Hallo almal, ek wil my howa se hogue kolf afhaal vir n stewiger kolf maar kan nie besluit tussen n duimgat kolf of n monte carlo styl kolf nie. Die monte carlo styl ken ek, maar ek het nie ondervinding met duimgat kolwe nie. Ek weet hul is gemakliker vir baan skiet maar hoe werk hul in die veld en dra n duimgat kolf ongemakliker as n gewone kolf? Geweer is gewone dunloop wat wel so 2-3 keer n jaar aan SA Jagter skiete deelneem, maar die res van die tyd is dit net n oor die skouer jaggeweer. Ek wil weet wat julle manne se ondervindinge is met duimgat kolwe, die styl is soos die boyds featherweight thumhole of smoking guns se hunter thumbhole. Dankie
Tjops
Monte Carlo styl of duimgat?
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Monte Carlo styl of duimgat?
Jis . Ek het laasweek van amerika terug gekom en twee boyds kolwe ingesmokkel haha. Ek het ook n howa met n factory barrel en wou ook iets anders opsit. Ek het boyds se pro varmint gekry en n varmint thumbhole. Altwee is flippen nice,maar ek het toe maar besluit die thumbhole omdat sy kleur die beste by my stainless howa pas. Ek het n foto van die die twee kolwe langs mekaar. na ek die duimgat opgesit het het my groepering dadelik verbeter, di kolf is swaerder as die hogue ,maar hy is stewig en het presies gepas, hoev niks uit te sny of skuur of niks. Die hogue kolf bly die beste as dit rof gaan in die veld, stof en klippen wat skuur of nattigheid, maar ja mens pas darm j gun in elkgeval op. hier is die twee kolwe langs mekaar.
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Monte Carlo styl of duimgat?
Wat ek nog wou by se is dat die duimgat se greep is baie lekker, ek neem aan omdat n mens se hand meer in n regop posisie is en jou duim om die kolf vashou mens beter beheer het oor die skoot aftrek, wel dis my gevoel, eks seker daar is ouens wat meer gemaklik met n monte carlo tipe of enige ander vorm is. n ou moet maar die kolf vashou en optel en in jou skouer toets en kyk wat voel die gemaklikste. Al wat ek soek vir my kolf is n tipe van n protector wat die rubberpad en kolf se punt van die grond beskerm...
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Monte Carlo styl of duimgat?
Lammie
Al wat ek kan sê is vandat ek die duimgat het, voel dit of ek in 'n Toyota ry. Vroeër, met die ander kolf, gevoel of ek in 'n Landrover voortploeter!
Al wat ek kan sê is vandat ek die duimgat het, voel dit of ek in 'n Toyota ry. Vroeër, met die ander kolf, gevoel of ek in 'n Landrover voortploeter!
