"Gadgets" 'n Boer maak 'n plan.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Dis op n press boor geboor. Nie met die hand nie. Maar dit vat steeds mooi boor!. Ek het ook probeer om die vesels vas te smelt maar dit werk nie lekker nie. Ek het dit vas gesuperglue. Dit het nou al 100skote hanteer met redelike warm 300greiners. So ek dink nie die superhlue gaan maklik loskom nie
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Ek het mos die week my Boyds Pro Varmint kolf gekry en soos hulle dit maar maak is die treklengte maar aan die kort kant vir my.
Van te vore het ek my Boyds Varmint Thumbhole kolf ook verleng. Dit is te siene so paar bladsye terug.
Ek het maar weer die bul by horings gepak en die projek aangepak om die Pro Varmint te verleng.
Als het begin by 'n stuk skroot 50mm platyster. Patroon van skopkussing afgeskraap en met hoekslyper met 1mm skyf uitgesny. Afgewerk met bankslyper en skuurder.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jannie Welman
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Gou vanaand nog al die gate uitvemeet en geboor en die parte gepas. So het dit uitgekom.
More nog als spuitverf in Satyn Swart dan behoort als mooi te pas. Die pilare is gemaak van staalkabel "ferules".
More nog als spuitverf in Satyn Swart dan behoort als mooi te pas. Die pilare is gemaak van staalkabel "ferules".
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jannie Welman
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Jannie,
Ek kan jou dalk betaal vir so verlengstuk vir my Boyds Tacticool nie?
Mooiloop
Jan

- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5133
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
JTM dit lyk regtig bakgat
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
JTM dit lyk baie professioneel, as jy die tyd gehad het wat sou jy gevra he vir so n modifikasie? Hier is ouens op die forum wat darem maar regtig baie talent het.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Jannie, dit is werklik 'n kunswerk!
'n Handige blikskottel, jy!
'n Handige blikskottel, jy!
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Ja Oom Pieter, ou Jannie is nie net 'n mooi gesiggie nie! 
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Kyk as ek op my looks moes gegaan sou die lewe maar swaar gewees het 
Ek het dit gespuitverf vandag, maar reken ek sal dit maar eerder laat powdercoat.
Ek het dit gespuitverf vandag, maar reken ek sal dit maar eerder laat powdercoat.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jannie Welman
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
So lyk geweer nou.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jannie Welman
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Jannie,
Ek lei af dat dit nie verstelbaar is nie, maar dat dit die lengte opmaak wat die kolf te kort is vir jou. Het ek dit reg so?. Dit is 'n baie netjiese stukkie werk, welgedaan!

"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Baie dankie. Dit is inderdaad so. Jy kan die lengte aanpaas deur die pilaar langte te verander, maar dit kan nie in en uit skuif soos die gewone verstelbare tipes nie. Dit is in elkgeval nie iets wat ek verstel na ek my treklengte gevind het nie.
Jannie Welman
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Baie netjies maat
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
My Tuimelaar werk!
So ‘n ruk gelede het ek en Gawie(7mm) foto’s geplaas van prototipes van tuimelaars wat ons gemaak het. Gawie s’n is aangedryf deur ‘n wasmasjienmotortjie met ‘n V-belt. Dit het te vinnig gedraai en die doppe se bekke gebuig soos hulle teen mekaar stamp. A.g.v. sy werk kon hy nog nie weer by sy produk uitkom nie.
Omdat ek werkloos is, kon ek meer tyd aan myne bestee. Myne aangedryf deur ‘n ruitveërmotortjie, werk met ratte. Die drom is ‘n plastiekbottel waarin handewaspasta gekry word. Aan die binnekant het Gawie vir my twee ribbe vasgesit sodat die inhoud deurmekaar gekrap word as die drom draai.
In plaas van vlekvrye staal-“spykers”, soos dié model wat gekoop kan word, het ek gedink glasstukke kan net so goed werk.
Ek het by ‘n glashandelaar stukkies van die “shatter-proof” glas gekry. Aanvanklik wou dit nie werk nie omdat dit in die doppe se bekke en in die knaldoppie-holtes vasgesit het. Ek het die glas in kleiner stukke gekap en deur ‘n 4 mm sif gegooi. Die kleiner glasstukkies het nou nie in die doppe vasgesit nie.
Nou gooi ek 50 doppe op ‘n slag in die drom + 1 opgehoopte teelepel wynsteensuur + ‘n eetlepel sunshine liquid + 2 koppies glasstukke + 4 of 5 koppies warm water.
Ek laat hulle tuimel vir 45 minute, haal uit, spoel goed af en gooi die glasstukkies uit die doppe. Die glasstukkies gaan terug na die tuimelaar toe.
Op die foto’s kan die tuimelaardrom gesien word en die doppe nadat getuimel is. Die glasstukkies se deursnee moet nie groter as 4mm wees nie. Die binnekante van die doppe is silwerskoon, maar nie die knaldopholtes nie. Daarvoor gebruik ek ‘n “gadget” van Heinz. (As jy mooi vra kan hy dalk een of twee aan jou verkoop). Ek maak die holtes dadelik skoon terwyl hulle nog nat is. Deur ‘n lappie voor om die punt van Heinz se gadget te sit en in ‘n boor, is die holtes in ‘n oogwenk blink-skoon!
Bogenoemde prosedure is getoets en nie uit my duim gesuig nie. Vir my is dit nou ‘n plesier om doppe skoon te maak.
Groetnis

Nog foto's.

Uiteindelik het ek so ver gekom om die ivoor van my laaste olifant te verwerk. My eerste poging is hierdie doppie op die kolfgreep. As 'n mens nie gereedskap het nie, verg dit nogal baie sweet om daardie skyfie ivoor so te kry.
Hy is nog nie vasgesit nie, want ek wil eers 'n mooi motief daarop laat graveer.
Groetnis
Hy is nog nie vasgesit nie, want ek wil eers 'n mooi motief daarop laat graveer.
Groetnis
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Oom het mos 'n Dremmel. Ek hoop nie Oom wag vir my nie. Al wat ek kan uitkrap is "naughts and crosses" 
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Lyk na mooi projek Oom. Kan nie wag om eind resultaat te sien nie.
Jannie Welman
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Netjies Oom Pieter! Ek het na vele pogings en baie gekraakte stukkies ivoor, myne vir die geweersmid gegee om te maak.
Tip - gee daai ivoor gereeld babaolie - anders kraak hy!
Dawie

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Gaan 'n baie duur projek wees, want ek sal nou 'n baba moet kry!madako wrote:Netjies Oom Pieter! Ek het na vele pogings en baie gekraakte stukkies ivoor, myne vir die geweersmid gegee om te maak.
Tip - gee daai ivoor gereeld babaolie - anders kraak hy!
Dawie
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
PWV wrote:Gaan 'n baie duur projek wees, want ek sal nou 'n baba moet kry!madako wrote:Netjies Oom Pieter! Ek het na vele pogings en baie gekraakte stukkies ivoor, myne vir die geweersmid gegee om te maak.
Tip - gee daai ivoor gereeld babaolie - anders kraak hy!
Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Netjies oom Pieter sal volgende jaar myne kom haal. Hou nou eers lekker see. Begin solank myne maak ek het kabeljou, alikreukel en perlemoen.
Groete daar.
Groete daar.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
joe rocket wrote:Netjies oom Pieter sal volgende jaar myne kom haal. Hou nou eers lekker see. Begin solank myne maak ek het kabeljou, alikreukel en perlemoen wat ek natuurlik onwettig bekom het.![]()
![]()
Groete daar.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.
Goeie ene oom. Het n hengel permit n alikreukel permit en n pel van my werk by n perlemoen plaas.