Lazers
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Lazers
Ek lees die naweek deur n klomp ou Magnums toe kom ek op n advertensie af van die rooi lazar ligte wat die manne voor aan pistole sit vir korrel. In die advertensie se hulle dit kan baie goed gebruik kan word deur nag vermin jagters op gewere. Nou my vraag en ek mag dalk dom klink is. Om die lazar pointer te gebruik op jakkals dink ek kan net probleme afgee want met net n teleskoop is dit twee goed wat align moet word om n skoot akuraat te plaas, as die rooi lig nou by kom is dit die teleskoop wat moet align met die lazar wat moet align met die skoot. Maw drie goed wat verkeerd kan gaan, of align die mense net die lazar en geweer en kyk net deur die scope. Ek het nog nooit iemand met so iets op n geweer sien skiet nie en wonder of daar tog mense is wat dit gebruik of al probeer het.
Blok.
Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Lazers
Ek wonder of 'n jakkie ook die liggie sal jaag soos my jack russel???
Groete,
Eugene
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Lazers
Geno
Sorry maar ek het dit getoets op 2 jakkalse en hulle steur hulle nie aan daai rooi liggie nie, Ek weet net hulle draai hulle koppe weg as jy naby die gesig of oog kom, Jy kan dit gerus probeer jy het mos toegang na daai vriendelike tog lawaaierige pragtige mak/wild jakkals naby jou..
Laat weet tog, want dis nie n dingw at jy wil toets by n boer nie, as dit nie werk nie en die jakkie hol weg gaan jy vreeslik gewild weesso jaar of wat.
Groetnis
Jacques,

Shoot straight and tell the truth!
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: Lazers
Daai lazer liggie werk vir die ouens wat bosvarke ens op kort afstande skiet.
As mens dit vir ver skiet wil gebruik kan jy netsowel deur die teleskoop kyk en klaarkry. Daai klein liggie gaan moeilik wees om raak te sien op 150 of 200m in die gras.
Ek weet van so n liggie op n 45-70 L/A wat al n paar varke sommer uit die heup uit geskiet het.
En die uit die heup uit is nie vir fensie nie, dis vir haastig. En naby gewoonlik.

- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Lazers
Janjak
Stem saam oor daardie rooi liggie, man sal maar sukkel om dit in die aand te sien, mens wil mos alles probeer en kyk of dit nie werk nie. Ek het so gedink, as jy dit ook nog bysit, by die geweer, ligte , roeper se remote, gps ens dan lyk daai stoele van mens dalk later soos 'n helikopter gunship en dan het jy dalkies net die rotors van die chopper nodig om die hele spulletjie aandie beweeg te kry en dan is jakkals se kind al lankal oor die berg of in die gat!!
CAIO

Kan verstaan wat julle se oor nie die liggie sien nie dit maak sin met al die takke gras ens. Maar ek dink die probleem gaan inkom by die instel van scope, liggie en geweer vir ver skote, en nie dit die ergste nie maar dit akuraat en ingestel te hou.
Maar net my opinie.
Blok
Maar net my opinie.
Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Lazers
die probleem is om die liggie en die scope met mekaar te laat praat. want jy sal daai lig net reg kan gebruik as jy hom deur die scope sien. nou die ander probleem is die lig skein: line of sight, net soos wat jou scope kyk, maar jou geweer skiet met n boog. maak nie saak hoe plat jou boog is nie, jy gaan moet kompenseer tussen die 3 komponente. die goette is maar gemaak vir taktiesse gebruik soos selfverweer of huispenetrasie. ek dink bosvaek skiet in die nag is die maks van hulle aanwending
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Lazers
'n Lasertjie wat sommer in die jag box bly of om die nek hang kry lekker 'n kat agter die bos uit.
Probeer dit gerus op 'n groukat as jy een nag tyd het, ek wag nog my kans af om dit op 'n rooikat te kan gebruik wat agter 'n bos vassteek.
R
Probeer dit gerus op 'n groukat as jy een nag tyd het, ek wag nog my kans af om dit op 'n rooikat te kan gebruik wat agter 'n bos vassteek.
R
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Lazers
Jagbehep
Daar gee jy nou die presiese verklaring waaroor ek nog die hele tyd gewonder het. Ek het gedink dit moet half onmoontlik wees om met die affere presies te skiet.
Raven ek het al hier iewers gelees van daai liggie en die katte, het al self so gespeel met my hond so ek glo dit moet werk.
Blok.
Daar gee jy nou die presiese verklaring waaroor ek nog die hele tyd gewonder het. Ek het gedink dit moet half onmoontlik wees om met die affere presies te skiet.
Raven ek het al hier iewers gelees van daai liggie en die katte, het al self so gespeel met my hond so ek glo dit moet werk.
Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: Lazers
ek het ander dag by n oom n oulike storie gehoor. Tong-innie-kies.
Iemand het hom vertel, hulle het oppie plaas as sy pa water vore wou uitl? die 7mm waterpas gemaak in die regte rigting en dan n skoot geskiet.
Jonas moes dan die plek merk waar die stof uitslaan en dan is daar gegrou soontoe.
Hy skiet nou vir jou so plat soos n lazer.
Ek speel ook lekker met hom met die kat en die hond.
7mm is nognie op my naam nie...

- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Lazers
Jannie

....ja, 7mm werk lekker, beter as 243. As jy 243 gebruik moet Jonas so meter kort grou van die skoot anders loop die water opdraand.Iemand het hom vertel, hulle het oppie plaas as sy pa water vore wou uitl? die 7mm waterpas gemaak in die regte rigting en dan n skoot geskiet.
Jonas moes dan die plek merk waar die stof uitslaan en dan is daar gegrou soontoe.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Lazers
Manne
Lank terug was daar iemand oppi forum, die man wat die draaistoel agter op sy quad gebou het, hy het gese hy skiet jakkalse tot op so 70m met n laser sight op sy geweer, verder gebruik hy nagsig.
Mooi loop
Francois

- Leatherhead
- Newbie

- Posts: 8
- Joined: Wed Mar 30, 2011 7:45 pm
Re: Lazers
Ek het altyd gewonder of jy twee lasers weeskante van jou geweer monteer (op een van sir Alan se stoelle ) Links rooi en regs Groen, dan stel jy hulle zero op se 150m. Dan sal jy mos 'n permanente rangefinder toestel op hand he'. Nou sien ek die tegnologie is beskikbaar; en met microswitches op jou geweer sal jy mos sien watter kant is rooi, en die afstand gou kan bereken sonder om weg van jakkie te kyk. Jy kan met een laser die selfde taak verrig as jy hom wyd monteer, en met jou mikpunt zero op 200. Hy sal mos eenkant wys as jakkie nader, en ander kant as jakkie verder as 200 is. Daar is 'n monteering toestel wat 2_25mm buise hou, met verstelling vermoe" op www.lasergenetics.com/nd3-laser-designator.aspx Ek weet dis van die waterpas en 7mm vak af, maar het iemand so iets al probeer !?
Jackal are endangered in SA .............. Especially on my farm by ME !!
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Lazers
LEATHERHEAD.
2 LASERPOINTERS KOS SAAM R20 SO JY GAANGELD SPAAR LOOP DAI ROETE AS JY MOET NET AS JY MOET.
sTERKTE
LAAT WEET ONS HOE WERK DIE TWEE FLITSIES ASB
GROETNIS
JB
2 LASERPOINTERS KOS SAAM R20 SO JY GAANGELD SPAAR LOOP DAI ROETE AS JY MOET NET AS JY MOET.
sTERKTE
LAAT WEET ONS HOE WERK DIE TWEE FLITSIES ASB
GROETNIS
JB
Shoot straight and tell the truth!
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Lazers
LH
Jou plan gaan ni werk nie, of moet ek se NET werk as jou grondvlak 90 grade tov jou voertuig is en dan verder as jou grondvlak 100% en ek meen 100% gelyk is, die oomblik wat jy n rant kry gaan jou afstand krimp en as jy n laagte kry gaan jou lasertjie se 150m skielik 250m raak, goeie idee, prakties uitvoerbaar??, ek glo te min......

- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Lazers
Leatherhead
Jou teorie sal net werk as die terrien om jou vir 360* dieselfde presiese gradient het. Prakties onmoontlik.
Groete Biker
Jou teorie sal net werk as die terrien om jou vir 360* dieselfde presiese gradient het. Prakties onmoontlik.
Groete Biker
- suid wes
- Full Member

- Posts: 103
- Joined: Thu Jan 06, 2011 10:57 pm
Re: Lazers
Ek het somme n b.b gun se lazer op my 303 vas ge -q bond,die ou geweer was nomer pas tot op 180m met 150g previ partizaan.Ek het in sterk skeemer die geweer op my skiet rak gesit en die lazer aan gesit ,deur die scope gekyk,en dan die lazer gestel tot in op die kruis haar is..Dan moet die avere gegom woord.Na die derde keer was ek tevreede en ek het n paar gemsbokke en kudus op 200m teen berge plat geskiet.Na n paar maale op ander geweere het ek gesien as lazer op scope in stel moet die tuiken tussen 40m en 50m wees vir 150 tot 220.Ma dan is die rooi kol ook soo groot soos n sokker bal.gaan kry een en toets self,dan sal jy self gloo...Hy werk
BEETER,,,,,BEETHIR,,,,,BEETERHIRDIRSTE
- Naas
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm
Re: Lazers
Naand Manne
Ek het n gewoone lazer pointer gevat en binne in
n ou teleskoop gesit,waarvan ek net die verstellings gedeelte gebruik het.
Dit het lekker gewerk op die.22.het hom reg bo my teleskoop hemount.
Ek kon presie sien waneer ek nader of verder as my zero afstand skiet.
As ek verder ad zero skiet wys die lazer laag op die haas,en so ook hoog as hy weer nader as my zero sit.
Ek gloo nie dit sal tot voordeel wees op grooter kaliebers nie.
Net my meening
Naas