Waardasie en inligting rondom baie ou gewere
-
Frederick
- Jr. Member

- Posts: 52
- Joined: Tue Apr 24, 2012 3:23 am

Goeienaand
Wie kan ek kontak wat kundig is mbt ou gewere.
Ek wil uitvind min of meer hoe oud die gewere is, waar hulle van daan kom en natuurlik wat die waardes is en of dit die moeite werd sou wees om van die gewere aan te koop en te laat restoureer
Ek woon tans in Pretoria
Daar is 'n Mauser,'n Harrigton en Richardson, 'n Steyr en 'n baie ou Brno in die pakkie
By voorbaat dank

- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Waardasie en inligting rondom baie ou gewere
Frederick, is daar iewers 'n wapenmuseum of militêre museum wat jy dalk as beginpunt kan beskou?
Ek is seker hulpmiddels soos hierdie forum en andere asook Facebook sal jou vinnig op 'n spoor plaas.
Laat weet gerus wat jy kon vasstel aangesien hier dalk nog manne is met soortgelyke vrae.
Hoop jy kom gou reg.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Waardasie en inligting rondom baie ou gewere
Plaas fotos hier en dan kan die lede hul menings gee. Hier is vele manne wat deur die jare darem al kennis opgedoen het rakende wapens.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Waardasie en inligting rondom baie ou gewere
Frederik,
Die naam ontgaan my maar daar is 'n man in Ficksburg wat redelik wapens versamel.
Anders kan jy Johan van Wyk vra.
Ek sal baie wye draai om Facebook loop. Daar is advies en kommentaar van mense wat my nek hare grys maak en reg op staan.

Last edited by Carl on Fri May 22, 2015 7:53 am, edited 1 time in total.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Waardasie en inligting rondom baie ou gewere
Die oom se van is Barret. Hy het n masiewe militêre versameling.Carl wrote:Frederik,
Die naam ontgaan my maar daar is 'n man in Ficksburg wat redelik wpaens versamel.
Plaas maar fotos dat ons kyk. As dit n militêre Mauser is is hy boggerol werd. Kommersiële een van soorte kan iets werd wees as hy in goeie toestand is.
Ou Brno kan ook iets werd wees.
H&R kan jy maar los. As dit n ou militêre Steyr is ook.
Weet jy die kalibers?
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: Waardasie en inligting rondom baie ou gewere
Kontak vir Clasic Arms in Witbank.
Gooi 'n paar fotos, dalk kan iemand hier op die forum sommer help.
Gooi 'n paar fotos, dalk kan iemand hier op die forum sommer help.
-
Frederick
- Jr. Member

- Posts: 52
- Joined: Tue Apr 24, 2012 3:23 am
Re: Waardasie en inligting rondom baie ou gewere
Naand Almal en dankie vir bydraes sover.
Ek het classic Arms gemail en ook vir Arms
hier volg n paar foto's
kom ons begin by die H&R in 3006

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Frederick
- Jr. Member

- Posts: 52
- Joined: Tue Apr 24, 2012 3:23 am
Re: Waardasie en inligting rondom baie ou gewere
Steyr 8mm

Brno 7.62

Mauser 3006

Almal saam
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Waardasie en inligting rondom baie ou gewere
H&R 30-06 - M1 Garand semi-outomaties
Steyr lyk nie na nou jou alledaagse 8mm nie - laat hom evalueer vir geskiedkundige waarde
Brno lyk na ou aksie, maar "moderne kaliber". Een of ander omskakeling - Israel?
Mauser 30-06 - baie ou miltêre aksie - ou pasmaakgeweer? Dink nie geskiedkundige waarde nie synde dit in 30-06 is.
Steyr lyk nie na nou jou alledaagse 8mm nie - laat hom evalueer vir geskiedkundige waarde
Brno lyk na ou aksie, maar "moderne kaliber". Een of ander omskakeling - Israel?
Mauser 30-06 - baie ou miltêre aksie - ou pasmaakgeweer? Dink nie geskiedkundige waarde nie synde dit in 30-06 is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Daan dP
- Newbie

- Posts: 6
- Joined: Sun Mar 02, 2014 2:56 pm
Re: Waardasie en inligting rondom baie ou gewere
Die Steyr-Geudes valblok, of "Martini" is 'n baie skaars geweer en het besliste versamelaarswaarde. Dateer uit die 1880's. Dit was die laaste enkelskoot militére geweer wat gebou is.
Afhangende van die toestand, tussen R4000 en R8000.
Die 30-06 Mauser is 'n standaard '98 militére geweer wat vir 'n Suid-Amerikaanse kontrak vervaardig is deur Mauser. 1930's. R2000 tot R3000, afhangende van toestand.
Die Brno 7.62 is 'n presiese kopie van 'n militere '98 Mauser. 1940's. (die Duitsers het in die 2de Wereldoorlog die Brno fabriek oorgeneem) Dit was aanvanklik 'n 8x57 kaliber wat deur die Israeli's 'n 7.62 loop opgesit is vir militére gebruik in die 1960's. Selfde as die 30-06; R2000 tot R3000 afhangend van toestand.
Die Martini-Henry 'sporting' geweer, met die wit plakker op is gebou as 'n jaggeweer, dit is nie 'n militére geweer wat omgebou is nie. Dalk .303 kaliber? 1880's. Ook 'n versamelstuk. R4000 tot R5000.
Die .303 geweer met die afgesaagde kolf is eintlik 'n unieke Suid-Afrikaanse ombouing. Dit is 'n 'Lang Lee', die geweer wat die Britte in die land ingebring het tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902), met 'n SMLE loop op.
Die destydse Unie regering (1910 tot 1961) het baie van die ou 'Lang Lee' gewere nuwe lope opgesit tydens die 2de Wereldoorlog (1938-1945), maar hulle kon nie meer Lang Lee lope kry nie, toe sit hulle SMLE lope op, en sny die kolf korter.
Die ombouings is in Kimberley gedoen. Jy sal sien die geweer het 'n U met 'n diamant teken binne in op die slot gestempel. Dit is die Kimberley arsenaal se stempel. R1000 tot R2500, afhangend van toestand.
Ek het geen idee wat die H&R Garand werd is nie, maar dit is beslis meer as R4000. Kan selfs dubbeld dit wees.
Dit is die geweer wat die Amerikaners tydens die 2de Wereldoorlog gebruik het.
Classic Arms is 'n goeie plek om waardes by te kry.
Jy kan ook hierdie wapens op hulle volgende veiling verkoop. Hierdie tipe wapens haal goeie pryse daar.

Daan, dankie vir jou bydrae. Sien nou eers die "sporting" Martini. Het op die lys afgegaan en hom misgekyk.