308 vs 308 Norma Magnum

Post Reply
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

308 vs 308 Norma Magnum

Post by Gernie »

Hi Manne

Help tog asb tussen die 2 gewere? Watter sal julle kies vir jag ( vlaktes en bos) ?
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 308 vs 308 Norma Magnum

Post by Hein M. »

Dit is werklik 2 heeltemal verskillende kalibers. Die NM is ontwerp om lang skote op groter bokke te skiet. By uitstek 'n vlaktegeweer. Dit brand ook baie meer kruit en het 'n taamlike byt op die skouer as jy 'n paar skote skiet sonder 'n KD...
Die 300WM se gewildheid het destyds belangstelling in die NM laat kwyn.

Die 308, met sy - baie - kleiner dop lanseer projektiele baie stadiger. Die energie oor lang afstande is dus minder en die koeël val ook dus vinniger. In die bos - met korter afstande is die kaliber 'n plesier - as jy swaarder premium koeëls gebruik. Beslis goedkoper om mee te skiet in alle opsigte.

As jy meestal in die bos gaan jag, is die 308 beslis die beste keuse. Jy kan ook vlakteskote tot en met 300m skiet as jy die geweer se trajek leer ken.

Persoonlik sal ek die 308 kies. Terugskop is gemaklik, goedkoper om mee te skiet. Herlaai onderdele en 'n groot verskeidenheid ammunisie is nie 'n probleem nie. Ek weet nie hoe beskikbaar die NM se patrone en doppe is nie...

Groetnis!
Last edited by Hein M. on Mon Feb 16, 2015 9:59 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: 308 vs 308 Norma Magnum

Post by Gernie »

Dankie Hein, ek het n mis persepsie gehad van die NM en het nou bietjie gaan lees. Klink my hy maak n skouer lam....
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: 308 vs 308 Norma Magnum

Post by Gernie »

Dankie Ludwig, waardeer.
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
Post Reply