300 win mag bullet jump?

Post Reply
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

300 win mag bullet jump?

Post by Benman »

More manne

Ek soek bietjie raad vanmore. wat is die minimun bullet jump vir die 300 win mag kaliber met 180gr Sciroccos? Tot waar kan mens gaan 5mm? My TPL is 91.15mm.
Ek luister graag.

Groete
Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

Re: 300 win mag bullet jump?

Post by Benman »

Ludwig

91.15 is tot teen die lande. Ek wil weet hoe ver van die lande af. 90.15 pas in my magesyn, ek het die remington sendero. Ek het goeie groep met 89.5mm TPL gekry, 72gr S385 met fed 215 mag primer. Wat my pla is dat ek tekens van druk ervaar as ek die slot oopmaak alhoewel die groepering goed lyk. Ek het nou ladings gemaak met jump van 1mm, 2mm, 4mm en 5mm.  Ek het ook CCI 250 magnum primers gelaai. ek gaan hulle more skiet. Wat stel jy voor?

Groete
Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300 win mag bullet jump?

Post by Wouter Roets »

Ludwig en Benman

Ludwig soos ek vir jou geskryf het op die ander post is die gebruik van Magnum primers nie n vereiste as dit by die 300 kom nie en vererger net einlik die dopfulling probleem. n Persoon wil maar altyd so na as moontlik by 100% kom. Die Fed 215 primer is vervaardig vir die 460 Wheatherby wat darem aansienlik meer poeier verbrand. Die gewone primers werk baie goed op die 300.
Benman as jy jou TPL korter maak verklein jy jou dopkapasiteit en vererger jou drukplobleme so dit is nie die pad om te gaan nie. As jy jou Tpl verkort moet jy diensooreenkomstig jou lading ook verminder om te kompenseer. Rule of thumb is vir elke 0.2mm kan jy so 0.2gr afkom op die 300.
Ludwig ek stem heelhartig saam oor jou stellings van die sprong met 1mm wat maar oor die algemeen gesien word as die idiaal. Onthou ook maar net die reciol inpak op jou ronte as jy baie naby aan die maksimum lengte in jou magesynkas is. 1-1.5mm spasie kan jy beskou as maksimum in jou 300. Wanneer jy n knaldemper op het kan jy met so 0.5mm nog wegkom. Hou dit maar net dop en vermy dat die onderste rondte te veel hammering vat.
Ludwig ek sien met daai lading van jou is jy spot-on op wat ek vir jou gegee het. Wys jou daai program werk!

Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300 win mag bullet jump?

Post by Wouter Roets »

Ludwig
Jy is reg die program neem nie primers in ag nie. Hy het seker die funksie maar ek weet nie hoe nie. ???
Ek het maar geskat met die verminderde lading met die CCI250. Ek het al my ou ladings van die afgelope 14 jaar deurgegaan en jy kan nie glo hoe akkuraad dit is nie! Poeiervariasie is maar altyd die grootste sondebok met QL. Bulletjump is weer met die nodes die grootste. Dit is net nou so maklik om n lading uit te werk en dan net te finetune op die ou manier. Spaar ten minste 80% se tyd, moeite, geld en looplewe. Snaaks dat die storie nie al baie meer aftrek gekry het in tydskrifte en dies meer nie?

Groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300 win mag bullet jump?

Post by Wouter Roets »

Jy praat! Biljoen rand bedryf! Ons moet dit maar onder mekaar versprei. Gelukkig kan ons dit met mekaar deel. Kry vir jou QL dan email ek vir jou die node program.

Groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: 300 win mag bullet jump?

Post by Beretta »

Hi Wouter
Ek wil net graag weet wat die node program is ek het ql
Dankie Beretta
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300 win mag bullet jump?

Post by Wouter Roets »

Beretta
Stuur vir my jou e-pos adres en ek sal hom vir jou aanstuur of anders gaan kyk onder Black Magic van Arnold ek dink daar is n link daar.
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: 300 win mag bullet jump?

Post by Beretta »

Hi Wouter
Dankie het vir jou gestuur
Groete Beretta
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300 win mag bullet jump?

Post by Wouter Roets »

Beretta
Dankie. Manne onthou net een ding met hierdie node(barrelvibration) storie, dit is basies wat ons nog altyd weet en vermoed nou net saamgevat en verduidelik in n baie eenvoudige formule. As jy mos op die ou manier jou ladingontwikkeling gedoen het, het jou geweer se groepering mos maar oop gemaak en kleiner geraak soos jy meer poeier(spoed) bygesit het en die node storie verklaar dit en die belangrikste is dat hy dit kan voorspel. Solank jy daai spoed slaan wat die loop se node op is gaan jy die beste groepering kry wat jou loop met daai spesefieke koeel gaan behaal. Dit is nog steeds nie te se dat dit uitstekend gaan wees nie, net die beste vir daai kombinasie. Daar is niks snaaks of uit die bose met die twee programme nie, net wetenskap. Ek sien dat baie ervare manne met wie ek oor die storie praat baie swaar sluk daaraan. Hoor nou maar wat ek se dit werk!
Groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
stephensonsknives
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 305
Joined: Tue Dec 08, 2009 3:50 pm

Re: 300 win mag bullet jump?

Post by stephensonsknives »

kan jul manne vir my ook die formule aanstuur... stephen@stephensonsknives.com

ek het my 300 win mag al gereeld op 300 en 400 m uitgevat om teiken te skiet,redelik akuraat.
gooi net die  3de patroon as n flyer, maar van al my gewere is dit die oupa van alle skietysters
kruitdampgroete
Bewarings Beampte Baviaanspoort
www.stephensonsknives.com
Post Reply