Goeie middag
Ek het 22/250 met 6.5-20x50 leupold op en 6.5x55 met NF 5.5-22x56 op.
Die 22/250 het eers 3-9x40 leupold op gehad.
Ek sukkel om goeie oog posisie deur die teleskope te kry. Het 'bearclaw' op 6.5 om wang te lig, ongeveer 8mm. Beide scopes het paralaks verstelling.
Het erens gelees van item wt jy agter op eyepiece plaas wt help met posisionering van oog. Kan iemand raadgee asb? Probleem kom wanneer ek van bench skiet, wanneer ek of voorsit skiet of van bakkie skiet het ek min probleem, maar die bench voeter my rond EN nou is my selfvertroue bietjie laag agv swak vertoning van die bench af. (skiet saterdag drie skote presies in horisontale lyn, maar 110mm uitmekaar op 200m)
Ek besef daar kan baie ander faktore wees, maar wil graag hierdie oogposisie eerste oplos.
Dankie by voorbaat
Probleem met oogposisie t.o.v. Teleskoop
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Probleem met oogposisie t.o.v. Teleskoop
Ek het sommer self gemaak en dit het vir my gehelp,
Kry ou scope covers, daai wat met rekkie verbind is, dis gewoonlik in jou scope box, breek die geel glas (myne was geel) uit en sny rekkie middeldeur en knoop weer, nou kan die rekkie se "loop" om die verstel knop pas, en vasgetrek word op jou oogstuk.
Vat dan tippex en maak 4 merke aan die buitering, wat ooreenstem met jou kruishaar.
As jy nou deur scope kyk, dan vank jou oog die 4 wit merke wat jy kan opline met jou kruis......
Elke keer selle = konstantheid.
Jy kan natuurlik n duur een koop, Captain Oblivious kan jou sê waar
Cheers

Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Probleem met oogposisie t.o.v. Teleskoop
Dankie Cobus, sal jou raad volg.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Probleem met oogposisie t.o.v. Teleskoop
Met groot vergroting gaan jy vind dat jy moeilik die belyning van jou oog gaan regkry en ook gaan sukkel om die teiken te kry met die nou veld wat jy dan het. 'n Landmeter se optiese instrument het 'n "gunsite" daarop om dit moontlik te maak om die 30x vergroting teleskoop te rig. Die geweerteleskoop is langer en jy kan teen die kant afpeil om dit reg te rig.
Die 2de probleem by bankskiet is dat jy nie reg in die geweer "kan inklim" nie. Die stoele en hoogte daarvan maak dat mens nie vêr genoeg na vore kan sit om 'n volle beeld in die teleskoop te verseker nie. Ek vind dit met die meeste van my gewere en probeer dan om die sirkel wat vorm mooi konsentries om die kruis te kry. Ek wil voorstel dat jy by 'n tafel tuis gaan sit en kyk hoe om die beste beeld te verkry.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Probleem met oogposisie t.o.v. Teleskoop
Ek hou van die DIY plan. Daar is 'n plek in EU wat die goed verkoop maar is maar duur vir stukkie plastiek met 4 geel pyltjies. As jy nie wen pm my. Dink ek het hulle nog iewers op my favourites.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Probleem met oogposisie t.o.v. Teleskoop
Tripodmvr
Het Saterdag by ander klub gaan skiet...... Beide gewere loop soos stroop!! Dit was al die tyd ek wat nie korrek agter die geweer gesit het nie!! Kan nou nog nie glo nie. Dit klink na bollie, maar ek kon maklik 15mm groepe met 22/250 en 6.5x55 op 100 skiet. Die baan het ook gonge op 300...... Wat 'n fees. (die stoel was te hoog gestel by vorige baan)

Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Re: Probleem met oogposisie t.o.v. Teleskoop
Manne, ek wil dalk net byvoeg met wat hier bo gese is. Ek het so rukkie terug met n persoon gesels wat op olimpiese vlak skiet. Hy het my uitgewys hoe belangrik dit is om gemaklik te wees agter jou geweer. Volgens hom gan dit oor muscle memory ook. Jy moet altyd dieselfde posisie wees agter jou geweer. Kop reg op! Let op hoe baie manne, veral op die skietbaan hulle koppe buig om agter die scope in te kom. Niemand buig hulle koppe so ver as jy reg op staan en skiet nie. Dis baie belangrik om gemaklik agter jou geweer te wees. As ek weer skietbaan toe gaan gan ek dit bietjie probeer.