BC van punte

Post Reply
Chop
Newbie
Newbie
Posts: 38
Joined: Wed Oct 01, 2014 9:27 pm

BC van punte

Post by Chop »

Hallo julle.

Is al die bc van punte wat deur vervaardigers aangedui word gebaseer op see vlak en kan mens dit aan pas as jy in binneland skiet?
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: BC van punte

Post by Gawie(13mm) »

Chop wrote:Hallo julle.

Is al die bc van punte wat deur vervaardigers aangedui word gebaseer op see vlak en kan mens dit aan pas as jy in binneland skiet?
Dagsê.
Die kort antwoord is ja.
"Maaaar"; daar is altyd 'n maar. ;D

BC is 'n konstante waarde wat in 'n wiskundige formule gebruik word om 'n koeël se baan te bepaal. Die veranderlikes in die vergelyking, soos spoed, lugdruk, temperatuur en 'n magdom ander gegewens bepaal die eintlike antwoord.

BC self verander dus nooit, indien dit korrek is.

Gebruik maar altyd getoetsde BC waardes. Brain Litz is maar die man wie se data die meeste van ons gebruik. Die vervaardigers self gebruik baie keer die BC waardes om 'n koeël te smous, maar is baie keer optimisties.

Applied Ballistics en Strelok Pro is net twee van die ballistiese programme wat 'n ingeboude biblioteek het van die mees algemene en minder algemene koeëls en gelaaide ammunisie se BC waardes.

Groetnis.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: BC van punte

Post by Gawie(13mm) »

Jammer, ek moet kwalifiseer voor die manne my aanvat.

BC as sulks, verander soos die spoed verneerder of verminder, maar die wiskundige formules in die ballistiese programme, maak daarvoor voorsiening. Daarom my stelling dat dit 'n konstante is.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Chop
Newbie
Newbie
Posts: 38
Joined: Wed Oct 01, 2014 9:27 pm

Re: BC van punte

Post by Chop »

Dankie Gawie.
Post Reply