Forster dies

Post Reply
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Forster dies

Post by Swede »

Wie gebruik die Forster benchrest seater die, dit lyk of hierdie die, die werk behoorlik kan doen om koels meer konsentries te seat.
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Forster dies

Post by Hugov »

Ek sal van nou af net die forster dies gebruik.
Ek het die BR stel vir my 300WSM gekry en hulle werk bitter lekker.

Groete H
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Forster dies

Post by Swede »

Hugov wrote:Ek sal van nou af net die forster dies gebruik.
Ek het die BR stel vir my 300WSM gekry en hulle werk bitter lekker.

Groete H
Ek kyk hulle so op S&O se blad en is baie naby om te koop. Gebruik jy die bump die met bushings of die gewone nek die?
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Forster dies

Post by Hugov »

Ek gebruik die gewone nek die.

Het ook nog net goeie dinge gehoor oor die bushing/bump die.
Sal kyk na hom vir my 22-250.

Groete
H
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Forster dies

Post by THOMAST »

Swede, ek het die bushing bump die van Forster aangeskaf. Dit werk baie lekker as jy hom eers reg opgestel het
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Forster dies

Post by Swede »

THOMAST wrote:Swede, ek het die bushing bump die van Forster aangeskaf. Dit werk baie lekker as jy hom eers reg opgestel het
Het nounet die bench rest neck en seating die kit gekoop, sal ook graag later die bump die koop.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Forster dies

Post by Pappabeer »

Swede wrote:Wie gebruik die Forster benchrest seater die, dit lyk of hierdie die, die werk behoorlik kan doen om koels meer konsentries te seat.

Ek moes een kry vir my 6,5x57. Dit was noggal die goedkoopste opsie ook. Ek is baie happy met hom, ek dink ek gaan vir die 6,5x55 ook een kry in die nuwe jaar.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 696
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Forster dies

Post by Jaco vdW »

Ek gebruik een om vir my .222 te laai. Wonderlike die wat maklik werk en baie fyn stel. Sal glad nie omgee om vir van my ander gewere sulkes te kry nie. Prys was ook reg by S&O.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Forster dies

Post by Riaan Kriel »

Jammer as ek dalk nou so bietjie 9/11 maar dit is redelik verwant. Wat is julle opinie oor die Forster press? Dit lyk "ietwat vreemd" teenoor die gewone RCBS en ander press'e. Sien S&O het van hulle maar teen 'n ietwat stywe prys as ek vergelyk met die ander.

'n Kennis het sy RCBS goed alles verkoop en net Forster gekoop, hy reken dit werk puik omdat hy nie Shellholders hoef te gebruik nie en die dop skuif homself meer konsentries/reguit in die press. Die oorslaan-hefboom het blykbaar ook minder stremming op die dop en buig nie maklik doppe nie, of trek nekke skeef nie. Hy gebruik ook net die Forster die-sets. Volgens hom is sy akkuraatheid en groeperings BAIE beter agv baie meer konsentriese ammo, soos op die die nekke en koeëlpunte getoets met run-out gauge.
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Forster dies

Post by Swede »

Duracell wrote:Jammer as ek dalk nou so bietjie 9/11 maar dit is redelik verwant. Wat is julle opinie oor die Forster press? Dit lyk "ietwat vreemd" teenoor die gewone RCBS en ander press'e. Sien S&O het van hulle maar teen 'n ietwat stywe prys as ek vergelyk met die ander.

'n Kennis het sy RCBS goed alles verkoop en net Forster gekoop, hy reken dit werk puik omdat hy nie Shellholders hoef te gebruik nie en die dop skuif homself meer konsentries/reguit in die press. Die oorslaan-hefboom het blykbaar ook minder stremming op die dop en buig nie maklik doppe nie, of trek nekke skeef nie. Hy gebruik ook net die Forster die-sets. Volgens hom is sy akkuraatheid en groeperings BAIE beter agv baie meer konsentriese ammo, soos op die die nekke en koeëlpunte getoets met run-out gauge.
Het hom op Youtube geloer dit lyk soos 'n meneer van 'n press!!
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Forster dies

Post by Hugov »

Mens gaan sukkel om die co ax te klop as dit kom by "concentricity"
Hy seat n koeel bitter lekker.
En hy werk met enige matrys as jy die forster lock ring aanskaf.

Groete H
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Forster dies

Post by Capt. Yoda »

Dink as dit by presse en dies kom gaan niks van die rak af Forster klop nie. As s&o nou net hul 243 micrometer seater dies wil in kry :(
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Forster dies

Post by joe rocket »

Julle kan forster dies direk van Brownells se webwerf af bestel. Outhou net posgeld is $60. Ons is n paar manne wat greed goed bestel maak die doos vol en deel die posgeld. Spaar n aansienlike bedrag geld. Die forster press is ongelooflik.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Forster dies

Post by Hein M. »

Jammer dat ek misbruik maak van die onderwerp. Net 'n ander gedagte dalk...

Watter voordeel bied die benchrest matryse / presissie presse, indien jy vir 'n gewone fabrieksgeweer herlaai?

Is daar tasbare bewyse dat hierdie presiesie matryse "beter" is vir akkuraatheid in 'n fabrieksgeweer / jaggeweer, as die bv. goedkoop Lee matryse?

Is die benchrest matryse noodwendig aanpasbaar vir die normale fabrieksgeweer / jaggeweer, of is daar risiko's aan verbonde?

Hoor graag
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Forster dies

Post by Pappabeer »

Ek dink jou nuwe fabrieks jaggewere is tot baie instaat. Deur met dies (en ander toerusting) te laai wat meer konstantheid en konsentrisiteit te weeg bring dink ek wel jy verbeter jou akkuraatheid.

Hier is nou waar aplikasie inkom:

As ek met my standaard Howa of Tikka wil bene rek na gonge en teikens op 300-500m en vêrder, dan maak dit sin. Wanneer ek egter met my 1948 7x57 Model 21 rooibokke in Pongola se Mopanies jag, en vir oefening olie filters en coke blikkies op 40-80 tree skiet, dan nee, maak dit nie sin nie.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Jacques van Eeden
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Wed Jun 08, 2011 10:47 am

Re: Forster dies

Post by Jacques van Eeden »

As ek die Bump bushing die gebruik gaan ek ook elke paar keer moet die FL die gebruik soos wat dit nodig is as jy neck size of gaan dit nie nodig wees nie?
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Forster dies

Post by Hein M. »

Jacques

Ja, jy sal moet fullsize, want jy bump mos net die skouer van die dop. Jy sal na 'n paar keer se necksize agterkom dat die dop al stywer in die kamer ingaan.

Mooiloop!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Forster dies

Post by VdWalt »

Hein M. wrote:Jacques

Ja, jy sal moet fullsize, want jy bump mos net die skouer van die dop. Jy sal na 'n paar keer se necksize agterkom dat die dop al stywer in die kamer ingaan.

Mooiloop!
Maar is dit nie die skouer wat die problem is met dop wat stywer in die kamer pas nie? As jy dus
elke keer die skouer terug druk gaan hy nooit styf pas nie en jy hoef nie te fullsize nie?
User avatar
Jacques van Eeden
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Wed Jun 08, 2011 10:47 am

Re: Forster dies

Post by Jacques van Eeden »

VdWalt wrote:
Hein M. wrote:Jacques

Ja, jy sal moet fullsize, want jy bump mos net die skouer van die dop. Jy sal na 'n paar keer se necksize agterkom dat die dop al stywer in die kamer ingaan.

Mooiloop!
Maar is dit nie die skouer wat die problem is met dop wat stywer in die kamer pas nie? As jy dus
elke keer die skouer terug druk gaan hy nooit styf pas nie en jy hoef nie te fullsize nie?
Dit is juis waaroor ek wonder.

Groete
.177 Gecado, .22 Rem Scoremaster 511, .22 Brno Model 2, 222 Rem Anshutz, Colt AR 15, .303 Lee Enfield No4 Mk1, .308 Win Howa Varm, 22-250 Rem Howa Varm, 12Br Mossberg, 12Br Baikal s/s, .38Spl Taurus, Vektor SP1, Vektor SP2, Ruger Redhawk .44Mag, CZ200
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Forster dies

Post by Hein M. »

Jacques222 wrote:
VdWalt wrote:
Hein M. wrote:Jacques

Ja, jy sal moet fullsize, want jy bump mos net die skouer van die dop. Jy sal na 'n paar keer se necksize agterkom dat die dop al stywer in die kamer ingaan.

Mooiloop!
Maar is dit nie die skouer wat die problem is met dop wat stywer in die kamer pas nie? As jy dus
elke keer die skouer terug druk gaan hy nooit styf pas nie en jy hoef nie te fullsize nie?
Dit is juis waaroor ek wonder.

Groete
Ek het necksize dies en bump dies vir my 308. Ek en pelle wat nou al lank die pad stap, het al klippe gekou om net te necksize en die doppe se skouers te bump - sonder om heeltemal probleemvry die slot reg toe te maak met 100% van al die patrone wat op hierdie manier herlaai is. Jy moet basies net genoeg bump om PRESIES die regte dimensie van die kamer te hê. Indien nie, jaag jy meer stront aan as wanneer jy sou fullsize ;)
Indien die slot / grendel effens stywerig toemaak en die patroon vuur, is jy besig om ernstige skade aan jou geweer aan te rig wat headspace aan betref. Ek vat nie die kans nie...

Jy kan die fullsize matrys wel so opstel dat dit die funksie van die necksizer en bump die vervang. Baie moderne benchrest skuts gebruik nie meer necksizers of bump dies nie, maar laat maak 'n pasmaak fullsizer wat die dimensies van hulle gewere se kamers het. Dit is die perfekte oplossing, maar dit maak net sin met pasmaak gewere - EN as jy op daardie vlak kompeteer.:

Lees ook hier wat Harry se mening oor die onderwerp is: http://www.larrywillis.com/

Hoor graag wat julle ondervinding is?
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Forster dies

Post by VdWalt »

Ek laai net met die bump necksizer vir my 223. Ek het net die instruksies op hulle brosjure gevolg en lyk my ek het dit reg gekry. Al die gelaaide patrone laai nog maklik in die geweer. Hulle het nog glad nie langer geword nie. So was nie nodig om te sny aan die doppe nie.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Forster dies

Post by VdWalt »

Ek het 'n boksie Prvi patrone gekoop vir die doppe om mee te oefen in die die, die Noslers as die die opgestel is. Nou gaan ek hulle vir die 5de keer laai en ek het nog nie nodig gehad om die Nosler doppe oop te maak nie.
Post Reply