Tips met lang skoot jakkalse asb?
-
platjak
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Mon Jan 12, 2015 1:42 pm
Tips met lang skoot jakkalse asb?
Dagse kerels,
Ek het 'n week of 2 terug in 'n groot langwerpige pan by ons op die plaas gesit. Ek maak gewoonlik redelik in die middel van die pan staan tussen 2 bossies wat my bietjie verksuil. Van die staanplek is dit 250m na 300m sig en oopte na die ver punte toe, en die pan het al sy "fair share" lood gesien op sy dag asgevolg van die afstande. (van een rand tot die ander rand van die pan is so 420m). Op die aand het die wind na die langer punt toe gestoot met gevolg dat die skaap diewe ook van daardie kant af ingekom het.
Hulle het almal so op 250m+ gebly en ingekom so van my regterkant af en basies gelyk of hulle sirkel tot onder my wind. Ek het hulle so kansie gegee en toe hulle te na aan my wind kom het ek begin gooi maar dit was wye skote. Moes ek hulle nog kans gegee het om nader te kom? Meeste van die goed wat ek geskiet het die laaste paar weke op ander plekke op die plaas het so ingekom dat ek moes keer. Hierdie klomp het baie meer gesirkel en nie so haastig ingekom nie. Ek sal graag wil weet wat julle sou gedoen het in so situasie waar daar soveel spasie tussen jou en die jakkals is. Nog wag vir nader skote, nader skuif aan die pan se rand of moet jy maar sover moontlik skiet en klaarkry as hulle so sirkel? Ek vra juis want die ander plekke op die plaas het beperkte sig en spasie en ek vermoed die jakkals kom meer in as wat ek dink maar bly dalk net ver.
Ek hoor van julle.

Last edited by platjak on Mon Jan 12, 2015 5:58 pm, edited 2 times in total.
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Ver jakkalse en verskonings
My gun was nie ingestel vir die afstande nie so dit was my fout gewees dat hulle nie saamgery het nie, maar ek sal graag wil weet wat julle sou gedoen het in so situasie.
platjak, jy was mos al n paar keer daar en jy weet wat is die afstande. Jy moes jou geweer ingestel het vir daai afstande.
Ek weet nie wat jy nog sal wil hoor nie.
platjak, jy was mos al n paar keer daar en jy weet wat is die afstande. Jy moes jou geweer ingestel het vir daai afstande.
Ek weet nie wat jy nog sal wil hoor nie.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Ver jakkalse en verskonings
250m Is n redelike algemene skoot op n jakkals,baie word daar rond doodgeskiet en selfs nog verder.Ek dink jou vraag moet wees HOE om nou die probleem op te los waarmee jy nou sit met jakkalse wat nog moeiliker gaan wees om in te kom.My voorstel is gee hulle minstens drie maande voor jy weer probeer roep en maak seker jou geweer gaan bykom met die langer skote.Ek sal ook nie weer op die selde plek gaan staan en roep nie.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
-
platjak
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Mon Jan 12, 2015 1:42 pm
Re: Ver jakkalse en verskonings
Ek sal my pak vat...ek weet dit was absoluut 'n rookie fout. Julle weet mos wat gebeur met "'n man wat sy geweer ken" se trots in so 'n geval. Maar steeds, wat ek sou wou weet, is dit beter om eerder op die langer afstande te gooi as jy jou skoot het, of is dit die moeite werd om die goed nog kans te gee vir 'n moontlike nader seker skoot? Sal die jakkals nader inkom in so 'n "oop veld" situasue? Ek vra dit juis, want gewoonlik is my roep spasie beperk op die plaas. Gras is lank en heelwat kort bos. In hierdie geval kon ek ver sien en ek kon obviously die diere sien van ver af inbeweeg. Meeste ander plekke skiet ek op pad kruisings en by die poste, so die skote is heelwat nader en ek sien die diere as hulle hier by my uitdop vir die eerste keer.
Groete
Groete
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Tips met lang skoot jakkalse asb?
Jakkalse by ons kom nie in op n pan nie, punt.
Ek vermy dit om op n pan te sit.
As ek nie anders kan nie sal ek op die kant van die pan sit met die roeper reg wind op van my en dan moet ek die kante van die pan weerskante van my kan sien.
Hulle sirkel altyd die pan en moet dan reg op my afkom.

- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Tips met lang skoot jakkalse asb?
Ek jag ook in baie oop gedeeltes so jy sien jak se oë al lank al ,ek los hom maar dat hy heelwat nader kom en ek hom mooi kan ID maar die skote is ook maar hier by die 150m plus
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Tips met lang skoot jakkalse asb?
ek edink hulle is daardie staanplek al so gewoond.
jy sal hulle nooit nader geroep kry nie.
ek persoonlik sal daardie plek veermy vir tenminste 'n jaar. en hul van ander plekke af skiet.
jou vraag is, los of skiet? as jy seker is skiet, ass jy twyfel, sit als af, wag vir 10 min, en gaan huis toe.
maak seker dat die geweer point blank trajek van 15cm tot op 250m het. dan is jy redelik veilig

HOU HOM DAAI DIKTE
-
Finfan
- Hero Member

- Posts: 893
- Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am
Re: Tips met lang skoot jakkalse asb?
Ek dink hulle weet al van jou staanplek en dalk roepklanke, daarom sku om in te kom. Spaar eerder die skoot as jy nie seker is nie en verras hulle van n splinternuwe staanplek af met n prooi wat nie aan hulle bekend is nie. Maw nader aan hul "safe zone" as mens dit so kan stel. My 10c.
Neil Scholtz
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Tips met lang skoot jakkalse asb?
ek dink nie hul is roep slim, anders sou hul glad nie gekom het nie. dink die staanplek is die probleem
HOU HOM DAAI DIKTE
-
platjak
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Mon Jan 12, 2015 1:42 pm
Re: Tips met lang skoot jakkalse asb?
Net vir agtergrond hoe ek geroep het: Toe ek by die pan inry het daar klaar een gestaan, wat ek geklap het. Daarna het ek vinnig staan gemaak en Noodkreet gespeel. Die volgende een het binne 5 na 10 minute sy eerste oë gewys, en die volgendes so 10 minute uitmekaar uit. Ek het nog nie verskriklik baie daar in daai pan geroep nie en die kere wat ek daar roep is ver uitmekaar uit. Dink ek het die laaste keer n jaar terug en dalk langer terug daar geroep en altesaam seker 4 keer daar geroep. Ek het nou weer op daai spesifieke plek gaan roep want ek het spore weer begin kry waar hulle gedrink het en toe natuurlik waar hulle 'n voetpad uitgeloop het op en af teen die draad. Maar dankie vir julle raad. Ek sal 'n bietjie skuif van staanplek. Soos genoem is my staanplek beperk. Die naaste volgende plekke is seker 800m na 1km daarvan by die naaste poste.
-
Suidwes
- Full Member

- Posts: 104
- Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm
Re: Tips met lang skoot jakkalse asb?
Platjak,
Dit is interresant dat die jakke in die pan inkom. Ek stem saam met Skolla, en het ook al ervaring met panne. Die jakkalse by my kom nie in n pan in, tensy daar water is, dan kies hulle ook die korste roete met die meeste skuiling tot by die water. Dit mag dalk wees dat die jakke nie wou nader kom nie, wat dit was te oop, daar is nie gras of iets wat effense skuiling bied nie. Dit is by my die geval.
Op n grasvlakkie het hulle nie problem om te kom nie, maar daai klei pan met niks op nie, aikona.
Hoe dit ookal sy, jy het die skoot geskiet, so nou sal jy hulle maar van n ander hoek moet benader. Ek sou nie daardie skoot geskiet het nie. My geweer is nie gezero op daai afstand nie, want ek skiet n klein areas. Maar n man raak egter moedeloos en vat n kans, as dit nie werk nie, is dit n GROOT fout en na die tyd is jy die moer in vir jouself. Ek het daai selfde foute gemaak 3 jaar terug en ek het nou nog nie die 2 jakkies geskiet nie.
Daar waar jy daai voetpad kry, sit bietjie grondhonde daarnee, dalk is jy gelukkig.
Sterkte

Ja nee. Ek is heelwat bitter. Ek het juis my geweer afgestel want ek het n paar skote begin hoog en amper bo-oor skiet en die meeste ander plekke op die plaas skiet jy maar 80m max. Enigste geluk vir my (hopelik) is dat ek niks anders geroep het as noodkreet nie. Hulle het almal so ingekom na ek die eerste jakkals geskiet het so ons kyk maar. Die kos en ander roepe kan dalk n ding nog laat duik so op n ander angle.
Mooi bly
Mooi bly
-
platjak
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Mon Jan 12, 2015 1:42 pm
Re: Tips met lang skoot jakkalse asb?
Suidwes,
Net terloops ek skiet heelwat in panne by ons. Omrede dit seker maar die oopste plekke is maar ek het nou Desember 3 in een pan geskiet. Skiet die eerste een op kos en daarna gooi ek noodkreet. Hulle kom hardloop dan sommer lelik in. Die eerste een skiet ek gewoonlik daai tyd wat hy by die laaste gras/bossies uitdop maar die res kom hardloop sommer hier tot teen die speaker.
Maar ek dink daar is dalk meer wat ook so buite bly en net op die rante van die pan sirkel. Ek weet ook die tjoepe bly daar naby want ek sien hulle as die panne vol water is met sononder. My tyd laat my net meeste van die tyd in die steek hom hulle ordentelik uit te sort maar nous dit oorlog. Ek kan op die stadium vinniger n lorrie vol jakkalse kry as vol lammers smaak dit my.

Jan-Hendrik
- Full Member

- Posts: 137
- Joined: Wed Feb 05, 2014 6:49 am
Re: Tips met lang skoot jakkalse asb?
Ek sou al my goed agter mekaar kry, n aand of drie saam een van die slim manne in Nam uitgaan wat die jol verstaan, n paar dvds kyk en dan stadig daai jakke begint roer.Jou roer is reg....Gebruik hom
JAN-HENDRIK
-
Suidwes
- Full Member

- Posts: 104
- Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm
Re: Tips met lang skoot jakkalse asb?
Ek is bly as die panne werk vir jou. Wens dit was hier ook die geval, want die staanplekke is maar min en ver uitmekaar uit.
Jy kan nie n nag net by die water sit en wag vir hulle om te kom suip nie? Sonder enige roepery? Ek het my meeste jakkalse al so geskiet by waters. Dan moet ek byse ek het darem nagsig, so ek kan hom sien inkom.