Sukses (waarde van trailcam)

User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

Tokkol >:( , ek het gelê van 7:50 tot 9:20, niks gesien nie. Nou ja, nou weet ek nie, was die vark voor my daar, na my gekom of glad nie? Bietjie van dobbelspel.
Sal maar weer die kameras dophou.

Die weer is baie mooi vandag, hoop die reen kom. Ek wil nog vanaand rooikat gaan soek met die roeper.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

Kon darem die "antie" so aand of twee terug laai. Ek moes 2.5ure in die son lê teen seker 40grade C! Ek was amper "toast". Sy het my toe gewaar en ek het haar toe haastig op 230m met die nulkwes net voor die lies ingedruk, QA.
Die skoot het eers 19:30 geloop en ek moes reg in die son inskiet.

Die vark is oor die duin en ek het toe bietjie gewag, die bakkie gevat en tot op die ander duin gery, spoor gevat en seker so 100m verder vlieg die vark op en skiet haar toe in die hardloop seker op 80m agter die oor ::)
Net iets oor die koeël, die 125gr Nosler bt het nie die organe gehaal nie, ek glo indien dit bv barnes tsx of derglike was sou die vark net een skoot nodig gehad het.

Daar is nog 3 wat kom drink, so binnekort sal ek weer plan maak. Die vark was glad nie in die kamera se veld gewees nie, maar ek sal nog die kort video laai, die klank is darem daar as bewys.

Voorspoed
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Stefan764 »

Kalahari wrote: Net iets oor die koeël, die 125gr Nosler bt het nie die organe gehaal nie, ek glo indien dit bv barnes tsx of derglike was sou die vark net een skoot nodig gehad het.
Daai ligte koeeltjie se wind is uit teen die tyd wat hy op daai afstand aankom wat jy hier van praat...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

Stefan764 wrote:Daai ligte koeeltjie se wind is uit teen die tyd wat hy op daai afstand aankom wat jy hier van praat...
Stem 100% Stefan, dit is nie waarvoor die koeël ontwerp is nie, probeer nie die koeël sleg maak nie, in teen deel, ek is baie gelukkig met dit.
Net 'n bietjie nuttelose inligting.

Voorspoed
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Stefan764 »

Kalahari wrote:
Stefan764 wrote:Daai ligte koeeltjie se wind is uit teen die tyd wat hy op daai afstand aankom wat jy hier van praat...
Stem 100% Stefan, dit is nie waarvoor die koeël ontwerp is nie, probeer nie die koeël sleg maak nie, in teen deel, ek is baie gelukkig met dit.
Net 'n bietjie nuttelose inligting.

Voorspoed
Haha. Nee maat, sulke inligting is nooit nutteloos nie. Die paar sinne gewissel tussen my en jou help weer die volgende man iets leer. Iets wat ek nogals mis van Jaracal die laaste jaar of wat...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

Stefan764 wrote:Haha. Nee maat, sulke inligting is nooit nutteloos nie. Die paar sinne gewissel tussen my en jou help weer die volgende man iets leer. Iets wat ek nogals mis van Jaracal die laaste jaar of wat...
Daars hy, net wat ek in gedagte gehad het 8) .
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by JPS »

Kalahari,

Bly jy kom deel weer bietjie van die otte wat jy skiet daar.

Mooi gedoen, ek persoonlik het die 165 gn nosler balistic tips koeels beter gevind op otte.

Mooiloop
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

JPS wrote:Kalahari,

Bly jy kom deel weer bietjie van die otte wat jy skiet daar.

Mooi gedoen, ek persoonlik het die 165 gn nosler balistic tips koeels beter gevind op otte.

Mooiloop
Plesier JPS

Lekker om dit te deel. EK het eintlik die 125gr maar begin gebruik vir springbok en gemsbok se jag in die winter, om bietjie platter trajek te kry. Daar moet maar vinnig geskiet word, nou net soos hier met die vark en dan help dit nogal.

Hoop julle kan die klank mooi hoor, jammer die vark was nie in die kamera die beeld nie, ek het nie tyd gehad om die kamera te skuif nie.

Geniet
http://youtu.be/XPjIcq67_KE
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by henning »

Kalahari wrote:
JPS wrote:Kalahari,

Bly jy kom deel weer bietjie van die otte wat jy skiet daar.

Mooi gedoen, ek persoonlik het die 165 gn nosler balistic tips koeels beter gevind op otte.

Mooiloop
Plesier JPS

Lekker om dit te deel. EK het eintlik die 125gr maar begin gebruik vir springbok en gemsbok se jag in die winter, om bietjie platter trajek te kry. Daar moet maar vinnig geskiet word, nou net soos hier met die vark en dan help dit nogal.

Hoop julle kan die klank mooi hoor, jammer die vark was nie in die kamera die beeld nie, ek het nie tyd gehad om die kamera te skuif nie.

Geniet
http://youtu.be/XPjIcq67_KE
Mooi man, jy kan hoor dit is n raak skoot.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Willie »

Johan

Jy roei mooi onder die otterjasies ! Ek sien die otterjasies het nou ook hulle verskeining by ons in die Klein Karoo gemaak.

Teen watter spoed skiet jy die 125gr Nosler's ?
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

Willie wrote:Teen watter spoed skiet jy die 125gr Nosler's ?
Willie, huidig skiet ek die 125gr teen 3160 fps, maar die laaste paar hardloop seker bietjie meer want die doppe is nog nie gevuur vorm nie, nuwe doppe. Ek het dit nie oor die chrony geskiet nie.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by BRNO (Pierre) »

Hel Johan daai is n mooi doep.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by JuanPaul »

En ky die mak bobejaan wat by my probeer inkom het
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by BRNO (Pierre) »

JuanPaul wrote:En ky die mak bobejaan wat by my probeer inkom het
Hehe. Het hy ook n mooi doep gemaak na die doef?
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

BRNO (Pierre) wrote:Hel Johan daai is n mooi doep.
Ja, Pierre, hy het mooi gedoef, ek het met opset die vark bietjie gelos vir paar minute, omdat ek geweet het die skoot is op die agterkant, ek het geen ander hoek gehad nie, bykans reg van agter QA.
JuanPaul wrote:En ky die mak bobejaan wat by my probeer inkom het


Attachments:
Aitsa, en nogal mooi op "all four's", wys jou maar net wat hulle werklik is.
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by JuanPaul »

Ja manne, net jammer die lap wat hy in sy klou gehad het, het hom gered van die jagluiperd slagyster (Dit was BAIE amper!!!! of ons het sports gehad!!)
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Johan Nel »

JuanPaul wrote:Ja manne, net jammer die lap wat hy in sy klou gehad het, het hom gered van die jagluiperd slagyster (Dit was BAIE amper!!!! of ons het sports gehad!!)
Kan nogal in my geestesoog sien watse wilde spronge hy gemaak het toe daardie slagyster klap... >:D
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

Ek het so bietjie sukses gehad die laaste 2 dae. Gister namiddag laat 17:30 waters gery en toe die 3 varke gekry, jongerige beer en 2 jonges (September laasjaar se varke).

Twee verskillende waters gewees en toe vanoggend die groot beer, daar was 'n jonge ook by , maar die het deur die draad geglip en weggekom.

Jammer vir die bloed, dinge loop maar vinnig en daar is nie altyd tyd om skoon te maak nie. Die ou groot beer van vanoggend het heeltemal "kop verloor", ek kon nie beter gewas kry nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
hunter74
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Thu May 30, 2013 4:39 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by hunter74 »

Hi Johan.

Ai die Kalahari lyk mooi , die ghagras lyk ook goed.

Groete.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

hunter 74

Dele van die ons veld is redelik, maar ons kort nog die grootste deel van die seisoen se reën. Alle polle is darem nou aan die uitloop insluitend die ghagras, so ons diere kan darem al bietjie groen peusel hier en daar.

Voorspoed
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by sako 30-06 »

Mooi gedoen Kalahari,lyk my daai vlakkies staan nie meer n kans nie.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

sako 30-06 wrote:Mooi gedoen Kalahari,lyk my daai vlakkies staan nie meer n kans nie.
Dankie sako 30-06, ek was eintlik gelukkig gewees die laaste paar dae. Die reën wat wegbly en die hitte en die kamera wat ek stel werk goed saam. Ek was gelukkig om die varke op een dag almal by die waters te kry en die ou grote was ook geluk, maar as jy hulle wel kry moet jy "vasmaak", want die volgende geleentheid is dalk eers 'n jaar vorentoe.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

Naand almal

Ek wil net hierdie weer deel met julle. Ek het Saterdag oggend weer gou waters gery en my kameras nagegaan en toe die paar gesien wat die vorige twee dae kom drink het.
Ek het toe maar besluit om die rugby te "skip" en bietjie varke gaan vooorsit.

Die hitte en min reën maak dat net die boere se krippe water het waar vark kan drink en bad en dit is baie warm nou.
Die voorsit (lê) was toe so 2.5 ure gewees van begin tot einde en drie skote later drie varkies.
Die kleintjies was 4 en hulle het heel voor soos dit kinders betaam en niks vermoedend na die water gestorm, die sog was versigtiger en so drie keer gestop en die die suide wind getoets, voor sy gaan drink het.
Die water is aan die noorde kant van die plaas en is die eerste keer dat ek daar gaan voorsit, dus was my skietvak na die water nie oop nie en ek moes wag tot hulle klaar gedrink het agter die bome uitkom, voor ek kon skiet. Die video kamera was nie saam nie, rede oor die skootvak wat toe was en ek nie geweet het waar hulle sou gaan staan nie.

Die sog het toe eerste van die water beweeg en die is op 120m geskiet, kopskoot. Die kleintjies het toe al in die driedoring bosse laat spaander en moes toe uit die vuis gooi en kon twee van die vier plat kry in die hardloop op 150m....... mens moet darem so bietjie geluk ook hê partykeer. ::)
Die wapen was weer die nul-kwes met 125gr nosler bt's.

Nou ja, drie skote, drie varke....... but wait, there's more ;D
Solank die reën wegbly sal ek hulle roer by die waters, en die laaste 3 weke is dit skielik asof die varke nuwe lewe gekry het, want hulle dop omtrent agter elke bos uit.

Groetnis en voorspoed aan elkeen.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by sako 30-06 »

Mooi gegooi.Ek hoop jy gaan een van daai varkies net so heel op die spit sit,smaak vorentoe.
Geluk met daai goeie skote.
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by dehacked »

Geluk man. Die sog het darem mooi tande.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
Post Reply