Nuwe handwapen of nie?
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Nuwe handwapen of nie?
Ek het n Browning Highpower wat regtig lekker skiet en baie betroubaar voer en skiet. Ek het hom vir baie jare aan my gedra, maar met die werk wat ek nou doen, dra ek baie kortbroek en ligte los hemde in die somer en maak die dra daarvan moeilik aangesien ek PT broeke dra sonder n belt natuurlik.
Daar was nou onlangs 2 aanvalle van mense in ons dorp, die een noodlottig, net toe die mense by die huis kom. Hulle was ingewag en nie gewapen nie. Ek wil nou weer my pistool maar permanent aan my dra.
Die 2 opsies is:
1. Koop n klein kompakte 9mm pistool, of
1. Kry net n ordentlikke holster wat my Browning mooi gaan wegsteek.
Wat sou julle doen, en wat stel julle voor as ek n ander pistool moet koop. Ek het na n paar opsies gekyk. My vereistes is dat hy baie kleiner moet wees as die Browning om dit die moeite werd te maak met al die slep van lisensie aansoeke ens.
My eerste keuse is die nuwe Glock 43, dan enige van of die S&W M&P Shield, of Taurus PT 709 slim, of PT 111.
Die glock 19 is nie soveel kleiner as my Browning om dit die moeite werd te maak. Die Glock 26 lyk ook OK.
Of alternatiewelik, wat se holster stel julle voor vir my Browning wat hom mooi gaan versteek en gemaklik is

-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Nuwe handwapen of nie?
Hallo Piet.
Kom ek gee maar my persoonlike mening. Ander gaan noodwendig verskil.
Die een item wat die meeste invloed het op die gerief waarmee 'n handwapen versteek gedra kan word, is die gordel. Kry vir jou 'n 1,25" - 1,5" "double stitched" leer belt (dit is van 2 lae leer aanmekaargesit) of een van die beter sintetiese ekwivalente. Die styfheid van die gordel versprei die gewig rondom jou lyf. Die leer tipe neem ook gou jou lyf se vorm aan, wat gerief baie verbeter. Die leer gordel hou ook vir baie jare van daaglikse dra.
Daarmee saam moet jy natuurlik broeke dra wat lussies het. Pas jou klere aan by die wapen, nie andersom nie. Om broeke 1 grootte groter as normaal te koop, help ook om spasie te maak vir die wapen.
Die holster kan ook help, maar moet eerstens die wapen beskerm teen jou sweet. Bly maar weg van leer, aangesien dit die sweet absorbeer en moelik was. Ek hou van die goedkoop "Cordura" tipe materiaal, omdat dit maklik gewas kan word. Die meer moderne holsters soos die "Hybrid" tipe, dra baie gerieflik, maar kyk maar hoe jy dit gaan higienies hou. Kies 'n holster met belt-knippe of -hake wat maklik versteek. Daai blink gechroomde goed is net 'n advertensie dat jy dra.
Dra eers jou ou BHP in die nuwe holster-belt kombinasie, voor jy 'n nuwe wapen soek. Dit kan 'n ruk vat voor jy die lisensie kry... Dit sal jou ook 'n beter idee gee van wat is die grootste wapen wat jy gerieflik kan saamdra.
As dit by wapenkeuse kom, vir iets wat die verskil tussen lewe en dood kan bepaal, sou ek nie soek vir die kleinste en ligste (of goedkoopste) beskikbaar nie, maar die grootste wat jy daagliks kan saamdra. Nog niemand het ooit tydens of na 'n konfrontasie met aanvallers, gewens hy het eerder 'n kleiner wapen gehad, met minder ammu nie. Hou in gedagte dat aanvallers in SA meestal in groepe opereer, en dat die groepe begin groter raak. Aanvalle op plase en besighede is al deur groepe van 8 en meer aanvallers uitgevoer. Huisrowe ens is nie ver agter nie. Neem ook in ag dat enige draagbare handwapen maar 'n baie marginale "stopper" op die gemiddelde gerookte/gedrinkte/bedwelmde en toordokter-ge"bulletproof"de aanvaller/moordenaar is. Jy sal nie te veel of te groot koeëls kan dra nie.
Dit alles in ag genome, sal jy sien hoekom 'n tipiese 9mmP met plastiekraam, in die grootte van 'n G19, CZ PO-7, S&W SD9 (tans goed geprys) ens. ens. baie populêr is nie. Hulle almal weeg omtrent 600g leeg, amper die helfde van jou BHP. Hulle is almal uiters roesbestand, juis vir versteekte dra. Hulle is ook almal veilig om gelaai te kan dra. Almal het voordele en nadele en die grepe voel lekker in verskillende mense se hande. Kies maar self een wat van jou hou. Ek dink die G19 is beproef en het nie enige skerp hoeke nie, dus dra hy lekker. Ek hou ook van die eenvoud van die snellermeganisme, jy trek die ding uit en druk die sneller. Geen gevroetel met eksterne veiligheidsknippe nie. Verskeie ander bied maar basies dieselfde. Die beskikbaarheid (en prys) van onderdele (ekstra magasyne, vere ens) tel ook vir my punte. Mooigeit tel nie vir my punte nie, die ding moet net mooi werk.
Jy gaan 'n goeie pistool nie sommer opgebruik of uitskiet in jou leeftyd nie (anders as bv. 'n 22-250 geweer). Kies kwaliteit en spandeer tyd saam met jou nuwe wapen. Vaardigheid is altyd belangriker as jou toerusting. Daarom sal dit jou baat om gereelde oefening (met jou dra-wapen) in te kry. 'n Lekker manier om vaardig te bly, is om aan sportskiet deel te neem. Dit bevorder jou vaardigheid en veiligheid en laat jou toe om enige nukke wat die wapen of ammunisie mag oplewer, uit te sorteer. Ek sou dus 'n wapen kies wat ook geskik is vir sportskiet (enige van die baie dissiplines), al hoef jy nou nie hoogs kompeterend te wees nie.
Hoop dit lei jou in die regte rigting?
Groete.

- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Nuwe handwapen of nie?
Alwyn. Dankie vir jou goed uiteengesitte en wel beredeerde opinie. Dit het vra vir my geantwoord wat ek nie eers geweet het ek wonder oor nie.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Nuwe handwapen of nie?
Oom Piet
Dit is een van die betere replies op die forum die man praat baie waar. Ge is ook n expert met die hand wapens hy kan ook goeie raad gee. Dra wat vir jou gaan werk

bobby
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Fri Jan 29, 2010 6:28 pm
Re: Nuwe handwapen of nie?
id go for the s&w shield .
im one of those who carrys a sd handgun every day , i take it off only to shower and sleep .
ive carried many differant guns over 27 years snubbys , pocket pistols , wonder nines , meduim framed revolvers ,glocks ,1911's but the nicest was/is the small guns .
as you've said you want a gun very much different in size to the bhp and that the shield is . concealing a gun is all about the size not the weight . weight can be fixed with a good belt and holster , size can only be fixed with a smaller gun.
even with the shield pt shorts and carrying a gun don't work too lekker . to carry a gun comfy and secure a belt is a must . with pt shorts and no belt only those tiny mickey mouse naa revolvers is a carry option and those are a bad idea as a sd gun .

uitenwaj
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm
Re: Nuwe handwapen of nie?
Probeer gerus ook n sticky holster wat gedra kan word sonder n belt. Dit word van n kleef materiaal gemaak en klou ordentlik vas al word dit net met n broek tou vas getrek. Ek dra my sticky holster saam pt broeke wat net met die broek toutjies vas maak en doen tuin werk en los werkies om my huis sonder enige probleme of as ek gou vinnig Mica of winkels toe moet gaan. Jy kan selfs die Twist of makaryna doen met n pt broek saam so sticky holster sonder dat dit uit val.
Ek vind dat ek deesdae al hoe meer my sticky holster dra en my ander holsters gaar net stof op.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Gamo CFX .177
Glock 17 Gen4 "Tupperware"
Howa 22-250Rem "PisDruppel"
Howa 308Win "Gradeboog"
Glock 17 Gen4 "Tupperware"
Howa 22-250Rem "PisDruppel"
Howa 308Win "Gradeboog"
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Nuwe handwapen of nie?
Ek dink die oplossing is maar net om n kortbroek met n belt te dra. Om jou klere drag te verander gaan meer voordelig en goedkoper wees as n nuwe pistool.
Kry dan n ordentlike holster vir jou bhp en daarna sou ek na n gepaste pistool kyk as jy nie met die bhp regkom nie.
Kry dan n ordentlike holster vir jou bhp en daarna sou ek na n gepaste pistool kyk as jy nie met die bhp regkom nie.
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Nuwe handwapen of nie?
Alwin, soos ek jou oor die jare leer ken het, altyd goed deurdagte oplossings. Baie dankie vir al jul raad. Vir eers sal ek maar oorslaan na kortbroeke wat ek n stewige belt mee kan dra en hou by my BHP. Ek dra hom tans met n pancake inside holster. Ek sal soek vir n lekker dra holster by Huntex, as ek tyd gaan kry. Gewoonlik werk ons daar so hard dat ons niks van die skou sien nie.
Ek wil nie graag my Browning verkoop nie, aangesien ons al n lang pad kom en hy regtig baie akkuraat is en lekker skiet met geen storings.
Ek sal dan maar kyk of ek hom kan herklasifiseer as n sportskiet wapen en dan vir my iets anders soek soos hierbo genoem vie aan my dra.
Ek wil nie graag my Browning verkoop nie, aangesien ons al n lang pad kom en hy regtig baie akkuraat is en lekker skiet met geen storings.
Ek sal dan maar kyk of ek hom kan herklasifiseer as n sportskiet wapen en dan vir my iets anders soek soos hierbo genoem vie aan my dra.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Nuwe handwapen of nie?
Jy gaan dalk, soos ek, met 'n skoenboks vol holsters eindig! Probeer maar tot jy iets kry wat werk.Piet Breedt wrote:Alwin, soos ek jou oor die jare leer ken het, altyd goed deurdagte oplossings. Baie dankie vir al jul raad. Vir eers sal ek maar oorslaan na kortbroeke wat ek n stewige belt mee kan dra en hou by my BHP. Ek dra hom tans met n pancake inside holster. Ek sal soek vir n lekker dra holster by Huntex, as ek tyd gaan kry. Gewoonlik werk ons daar so hard dat ons niks van die skou sien nie.
Ek wil nie graag my Browning verkoop nie, aangesien ons al n lang pad kom en hy regtig baie akkuraat is en lekker skiet met geen storings.
Ek sal dan maar kyk of ek hom kan herklasifiseer as n sportskiet wapen en dan vir my iets anders soek soos hierbo genoem vie aan my dra.
Onthou dat jou BHP nie toegerus is met 'n slagpen-blok veiligheidsmeganisme nie. Dit beteken jy moet maar ekstra versigtig (veilig) met die pistool omgaan, as jy hom gelaai dra. En gelaai sal jy hom moet dra, as dit enige nut moet hê, as jy aangeval word. Dis juis oor diè rede, wat jy tog maar moet rondkyk vir 'n meer moderne pistool, met moderne veiligheidskenmerke. Maar ek stem saam, dat die BHP baie lekker skiet.
Om jou pistool lisensie van S13 na S15 of 16 te verander, is nou nie juis iets waarvoor die wet voorsiening maak nie. Dis baie makliker om net die nuwe op S15 of 16 te sit en klaar. Die wet sê uitdruklik jy mag hom vir enige wettige doel gebruik, by elke "seksie".
Last edited by Alwin on Sun Apr 19, 2015 6:51 pm, edited 1 time in total.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Nuwe handwapen of nie?
Oom Alwin,
Great raad! Maak sommer dat ek hierdie week my SD9 aansoek gaan ingee. Sal oor my polisiestasiephobia moet kom. Ek verpes die plek!

Goed, beter, 6millimeter!
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Nuwe handwapen of nie?
Alwin, ek neem aan dat S13 vir selfverdediging is en S15 en S16 sportskiet is.
So dink jy ek moet my BHP net so hou en vir n sportskiet handwapen aansoek doen op die nuwe handwapen en hom dan aan my dra?
So dink jy ek moet my BHP net so hou en vir n sportskiet handwapen aansoek doen op die nuwe handwapen en hom dan aan my dra?
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Nuwe handwapen of nie?
Piet, S13 is selfverdediging, S15 geleentheids-sportskiet of -jag en S16 Toegewyde Sportskiet of -jag.Piet Breedt wrote:Alwin, ek neem aan dat S13 vir selfverdediging is en S15 en S16 sportskiet is.
So dink jy ek moet my BHP net so hou en vir n sportskiet handwapen aansoek doen op die nuwe handwapen en hom dan aan my dra?
Ja, hou die lisensie net so. Sit die nuwe wapen op sportskiet of jag. Baie mense motiveer 'n handwapen vir die toedien van 'n doodskoot op gekweste wild, onder Toegewyde Jag. Dit is 'n goeie, geldige rede. Kan jou help met die motivering.
Die BHP is 'n puik pistool, maar hou in gedagte dat dit in 1935 die toonbeeld van wapen-tegnologie was. Nou, 80 jaar later, kan jy hom effens opgradeer. Ek sou die volgende veranderings voorstel, om die wapen meer bruikbaar vir SV en sportskiet te maak:
1. Haal die magasyn-veiligheidsmeganisme uit, as dit nie alreeds verwyder is nie. (Dit maak die sneller baie stram en keer dat magasyne kan uitglip.)
2. Vergroot die veiligheidsknip vir makliker manipulasie.
3. Vervang visiere met groter weergawes. 'n Ligstafie ("fiber optick") in die voorste visier help BAIE (in daglig).
4. 'n Meer duursame afwerking, soos bv. Cerakote, kan help om roes te voorkom op die lang termyn, maar dis nie noodsaaklik nie.
Groetnis!
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Nuwe handwapen of nie?
Ek het toe maar besluit op n Glock 19 Gen 4
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Nuwe handwapen of nie?
Lekker bespreking. Ek kyk nou bietjie anders na die plastiek-pistole. Die groot deursnee van die soort pistool pla my egter. Is daar van hulle wat so smal is soos my BHP ?
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Nuwe handwapen of nie?
Oom Piet ek is in selfde booitjie, PT broeke en alles! Ek het n berreta mod 92... 2 maande terug my 19 gen 4 gekoop, aansoek Le nog by CFR! Bakgat roertjie
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Nuwe handwapen of nie?
Kyk ook na die MIC holster, hy lyk interresant...
- tau
- Hero Member

- Posts: 3943
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Nuwe handwapen of nie?
Het vandag weer tussen groepe skiet en stap na teiken dan skiet ek eers 15 skote met my Glock 19. Ek dra elekdag en het die week eerstekeer iemand gehad wat my gevra het op ek dra. Ek gebruik 'n glock sock.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Nuwe handwapen of nie?
Daai glocks lyk vir my mooi in daai beige kleur. As alles beige is .
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Nuwe handwapen of nie?
Hoe lyk die Glock sock?tau wrote:Het vandag weer tussen groepe skiet en stap na teiken dan skiet ek eers 15 skote met my Glock 19. Ek dra elekdag en het die week eerstekeer iemand gehad wat my gevra het op ek dra. Ek gebruik 'n glock sock.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3943
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Nuwe handwapen of nie?
http://www.themicholster.com/store_holster.phpPiet Breedt wrote:Hoe lyk die Glock sock?tau wrote:Het vandag weer tussen groepe skiet en stap na teiken dan skiet ek eers 15 skote met my Glock 19. Ek dra elekdag en het die week eerstekeer iemand gehad wat my gevra het op ek dra. Ek gebruik 'n glock sock.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Nuwe handwapen of nie?
Tau... jy het nou n link gestuur vir die mic. Is hy en die sock dieselfde ding?
- tau
- Hero Member

- Posts: 3943
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Nuwe handwapen of nie?
JA ek het dit M.I.C link gestuur. Die "Glock sock" is die SA weergawe te koop by Parow arms, maar dieselfde ontwerp en funksie.BeesBreet wrote:Tau... jy het nou n link gestuur vir die mic. Is hy en die sock dieselfde ding?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Nuwe handwapen of nie?
Jy sal moet gaan vergelyk. Die BHP se voorste deel is baie smal, maar na die "trappie" is hy maar gemiddelde "dikte".wlm wrote:Lekker bespreking. Ek kyk nou bietjie anders na die plastiek-pistole. Die groot deursnee van die soort pistool pla my egter. Is daar van hulle wat so smal is soos my BHP ?
Die dunste pistole is natuurlik die met enkelkolom-magasyne. Maar jy boet kapasiteit in vir daardie dieet-lyfie. En die dunner grepe sit ook nie noodwendig lekker in die hand nie.
Kyk ook na al die uitsteeksels (knippe ens) op die pistole. Dit is gewoonlik die items wat die breedste afmeting gee. 'n Pistool met minder uitsteeksels en skerp hoeke, dra gewoonlik baie gemakliker teen die lyf, as ene met skerp punte en rante.
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Nuwe handwapen of nie?
Dankie Alwin
Jy gee my baie stof tot nadenke.
Wat dink jy van die volgende opsie? Klein kompakte enkelkolom 9 mm P vir saamdra en die BHP met sy groot magasyn vir huis en haard beskerming
Ek sal nie sommer my BHP verruil vir plaasbeveiliging nie. Die feit dat ek hom gewoond is en instinktief hanteer gee my baie selfvertroue. Ek dink dit moet punte tel as dit die dag nodig is.
Jy gee my baie stof tot nadenke.
Wat dink jy van die volgende opsie? Klein kompakte enkelkolom 9 mm P vir saamdra en die BHP met sy groot magasyn vir huis en haard beskerming
Ek sal nie sommer my BHP verruil vir plaasbeveiliging nie. Die feit dat ek hom gewoond is en instinktief hanteer gee my baie selfvertroue. Ek dink dit moet punte tel as dit die dag nodig is.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Nuwe handwapen of nie?
Dit kan werk. Maar wat gaan jy by jou hê, as 'n bende van 4+ tweebeenjakkalse jou voorlê by 'n plaashek/pompstasie/stomp in die pad? Gaan die 6+1 kompakte wonder genoeg wees? Dit gaan vir seker beter wees as iets groter, wat veilig in die kluis lê. Uiteindelik moet jy self die keuse maak. Dis maklik om effektiwiteit in te boet vir gerief. Juis daarom dat baie mense liewers niks saamdra nie. Dis 'n persoonlike keuse, wat jou eie, unieke omstandighede moet in ag neem.wlm wrote:Dankie Alwin
Jy gee my baie stof tot nadenke.
Wat dink jy van die volgende opsie? Klein kompakte enkelkolom 9 mm P vir saamdra en die BHP met sy groot magasyn vir huis en haard beskerming
Ek sal nie sommer my BHP verruil vir plaasbeveiliging nie. Die feit dat ek hom gewoond is en instinktief hanteer gee my baie selfvertroue. Ek dink dit moet punte tel as dit die dag nodig is.
In enige situasie waar jy 'n horde moordlustige aanvallers moet trotseer (wat waarskynlik gerook/gedrink is en onsigbaar/bulletproof-muti by die toordokter gekry het) is 'n handwapen (enige handwapen) maar eintlik baie lig in die broek. Iets soos 'n R1 of haelgeweer (met groot magasyn) sou heelwat beter gewees het, saam met 'n paar geoefende helpers met dieselfde gereedskap. Maar dit is gewoonlik nie beskikbaar nie... Dra dus so veel as moontlik patrone in 'n hanteerbare wapen.