Ek het egter die naweek 'n ERC suppressor gekoop en gaan my twee roere Vrydag by Wildman in die Kaap haal nadat die skroefdraad gesny is.
Ek sien S&O het hulle verkoop, maar nie meer nie. Wie het ervaring van hulle? Die afwerking en vakmanskap is ongelooflik goed, alles met cnc masjiene gedraai en die baffles binne-in is 'n interessante ontwerp wat lyk of iemand die ding wetenskaplik benader het. Die toetsdata wat hulle by Denel verkry het, lyk ook belowend. Dit word vervaardig deur 'n redelike top notch Stellenbosse ingenieursfirma, so ek voel semi-positief.
Wat is julle ervaring van die ERC?
Asseblief mense, hierdie thread is nie vir die hunt partner of Silent Assassin, Grim Reaper of Darth Vader silencer nie. Of oor jou gunsteling wapensmid of rugbyspan nie. Enige relevante inligting oor die ERC sal hoog op prys gestel word. Self al spel julle swak.
Dankbaar.
