Tip vir ons beginners

Post Reply
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Tip vir ons beginners

Post by Kubus »

Naand manne.
Ek sit nou te midde van eg Suid Afrikaanse beurtkrag, vervelig en lees insette op Jaracal.
Ek dink ek het die jakkalsding min of meer reg begin, kursus gedoen, saam met die groot manne n paar aande uitgegaan, toerusting aangeskaf, bakkie pajamas gekoop ens, ens.
Toe ek begin het om op my eie uit te gaan, het dit telkemale gebeur dat ek wonder wat om nou te doen. Wat is op die kursus gese en wat het ek hier op Jaracal raakgelees, maar kon nie onthou nie.
Wat doen jy sekere tye van die jaar, watter roepe speel jy wanneer, vir hoe lank ensovoorts.....

Toe kry ek hierdie idee:
Ek het n slimfoon, julle weet mos hierdie grenterigge goeters waar jy fotos kan neem en met jou vingers die foto kan vergroot ens...
Ek neem toe fotos van my kursusmateriaal, van bladsye belangrike brokkies inligting op Jaracal op my laptop. Neem fisies n foto van my laptopskerm (Ja, lag maar!!!!) en plaas die fotos in n folder "Jakkalse" op my selfoon.
Raai wat doen ek nou in die veld as ek wonder......
Kyk fotos en lees myself slimmer.

n Gedagte vir ons newbies!!!!!
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: Tip vir ons beginners

Post by Pieter »

Mooi man Kubus, hoe sê Heirich, as jy twyfel speel 'n haas!!!!
Post Reply