Geweer vir my vrou?

Post Reply
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Geweer vir my vrou?

Post by James Wilson »

tegnies, moet ek vra watter kaliber vir my vrou? my vrou skiet goed dit kom eenvoudig natuurlik vir haar. voordat sy varsity toe is het sy n jaar op George by die vroue leerkollege gespandeer en was daarna vir n paar jaar n aktiewe offisier in die burgermag in Bloemfontein. sy geniet gewere en sien uit na die geweer wat ek vir haar gaan help kies, sy neem deel aan gesprekke oor die onderwerp en het n paar vereistes wat nie te moelik is nie. sy skiet 15mm groeppe met my 300 en 308 en se die 300 se recoil is nie n probleem vir haar nie. sy is mal oor Howa se thump hole varminters met die gelamineerde hout en die dik loop.


ek voorsien dat sy tot en met koedoe en gemsbok sal skiet. ek het oorspronklik aan n goeie 6mm gedink soos n 6mm rem. maar ek dink n 6mm is te klein, so tans dink ek  aan n 7x64 of n 270. ek het net n lekker gevoel vir die 7x64, maar ek weet n 270 is meer beskikbaar in herlaai toerusting; ammmo en raad wanneer dit kom by herlaai. die 270 is meer "bekend', en ek het reeds al die herlaai toerusting vir n 270, en het op n tyd gereeld gelaai vir n 270. as ek geweet het dat die 270wsm se bybehore en ammo hier in SA algemeen was sou ek waarskeinlik daarop besluit het.

wat ek ookal kies die geweer sal dadelik n knaldemper kry. ek is nuuskierig om te hoor waarmee skiet julle beter helfdes of wat sal julle aanbeveel vir my beter helfde?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Geweer vir my vrou?

Post by fanie17 »

Hi
Die 7x64 sit die 270 net-net ore aan.Ek sou ook na n 270 kyk het moontlik n 270 finbear beskikbaar.Die prys sal reg wees.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Geweer vir my vrou?

Post by James Wilson »

fanie17 wrote: Hi
het moontlik n 270 finbear beskikbaar.Die prys sal reg wees.
ooh la la!!!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Geweer vir my vrou?

Post by fanie17 »

Bel vir Philip Marais by 0832778772 of 011 8002243 or die Sako 270
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Geweer vir my vrou?

Post by James Wilson »

sal more bel. wil nie op n sondag besigheid praat nie.

wat dink julle manne van die 270wsm?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Geweer vir my vrou?

Post by James Wilson »

manne lyk nie vir my julle het n opinnie oor die 270 wsm nie?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Geweer vir my vrou?

Post by Armand Steenkamp »

Jagbehep

Ek het nie eerste hansdse kennis oor die 270wsm nie. Maar het gehoor die manne se hy skop meer as die standaard 270.Sy doppe is moeilik om in die hande te kry.Ek weet wel dat S&O winchester doppe beskibaar het teen R450 per 50. Die 270wsm is ook so gemiddeld 100-200fps vinniger as die 270win.Dies is ook beskikbaar by S&O.

As ek jy was vat ek eerder die 270win.Ook maar net omdat jy n grooter verskydenhyd doppe het.Maar net my menig

Groete Armand
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
daantjie

Re: Geweer vir my vrou?

Post by daantjie »

7x57 is n mooi kaliber, met min "recoil" dink ek hy is reg vir n vrou of as jy bang is vir die skop.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Geweer vir my vrou?

Post by James Wilson »

ek besef die komponente van die 270wsm is moelik om te verkry. maar as ek eers doppe en dies het dan het ek hulle. maar ek sal seker maar op die ou end settle op die 270win. die 7x57 is n lekker geweer maar ek soek net daai rapsie meer spoed hier by die 130-150grn.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Geweer vir my vrou?

Post by Armand Steenkamp »

Hahaha jy kan altyd die 7x57 laat uglyviseer!
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Geweer vir my vrou?

Post by Witpietskiet »

Ek het ook n vrou wat skietmal is en sy was ook op George. Sy het haar eie pasmaak 243 vir kompetisie skiet en hy word nie saam gevat jagveld toe, dan word daar met my roere geskiet, 300WSM, 243 of haar "favourite" my 7x57. Sy is nie bang vir die 300WSM nie, hy is net bietjie te swaar en te groot vir haar.
Wat ek wel gesien het, is as n vrou hou van skiet moet jaar ondersteun. Kry haar betrokke by die kaliber keuse dat sy half en half daai besluit vir haar self kan maak.

Dis nou maar net my 2c

(Ek is nou glad nie n 270 "fan" nie, maar ek sal n 270WSM maklik vir my kry, maar dis nou maar net om anders te wees.) :-X
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Geweer vir my vrou?

Post by JACQUES BOTHA »

JAGBEHEP:
Jy weet ek si nie n fan van kalibers gesels nie , ek word et maklik oorweldig met n storie oor n kaliber wat ek nie het nie.
Maar ek is n groot ondersteuner van die WSM of die kalibers wat soos ek lyk, nee nie lelik nie , kort en duk,
Vir my wil dit voorkom of die kort vet doppies in enige kaliber beter perform met minder dryfmiddel as hulle ou boeties..
So ek dink die short magnum is great guns makie saak watter een jy kies nie.
Is daar al manne wat met die 243 WSM GOOI of is daar nog nie so kaliber nie?
As ons eers  begin wonder oor daai ander kaliber.. meer kere as nie, dan staan hy in die nabye toekoms in jou kluis....
Ek kan nie wag vir nog een in my kluis nie...hy gaan n22250 doppie gebruik...
Sterkte ek dink jy het jouself klaar oortuig ...
Jacques 
Shoot straight and tell the truth!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Geweer vir my vrou?

Post by Wouter Roets »

Jagbehep
Dit is nie slegte raad oor die 7x57 nie. As jy hom laai na 60000psi staan hy nie veel terug vir die 7x64 nie. Met 139gr koeels skiet hy lekker plat, selfs met 150 greiners. En dan met 160-175gr sukkel jy om iets beters te kry vir die bos. Een van die mees underatedste kalibers op die mark! Ek het myne geackley en wat n plesier! Bly een van my staatmakers in die kas. My vrou geniet hom ook die meeste.
Groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Geweer vir my vrou?

Post by James Wilson »

ai , nou maak julle my weer lekker deurmekaar.  ek sal makilik vir my n 270wsm koop. ek hou ook juis van hoe hy lyk. die ander short magnum wat ek van hoo is die 325wsm. in die 243 kry n mens die 243wssm(whinchester super short mag) jy kry dit in die 223 ook.  ek sou graag die 7x64 wou he. dit lyk my my vrou hou van die 270 met n thumbhole en knaldemper. ek is self ook nie regtig n fan van die 270 nie. hy lyk altyd te groot vir klein wild en te klein vir groot wild. maar ek het in die laaste 24 maande baie saam met n vriend gejag wat vir sy slaghuis wild skiet. hy skiet alles van jakkals tot eland met 130grn pro hunters sierra.
Last edited by James Wilson on Thu Feb 03, 2011 8:10 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Geweer vir my vrou?

Post by fanie17 »

Koop twee of drie jy het die go ahead
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
kolskoot

Re: Geweer vir my vrou?

Post by kolskoot »

My aanstaande skiet ook graag!

Het haar 2 jaar terug kalaharie toe gevat en da het sy haar eerste springbok geskiet. Raai waarmee?? SAuer 270! Van al die gewere in my kluis is dit die een waarvan sy die meeste hou  en die meeste selfvertroue het! As jou vrou nie self vertrou het met die geweer (kaliber, ens.) dan gaan sy nooit lekker daarmee skiet nie! As jy die kans het , laat haar met 'n verskeidenheid kalibers skiet en dan kies sy self die een wat vir haar die beste pas , jy sal nooit spyt wees nie en sy ook ni. Dis vir my altyd lekke om my mooier helfte aan my sy te he tydens 'n jag of jakkals skiet of oes , my werk sal soveel moeiliker gewees het as sy glad nie daarin belang gestel het of dit afgeskiet het . Kom nou8 manne vat die vrouens saam veld toe!!!!! ;D ;D

NS : Jy mag haar maar so bietjie adviseer oor die voordele en beperkings van sekere kalibers !!!!!! ;)
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Geweer vir my vrou?

Post by James Wilson »

ek wou so graag hierdie maand vir my vrou n 270 howa met n thumhole gekoop het. nou kom ek agter dat howa nie n 270 met n varminter loop en thumbhole laminited stock maak nie. sy was mal oor daai voorkoms van die howa t.h varminter. watter ander opsies is daar vir my? ken julle nie ander fabrikate wat n 270 in n dikker loop maak nie?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Geweer vir my vrou?

Post by Lamtjop »

Jagbehep.
Ek weet dis n duurder geweer, maar gaan hou hom net vas, hy sal met jou praat - Heym SR21. Het in Skietwinkel so een in 270 vasgehou en ek begeer hom van daai dag af. Lyk baie soos Sauer en is ook duits maar nie so duur nie, laaste wat ek gehoor het so R21000.
Groete
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Geweer vir my vrou?

Post by James Wilson »

dankie vir jou raad maar ek het vir my vrou n 270 Howa 1500 bestel. ek sal maar van Boyds af vir haar die gelamineerde kolf met die thumb hole bestel.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Geweer vir my vrou?

Post by KalahariKlong »

Wat van daai Rem 280 wat adverteer word... As ek nie die 7x64 gehad het nie sou ek daai roer toe oe gekoop het.

http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ;topicseen

Groete
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
Post Reply