocks"

Post by Herrie260 »

Martin pm vir my jou telefoon nommer asb

Herman
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Martin van "Smoking guns custom rifle stocks"

Post by Riaan Kriel »

Lekker Martin, bly om dit te hoor. Is jou website opdateer met jou nuwe adres en telefoonnommers?
martinvanderberg
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Fri Mar 01, 2013 4:02 pm

Re: Martin van "Smoking guns custom rifle stocks"

Post by martinvanderberg »

Herrie 260, my nommer is 071 drie drie 44 ses49. Ek is reeds volstoom aan die gang en kan julle manne my stormloop. My website is nognie opgegradeer nie maar die cell nommer is reg. Ek sal eerskomende maand my website in orde kry. My blad op facebook (Smoking guns custom rifles and stocks) het hope foto's asook n volledige pryslys.

Groetnis
Martin
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Martin van "Smoking guns custom rifle stocks"

Post by Carl »

Martin,
Welkom hier ek hoop jy sal goeie besigheid kry en ook manne kan uithelp met goeie produkte.

Is Rustenburg te vêr vir jou vanaf Potch?
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
martinvanderberg
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Fri Mar 01, 2013 4:02 pm

Re: Martin van "Smoking guns custom rifle stocks"

Post by martinvanderberg »

Goeie more Carel

Baie dankie vir verwelkoming. Rustenburg is net om die draai. Indien jy n kolf soek moet jy slegs jou geweer vir my bring of koerier met Ram. Sal met n plesier help.

Groetnis
Martin

------------------------------------------------

To be the best...you have to beat the best....that's why I am the best.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Martin van "Smoking guns custom rifle stocks"

Post by Carl »

Dankie Martin,
Ek sal nog self draai maak.

Eintlik wou ek weet of jy 'n wapensmid hier wil gebruik, maar sien nou ek het mis gelees dat jy reg gekom het.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply