Op soek na 180GR

Post Reply
Doppies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Oct 24, 2012 5:35 pm

Op soek na 180GR

Post by Doppies »

Dag aan almal

Ek is op soek na 180GR Hornady HP/XTP of Sierra 180GR FPJ Match vir n 357 Magnum. Ek wil dit gebruik om mee te jag. Dit gaan my eerste jag wees met my handwapen en die spesie wat geteiken gaan word is Zebra.

Is daar dalk ander voorstelle die manne wat blykbaar ken het die bogenoemde voorgestel.

Ek het by die volgende plekke reeds navraag gedoen:

Safari and Outdoor, Zimbi, Camdix, VLT, Skerpknal, Arms en Centurion Indoor en n paar ander plekke in Pretoria maar geen het in voorraad nie.

Sal waardeer word.

Groete
User avatar
AFRICAN LEADWOOD
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 297
Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am

Re: Op soek na 180GR

Post by AFRICAN LEADWOOD »

Hi Doppies

Ek sal vir jou 'n pakkie gee as jy dit soek, dan vervang jy dit net later. Reel met my.

Nul agt twee 7 4 agt dubbelagt nul 8.

Met handwapens wat nie die spoed het om omklink te verseker nie is koeel deursnee (bore diameter en die meplat - die plat neus van die koeel) koning om die wondkanaal te maak. Ek self voel die .357 mag is effe te lig vir die zebra, maar as jy niks anders het nie sal ek dit tog doen.

Ek het nikd groter as vark en rooibok met die 180 XTP geskiet.

Lekker platneus loodkoeels van 180-200gr sal ook m.i. 'n goeie keuse wees.

Kontak vir Danie Terblanche by Handgun Hunters as jy nog menings soek.

http://www.handgunhuntersa.com/
Doppies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Oct 24, 2012 5:35 pm

Re: Op soek na 180GR

Post by Doppies »

Naand Danie

Het bietjie dol gegaan eers nou tyd om jou te antwoord. Ek waardeer jou gebaar verskriklik baie. Ek is beslis n groentjie by die jag met n handwapen alhoewel ek redelik daaroor opgelees en baie geoefen het en rond gevra het gaan ek beslis by jou kers kom opsteek.

Ek waardeer dit nogmaals baie.

Groete

Nick
User avatar
AFRICAN LEADWOOD
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 297
Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am

Re: Op soek na 180GR

Post by AFRICAN LEADWOOD »

Doppies ek is Wim nie Danie nie. ;D

Gesels gerus met Danie soos ek voorgestel het. Jy kan hom via die Handgun Hunters webblad kontak. Sy nommer en ander besonderhede is daar. Ek stel voor jy gesels met hom omdat hy n baie ervare handwapen jater is. Daar is natuurlik baie ander manne ook.

Ek het n geseelde pakkie 180 XTP eenkant gesit. Laat weet of jy hulle wil neem. Ek het ook van die 180gr core locked silhouette. Ek het nie met hulle gejag nie maar die meplat is net effe kleiner en omdat dit nie n holpunt ontwerp of ware sagtepunt is nie mag jy beter penetrasie kry met hulle. Ek het hulle nooit getoets nie.

sterkte met die jag!
Post Reply