draad sny
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
draad sny
manne, 'n vriend in kaap omgewing wil draad sny op loop. vir minder as R1000. volgend my is daai uitbyting. kan iemand help asb
HOU HOM DAAI DIKTE
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: draad sny
Stuur hom maar vir my ook. Ek sny my eie windpompstange se draad so geweerlope kan nie te moeilik wees nie. As die besigheid skeef is kan ek altyd die gat reguit skiet of net die loop korter saag en weer draad sny.PWV wrote:PM gestuur.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: draad sny
Ek dink nie Cassie se vriend sal gelukkig wees met 'n handwapen nie!wlm wrote:Stuur hom maar vir my ook. Ek sny my eie windpompstange se draad so geweerlope kan nie te moeilik wees nie. As die besigheid skeef is kan ek altyd die gat reguit skiet of net die loop korter saag en weer draad sny.PWV wrote:PM gestuur.![]()
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: draad sny
As dit 'n rewolwer is eindig ons met 6 kort lope.
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: draad sny
Om draad op 'n loop te sny neem ongeveer 1 uur. Nou hang dit af van die organisasie se tarief per uur dan kan jy somme maak.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: draad sny
Jammer vir die hijack. Prys lyk maar rof.
Ek het in die Vaal Driehoek laas Saterdag my 303 se loop laat korter maak en skroef draad sny. Dit het als gebeur terwyl ek staan en kyk en die prys was R500.
Ek het in die Vaal Driehoek laas Saterdag my 303 se loop laat korter maak en skroef draad sny. Dit het als gebeur terwyl ek staan en kyk en die prys was R500.
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: draad sny
Sien die pryslys in 'n geweersmid se kantoor:HennieC wrote: Dit het als gebeur terwyl ek staan en kyk en die prys was R500.
Arbeid: R300.00 per uur
R500.00 per uur as jy staan en kyk
R1000.00 per uur as jy help.
Nou wonder ek..
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: draad sny
Dit klink goed, amper so professioneel soos die ou wat nou die dag hier op die forum vertel het hy het 'n gebreekte skroefie op die teleskoopringe vervang met 'n spyker wat hy omgebuig het en die geweer skiet nou beter......wlm wrote:Stuur hom maar vir my ook. Ek sny my eie windpompstange se draad so geweerlope kan nie te moeilik wees nie. As die besigheid skeef is kan ek altyd die gat reguit skiet of net die loop korter saag en weer draad sny.PWV wrote:PM gestuur.![]()
Tussen Sannieshof en Biesiesvlei is oom Benedict van Wyk, ou bekende wapensmit in die omgewing. Het so paar weke terug my 303 laat skroefdraad sny terwyl ek toekyk. Paar ure later eers gery vanaf die oom na baie lekker kuier en gesels. Die totale rekening was R250-00. Dit het die maak van 'n "threadcap" en fit van die Silent Hunter KD ingesluit.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: draad sny
Die skroefdraad sny is die maklike gedeelte. Wat tyd vat en behoorlik gedoen moet word, is om die loop presies op te senter in die draaibank. En dis hier waar jy nie kortpaaie wil vat nie.
Ek sien anderdag daai man van Red Jacket Gunshop, wat sommer 'n gidspen in die loop indruk en die skroefdraad met sy "stocks and dies" sny. G'n wonder hy's in die sop vir molestering nie...
Ek sien anderdag daai man van Red Jacket Gunshop, wat sommer 'n gidspen in die loop indruk en die skroefdraad met sy "stocks and dies" sny. G'n wonder hy's in die sop vir molestering nie...
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13532
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: draad sny
Duracell wrote:Dit klink goed, amper so professioneel soos die ou wat nou die dag hier op die forum vertel het hy het 'n gebreekte skroefie op die teleskoopringe vervang met 'n spyker wat hy omgebuig het en die geweer skiet nou beter......wlm wrote:Stuur hom maar vir my ook. Ek sny my eie windpompstange se draad so geweerlope kan nie te moeilik wees nie. As die besigheid skeef is kan ek altyd die gat reguit skiet of net die loop korter saag en weer draad sny.PWV wrote:PM gestuur.![]()
![]()
Tussen Sannieshof en Biesiesvlei is oom Benedict van Wyk, ou bekende wapensmit in die omgewing. Het so paar weke terug my 303 laat skroefdraad sny terwyl ek toekyk. Paar ure later eers gery vanaf die oom na baie lekker kuier en gesels. Die totale rekening was R250-00. Dit het die maak van 'n "threadcap" en fit van die Silent Hunter KD ingesluit.
Ek soek ook n man om n loop of 2 te sny en het heel van hom vergeet die week toe ek nou daar was.Sal as ek weer da kom gou by hom gaan draai vir n thread en een sneller wat ek bq ligter wil he, ek ken hom goed en hy het taamlik werk vir my pa al gedoen.Geweer winkel hier in Randburg vra my R1300 om te thread en dit vat blykbaar 2 weke.As jy vir een of ander rede n cap wil he is dit nog 300 bokke.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Dewitt
- Sr. Member

- Posts: 275
- Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm
Re: draad sny
Ek het sommer net 'n vraag terwyl julle van draad sny praat. Hoekom sny party manne vir jou growwe draad en ander fyn draad?
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: draad sny
Dis maar seker voorkeur. Gewoonlik sny jy die loop, om by die KD se draad te pas.Dewitt wrote:Ek het sommer net 'n vraag terwyl julle van draad sny praat. Hoekom sny party manne vir jou growwe draad en ander fyn draad?
Meeste wapensmede en knaldempervervaardigers hou van 'n metriese draad met 1mm steek. Op 223's ens. is dit gewoonlik 13x1, selfde as op die R/LM 4/5/6. Groter kalibers of dikker lope gaan na 14x1 en groter. Ek sien heelwat gewere met dik lope (Sako, Tikka ens) gebruik 18x1.
Op .22 gewere gebruik ons gewoonlik die Britse standaard, nl. 1/2" 20TPI. Die Amerikaners gebruik 1/2" 28TPI, selfde as op meeste AR-15's. Vir 308/7,62 gebruik die Amerikaners gewoonlik 9/16" 24TPI.
Die kaliber en loopdiameter, beperk ook jou opsies.
-
Dewitt
- Sr. Member

- Posts: 275
- Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm
Re: draad sny
Dankie Alwin vir die inligting. Beide my 243 en 223 het die growwe draad, maar ek het nou 'n nuwe KD vir die 243 by 'n vriend gekry en die het fyn draad. Dit sal seker nie die ergste wees as ek die stukkie van die loop met die growwe draad laat afsny en fyn draad vir die nuwe KD laat sny nie?
-
marco
Re: draad sny
Sny eerder die kd se gat grooter en draai dan n bus wat draad buite het vir die kd en binne vir jou loop so kan jy hom op albei jou gewere gebruik?
- tgg
- Sr. Member

- Posts: 278
- Joined: Tue May 20, 2014 2:44 pm
Re: draad sny
marco is reg, tensy jou loop baie lank is, gaan jy ook jou piepieman laat korter sny.
Jou vrou gaan nie baie happy chappy wees nie
Jou vrou gaan nie baie happy chappy wees nie
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: draad sny
Wel, Cassie.cassie_calvinia wrote:manne, 'n vriend in kaap omgewing wil draad sny op loop. vir minder as R1000. volgend my is daai uitbyting. kan iemand help asb
'n Man in jou omgewing het my plank gepak, gefloat, sneller-job gedoen, draad gesny en 'n silenser gemaak vir R2000. Beste in die weste.
My Plank loop soos stroop met alles wat ek hom voer.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: draad sny
Briljant!THOMAST wrote:Sien die pryslys in 'n geweersmid se kantoor:HennieC wrote: Dit het als gebeur terwyl ek staan en kyk en die prys was R500.
Arbeid: R300.00 per uur
R500.00 per uur as jy staan en kyk
R1000.00 per uur as jy help.
Nou wonder ek..
Die ouens is moerse gepla met toeskouers