"Tag Bokke"

User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

"Tag Bokke"

Post by Louis Kriel »

Ons het die afgelope naweek by Tickey Van Wyk (van "Boer soek Vrou") op Wolwas buite Loxton gaan Springbok jag. Alles het baie goed afgeloop tot ou Baabie (die "voorman") die Saterdag-oggend by ons stop en s?: Ons gaan sommer in hierdie kamp hier agter die dam skiet, maar daar is nou 'n "tag" bok in die kamp. Die bok het twee groot groen nommerplate aan elke oor en kom van Namibie af.

Omdat ons almal bymekaar gestaan het by die bakkies het ons aanvaar almal het gehoor!!! Een van die ouens is 'n geregistreerde PH en voormalige voorsitter van CHASA (ek gaan NIE sy naam noem nie) en het die gewoonte om altyd laat te wees en almal te laat rondstaan omdat hy laat slaap. Ek is baie lief vir hom, maar dit irriteer die blou hel uit my uit.  Omdat ons Vrydag reeds goed geskiet het, was Saterdag net 'n halwe jagdag. Ek skiet toe 'n mooi ram en s? so grappenderwys vir een van die perde ruiters: "ek is darem bly dis nie 'n "tag" bok nie. Hy antwoord: "ja daai basie met die klein seuntjie by hom het hoeka die een geskiet!"  O @#!#%#@#$!!! wat nou?

Die skuldige se antwoord: "Ek het hom doelbewus geskiet, want boere merk bokke om verskillende redes."
Hy het toe geweier om te betaal en om die minste te s? sy houding het gestink! Tickey hou toe vol en s? hy het ons gewaarsku en die bok kos R1500 die skuldige moet betaal. 

Om 'n lang storie kort te maak die prys vir die tag bok is toe "gesettle" op R800. Ek het gedink Tickey is in sy volle reg om die R1500 te kry, maar hy is mos 'n baie gawe ou.  Wat s? julle ouens wat self bokke het, wat sou julle gedoen het? Terloops ek jag nooit weer in April nie, ons het byna gevrek van die hitte!
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by Yalair »

Dirty 06
Die tag bok is gewoonlik die een wat eerste geskiet word, manne identifiseer glad nie as hulle bokke skiet nie  :-[ dis mos 'n springbok, hoeveel manne skiet sopkoppe ook ? as dit my bok was sou hy meer as 1500 betaal het + hy sal die plaas mooi moet kyk, want dit sal die laaste keer wees wat hy daar sal kom.
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by Rooies »

Dirty 06
Die ou van wie jy praat(swartkop)het nie dalk sy bende daar van george se werld by hom gehad nie?
Het ook so 2jaar terug lelike stel met hulle afgetrap.

Rooies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by Christo »

Ek het nog nie een geskiet nie, maar daai bokke hoort in Boma's of so iets. Dit ontsenu 'n man die heel jag lank as jy weet daar is bokke wat kroonwild is.

Nog nie 'n jagplek in die bosveld '[n bok gesien, waar hulle selfs troefees inkoop, met 'n tag nie. Dit gebeur seker net met die Karoo tipes.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by Janjak »

Ek het laas naweek vir n swartwitpens gesit en kyk met twee sulke groot tags, lyk soos A4. Sy baas wil seker maak. Vir hom kyk ek bangerig met die blote oog wat staan nog deur n teleskoop.
Ek sou ook nukkerig geraak het oor tag bokke, dis mos hoekom daai tags sulke helder kleure het?
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by Christo »

Jan jak, As 'n man vir 'n SWP R 1 700 000 betaal is hy sekerlik egr senuagtig. Laas jaar 1 vir daai prys 1 vir R 1 300 000 en ek dink die laaste 1 vir R 900 000.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by Yalair »

Dink net jy sit 'n jagter in die veld om 'n blesbok te skiet en hy skiet R1.3K mur toe
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by Christo »

Nooi my as toeskouer seblief!!!

Hulle s? lag maak jou maer. Soek hom

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by Janjak »

Dit sal n lelike ding afgee, ek slaan sommer n koue sweet uit.
Dis amper 2 huise se prys of n paar jag trokke?

Ek verstaan nognie die foto storie so mooi nie anders kon ek sy foto opsit.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by Yalair »

Janjak
As ek so iets moet oorkom skin ek daai bok net daar en trek sy vel aan  :P
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by Yalair »

Jy beter ook dan hoop dis 'n bul en nie 'n koei nie  :o
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by Christo »

Daar op Jakkalsdans was een week konsternasie toe ek 'n ou tag aan die organiseerder se bok se oor gehang het waar hulle besig was om te slag. Hy het omtrent 15 minute geprotesteer. Lekker gelag.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by jaracal »

My eerlike opinie oor "tag" bokke, is, sit vir jou 'n aantal "tag" bokke in die kamp skiet die ander ramme uit en moet vir twee jaar nie daar skiet nie, daarna behoort sy/hulle gene in die trop te wees en laat dan skiet. Dit is soos Christo se, baie senutergend om te skiet waar "tag" bokke in 'n kamp is. Het al by eienaars gehoor dat hulle self die "tag" bok geskiet het. Volgende jaar maak jy weer so in een van die ander kampe en beskerm so jou "tag"bokke.

Maar net my 3sent

Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by Louis Kriel »

Rooies wrote: Dirty 06
Die ou van wie jy praat(swartkop)het nie dalk sy bende daar van george se werld by hom gehad nie?
Het ook so 2jaar terug lelike stel met hulle afgetrap.

Rooies
Ek mag nie s? nie!
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by Christo »

Heinrich

Ware wysheid, wens al die tagbokboere wil dit lees. Gene in daar in 2 jaar @ maklik 75%.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by Gerhard »

Het in bosveld ge PH waar daar groot groep amerikaanse jagters was.

Die een aand kom groepie in dood stil....

Hulle het mooi rooibok ram geskiet. PH het deur verkyker gekyk, gese is goeie ram en toe klits die klient hom.

Toe hulle by die bok kom en opstel vir foto sien die PH die klein tag in die binne kant van die oor.

Dit was toe een van die boer se swart gesig ramme wat gesiet is....

R2000 vir ram betaal....

Ongelukkies gebeur maklik....  ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by Christo »

T A G  staan vir Te laat Agter Gekom

;)  ;)  ;)

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by Yalair »

;D  ;)
Ambessa

Re: "Tag Bokke"

Post by Ambessa »

Hallo almal

Daar is ouens beweer jy mag nie kunsmatig die genepoel (spesifiek byvoorbeeld van herkouers agter wildomheining) verbeter deur periodiek nuwe diere in te bring nie. Waarvoor word bulle/ramme (en koeie/ooie) ten duurste aangekoop. Is dit die T A G's?

Die wat weet laat weet asseblief?

Ambessa
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by Christo »

Ambessa

Miskien praat ek nou uit my beurt of 'n klomp tjol, maar sover ek verstaan is die Springbokke in die Karoo maar aan die kleiner kant en bring hulle Kalahari bokke(ramme) in om bietjie meet size te kry. Die SWP'se wat opgefeil is met die Wes-Zambiese bloedlyn is verseker nie gekoop om spesifiek net met dieselfde Wes-Zambiese vroulike diere te te?l nie. My gutfeeling is dat dit gaan oor trofee groottes en nim anders.

Net my eie commonsense opinie daaroor.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ambessa

Re: "Tag Bokke"

Post by Ambessa »

Hallo Christo

In die kol. Daar is egter diegene wat nie wil he dat dit mag gebeur nie.

Ambessa
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by britsman »

Hi Christo,
            Welkom terug. Jy het seker lekker lang naweek gehad.
brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by Christo »

Lekker naweek gewees. Vir 'n slag was die weervoorspellers verkeerd en was die visvang goed.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: "Tag Bokke"

Post by JACQUES BOTHA »

Wonder net sommer so by myself hoeveel boere bring groot ooie ook in troppe in en nie slegs ramme nie. So  die manne wat hulle bloed wil vernuwe kan maar ooie ook inbring  en tags opsit daar is tog ook so bietjie gene wat van die mamma afkom wat mens nie moet miskyk nie....
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: "Tag Bokke"

Post by Janjak »

Image
Kameelperd met groot tags. Hy lyk nogal snaaks met....

Jannie
Post Reply